{"id":99494,"date":"2019-07-31T09:10:06","date_gmt":"2019-07-31T07:10:06","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=99494"},"modified":"2019-08-01T12:32:58","modified_gmt":"2019-08-01T10:32:58","slug":"die-dag-toe-die-kolonel-tussen-die-koerante-moes-ry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2019\/07\/31\/die-dag-toe-die-kolonel-tussen-die-koerante-moes-ry\/","title":{"rendered":"Die dag toe die kolonel tussen die koerante moes ry!"},"content":{"rendered":"<p>Toe die Cardiff rugbyspan op Witbank teen Suidoos-Transvaal kom speel het, het hulle \u2019n taxidrywer gesoek en jy moes instaan.<\/p>\n<p>Met \u2019n verwronge sin van verantwoordelikheid was jy die laaste om by die Johan van Riebeeck stadion weg te ry. Want sien, jy moes bly, want netnou mis jy \u2019n storie. Dikwels gewag om die sekretaris, Robert Brand, of die president, Hennie Erasmus, by die huis te gaan aflaai. Die gesels het in die groot saal agter die Johan van Riebeeck Stadion begin en dan in die vroe\u00eb oggendure oorgeskuif na die president se kantoor.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99450\/kies-jou-beste-suidoos-span-ooit-2\/\" target=\"_blank\">Kies jou beste Suidoos span ooit<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Vroegaand was daar bobotie met slaaie, wat tannie Meisie la Grange en Heleen Weber voorberei het, saam met \u2019n klomp ander staatmaker vroue.<\/p>\n<p>Die president van die tuisunie het \u2019n toespraak gehou en dan het die besoekende span se president gepraat. Gewigtige voordragte. Daar is gewoonlik oor die skeidsregter \u2019n grappie gemaak. Dasse is oor en weer uitgeruil en spelers wat hulle baadjies verdien het, is na vore geroep. Dit was die groot oomblik van die aand. Spelers sou hulle lewens gee vir daardie baadjie met varkoor of dit nou vir die Suidoos span was of die Blesbokke, die B-span.<\/p>\n<p>Die ou staatmaker voorry van Witbank se tweede span, Sieg Stander, se grootste oomblik in sy lewe was toe hy vir die Blesbokke kon uitdraf.<br \/>\nBy een onthaal het dr Danie Craven onder die koerantmanne ingevaar en hulle erg geroskam. Ons het maar net skaapagtig daar gestaan.<\/p>\n<p>Wanneer dit huistoe gaan tyd was en nog vroeg genoeg, het ons eers by George, \u201cDie Griek\u201d, se kafee gestop, om een of ander snaakse drankie te drink. Die president en George was groot vriende.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99259\/die-drie-reisende-joernaliste-2\/\" target=\"_blank\">Die drie reisende joernaliste<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dan was daar die taxi na Bronkhorstspruit. Twee van Witbank se tweede span spelers, ons los liewer hulle name, het gevra om saam te ry. Op pad na Bronkhorstspruit het hulle \u2019n bottel rum uitgehaal en \u201cliggies\u201d begin kuier.<\/p>\n<p>Op Bronkies was hulle baie spraaksamig en lus om te speel. So lus, toe die eerstespan twee beserings het, het hulle aangebied om nog \u2019n wedstryd te speel. Op die pawiljoen het die tweede span spelers gemor: \u201c!&amp;!^boys, iemand stink na rum\u201d.<\/p>\n<p>Na die tyd is die spanne by die Bronkhorstspruit Hotel onthaal en was dit \u2019n geskrum om die twee rumdrinkers weer by die huis te kry.<\/p>\n<p>Die afgelope week is pastoor Abel van Zyl oorlede. Hy het baie saamgery. Een aand het hy gebieg dat hy vreeslik skuldig voel. Toe Suidoos die Westelike Provinsie op Witbank geklop het, het hy gebid dat Harry Muller se laaste skop oor moes wees. Die pastoor het gemurmureer of dit reg was dat hy vir \u2019n skop moes bid. Kan darem byvoeg dat sy gebed verhoor is &#8211; die skop was oor!<\/p>\n<p>Ag nee Gerrie!<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99167\/rupert-hector-briljante-skrumskakel\/\" target=\"_blank\">Rupert Hector was \u2019n briljante skrumskakel<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Suidoos gaan speel een aand op Sasol teen Vaaldriehoek. Ry alleen met die werk se Ford Escort Sport daarheen, maar weet iemand sal moet saam terug ry, want in die nag, ja, sal dit nag wees. Vra vir vise-president, Gerrie Gerrits, na die onthaal hy moet net voor my ry, sal volg.