{"id":99499,"date":"2019-07-31T12:30:59","date_gmt":"2019-07-31T10:30:59","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=99499"},"modified":"2019-08-01T07:48:04","modified_gmt":"2019-08-01T05:48:04","slug":"motorfietsdiewe-weet-presies-wat-om-te-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/07\/31\/motorfietsdiewe-weet-presies-wat-om-te-doen\/","title":{"rendered":"Motorfietsdiewe weet presies wat om te doen"},"content":{"rendered":"<p>Mnr. Jonathan Horsford s\u00ea die diewe het presies geweet wat om te doen, want teen die tyd wat hy en sy buurman ondersoek ingestel het, was hulle reeds weg.<\/p>\n<p>Mnr. Horsford s\u00ea sy vrou is omstreeks 02:00 gewek met \u2019n harde slag. Sy het opgespring en gaan kyk of alles reg is met die kinders en het weer in die bed gaan klim.<br \/>\nKort daarna was daar weer \u2019n lawaai en het mnr. Horsford wakker geword.<\/p>\n<p>Hy het besef daar is moeilikheid by sy motorhuis, maar wou nie die veiligheidshek in die gang oopmaak nie. Hy was skrikkerig dat die booswigte moontlik die binnedeur na die huis oopgebreek het en wou nie sy gesin in gevaar stel nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/96585\/motorfiets-vroee-oggendure-gesteel\/\" target=\"_blank\">Motorfiets in vroe\u00eb oggendure gesteel<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Horsford het sy buurman gebel en vir hom gevra om van sy kant af na hul erf te kom, dan sal hy van binne af uitgaan om ondersoek te gaan instel.<br \/>\nDie oomblik toe die buurman egter daar kom, was die voorste hek reeds toegeskuif.<\/p>\n<p>Op hierdie tydstip het mnr. Horsford in sy motorhuis ingestap en gesien dat sy motorfiets weg is en dat die motorhuisdeur van onder af oopgebuig is.<\/p>\n<p>\u201cHulle moes die motorfiets op sy sy laat l\u00ea het om hom onderdeur die oopgebuigde motorhuisdeur te kry.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_99502\" aria-describedby=\"caption-attachment-99502\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-99502\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/07\/breek2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/07\/breek2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/07\/breek2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-99502\" class=\"wp-caption-text\">Die motorhuis is oopforseer van onder af om die motorfiets uit te kry. Die motorfiets links het hulle nie in belang gestel nie, want die voorwiel is uitgehaal vir herstelwerk aan die motorfiets.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die booswigte het toegang tot sy erf gekry deur die onderste elektriese kabel van die elektriese omheining af te sny. Daarna het hulle \u2019n stok tussen die boonste elektriese kabels en die muur ingedruk, om deur te klim.<\/p>\n<p>Die stok se takke is s\u00f3 ingedruk dat dit ook die kabels uitmekaar gehou het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-99500\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/07\/breek3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/07\/breek3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/07\/breek3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Die groep moes agtergekom het daar is \u2019n slot aan die binnekant van die motorhuis op die grond, maar hulle het die motorhuis van buite af bly skop en daarna dit aan die kant oopgebuig.<\/p>\n<p>\u201cHulle het ons beslis dopgehou, want hulle het presies geweet aan watter kant die motorfiets staan. As hulle by die ander deur ingebreek het, sou hulle nie kon inkom nie, want daar het goed voor daardie motorhuisdeur gestaan.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het ook nie sy seun se motorfiets gesteel nie, aangesien die voorste wiel uitgehaal is, om aan die vurk van die motorfiets te werk.<br \/>\nHy is verstom dat die booswigte s\u00f3 vinnig in- en uitgekom het en selfs so oorlams was om die voorste hek weer toe te skuif.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/92543\/motorfiets-bike-city-gesteel\/\" target=\"_blank\">Motorfiets by Bike City gesteel<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Horsford het dadelik van sy vriende mobiliseer en het hulle tot 05:00 die area gefynkam om die motorfiets te soek.<\/p>\n<p>Kort voor ligdag het een van sy vriende ook vanaf \u2019n plaas gekom om te help soek. Die oomblik toe die son opkom, het hulle die booswigte se voetspore en motorfietsspore in die nabye veld gekry.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea dat hulle nou \u2019n hommeltuig gaan opstuur om te kyk of die motorfiets nie dalk tussen die bosse l\u00ea waar hulle nie kon inkom nie.<\/p>\n<p>\u2022Dit is \u2019n BMW G450X Veldmotorfiets. As enige persoon die motorfiets iewers sien, bel mnr. Horsford by 072 509 3988.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99417\/nagwedloop-c-r-swart\/\" target=\"_blank\">Nagwedloop by CR Swart<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99328\/potjiekos-en-boerewors-kampioene-gesoek\/\" target=\"_blank\">Potjiekos- en boerewors kampioene gesoek<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99226\/pappa-aap-dink-mammegaai-n-vrytjie\/\" target=\"_blank\">Pappa aap dink \u2018mammegaai\u2019 is \u2018n vrytjie<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99173\/video-stoffbergpad-eis-nog-n-lewe\/\" target=\"_blank\">Stoffbergpad eis nog \u2018n lewe<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Motorfietsdiewe het laasnag in die bestek van vyf minute \u2019n elektriese omheining en \u2019n hekmotor buite aksie gestel, die motorhuis oopgebreek \u00e9n weggekom met \u2019n motorfiets in Lebombostraat (Aerorand).<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":99501,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,1101,11845,19679,19680,10450,14583,19678,10366],"class_list":["post-99499","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-diefstal","tag-diefstal-in-middelburg","tag-diewe-breek-motorhuisdeur-oop-vir-motorfiets","tag-inbrekers-steel-motorfiets-uit-motorhuis","tag-middelburg-nuus","tag-motorfiets-gesteel","tag-motorfiets-in-aerorand-gesteel","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Diefstal","Diefstal in Middelburg","diewe breek motorhuisdeur oop vir motorfiets","inbrekers steel motorfiets uit motorhuis","middelburg nuus","motorfiets gesteel","motorfiets in aerorand gesteel","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=99499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99499\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=99499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=99499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=99499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}