<\/p>\n<p>Gerrie laai al die spelers en die tesourier, Henri Gous, in sy Mercedes, en daar gaat hy! Ry vir my weg. Maar Gerrie het nie rekening gehou met die warm Ford nie. Sit op sy gat, deur verleggings, draaie, swaaie. Lyk soos Fast en Furious! Mercedes Escort, Escort Mercedes.<\/p>\n<p>Na so vyftig kilometer stop Gerrie. Al wat Henri Gous, wat gehakkel het, kon uitkry is: \u201cJ-j-j-innetjie, maar di\u00e9 Ford loop huh!\u201d Gelukkig het Harry Muller toe verder saamgery.<\/p>\n<p>Suidoos-Transvaal het op \u2019n keer op Secunda gespeel, na die tyd is \u2019n groot onthaal gehou.<\/p>\n<p>Het met die werk se afleweringsbakkie Secunda toe gery, met die gesinnetjie voor en \u2019n bak vol koerante agterin.<br \/>\nSommer vroegaand weer die pad terug gevat.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99245\/die-aand-toe-naas-opdaag\/\" target=\"_blank\">Die aand toe Naas opdaag<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dit is toe dat die gesiene kolonel Izak Potgieter, stasiebevelvoerder van die Witbank Polisiestasie, vra of hy kan saam ry, want hy is nie lus vir die gekuier nie.<br \/>\nHet net daar vasgeskop: \u201cKolonel kan nie tussen die koerante sit nie!\u201d<\/p>\n<p>Maar die kolonel het aangedring, hy wil huistoe.<\/p>\n<p>En daar sit die kolonel agterin die bakkie, tussen die bondels koerante, al die pad van Secunda af!<\/p>\n<p>\u2022Saterdag gaan die \u201ctaxi\u201d deur Leon van den Berg na die Mbombela Stadion bestuur word.<br \/>\nLeon wat in 1976 \u2019n staatsaanklaer op Witbank was en vir die dorp heelagter gespeel het. \u201cLeon, die skoppende aanklaer\u201d was die berig wat jy oor hom geskryf het, se opskrif.<\/p>\n<p>\u2022Om die rugby-unie se vyftigste bestaansjaar te vier, word daar op 3 Augustus \u2019n re\u00fcnie op Nelspruit gehou, wanneer die Pumas en Haaie in \u2019n Curriebeker wedstryd kragte meet.<br \/>\nDaar word na oudspelers en beamptes gesoek.<\/p>\n<p>Spelers kan Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568,\u00a0<b>tobie@mobserver.co.za<\/b>. Arrie Myburgh help met die re\u00eblings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, 083 702 5163.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99226\/pappa-aap-dink-mammegaai-n-vrytjie\/\" target=\"_blank\">Pappa aap dink \u2018mammegaai\u2019 is \u2018n vrytjie<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99173\/video-stoffbergpad-eis-nog-n-lewe\/\" target=\"_blank\">Stoffbergpad eis nog \u2018n lewe<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/98982\/spoke-laat-prostitute-en-inbrekers-vlug\/\" target=\"_blank\">KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/98042\/net-r500-borg-vir-vermeende-plaasaanvallers\/\" target=\"_blank\">Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cTaxxxxxxxxi&#8230;!\u201d<br \/>\nDit is onvermydelik dat jy as koerantman een of ander tyd taxi speel &#8211; vir spelers, vir beamptes, pastore, skeidsregters&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":99495,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[10367,18835,19677,10450,13736,10366,18974,19667,5965],"class_list":["post-99494","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news","tag-betroubare-nuus","tag-klubrugby","tag-leon-van-den-berg","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-rugby","tag-plaaslike-nuus","tag-rugby-geskiedenis","tag-suidoos-rugby","tag-suidoos-transvaal"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"tag_labels":["betroubare nuus","klubrugby","leon van den berg","middelburg nuus","middelburg rugby","plaaslike nuus","rugby geskiedenis","suidoos rugby","Suidoos-Transvaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99494","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=99494"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99494\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99495"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=99494"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=99494"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=99494"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}