{"id":99486,"date":"2019-07-30T14:19:10","date_gmt":"2019-07-30T12:19:10","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=99486"},"modified":"2019-07-30T14:19:11","modified_gmt":"2019-07-30T12:19:11","slug":"kat-smit-kevin-de-klerk-en-die-mercedes-wat-flenters-geduik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2019\/07\/30\/kat-smit-kevin-de-klerk-en-die-mercedes-wat-flenters-geduik\/","title":{"rendered":"Kat Smit, Kevin de Klerk en die Mercedes wat flenters geduik is"},"content":{"rendered":"<p>Een naam duik dadelik op: Kat Smit.<\/p>\n<p>Wanneer jy die naam Kat Smit in die tagtigerjare genoem het, het rugbyliefhebbers geweet hy speel nie net flank vir Suidoos nie.<br \/>\nMaar daar was verskeie ander kandidate in hierdie rof en onbeskofte tye.<\/p>\n<p>Die Suidoos-Transvaal agsteman en kaptein, Menanteau Serfontein, het op \u2019n keer ges\u00ea hy het gedink die Oostelike Provinsie se klubrugby was wild, totdat hy op Witbank beland het.<br \/>\nSo erg het dit gegaan dat skeidsregters geweier het om in klubwedstryde op te tree.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99450\/kies-jou-beste-suidoos-span-ooit-2\/\" target=\"_blank\">Kies jou beste Suidoos span ooit<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Een man wat nie spelers se nonsens gevat het nie was skeidsregter Salie Pienaar. Tydens \u2019n wedstryd tussen Witbank en Belfast, het die Springbok flank, Polla Fourie, vir Pienaar gevloek. Hy het \u2019n strafskop op die middellyn toegeken. Fourie het hom weer gevloek: Strafdrie. Na die afskop is Pienaar weer gevloek: Strafskop op die middellyn. Weer \u2019n vloekery: Strafdrie! Na die derde strafdrie het Fourie nie weer gevloek nie. Witbank het steeds die wedstryd verloor.<\/p>\n<p>Een van Fourie se berugte spanmaats was Willem Smit. Wedstryde by die \u201clangbome\u201d, soos Belfast se veld bekend gestaan het, was oorlog. Tydens \u2019n kragmeting tussen dieselfde klubspanne het Smit die vleuel, Boerpens Strydom, op die grond getrap. Die flank, Terence Moll, wat die helfte van Smit se lengte was, het soos \u2019n verwoede bul op hom afgestorm, arms al swaaiende. Twee tandmerke in sy vuis, wys vandag nog waar die groot slot se tande in is.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/95568\/suidoos-en-pumas-soek-oudspelers\/\" target=\"_blank\">Suidoos en Pumas soek oudspelers<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Moll was ook in \u2019n wedstryd tussen Witbank en Alberton moeg dat die slot, Kevin de Klerk, elke bal by sy spanmaat, Vleis van Zyl, vat. Hy het langs De Klerk gaan stelling inneem, met die flank Tonie van Tonder, agter hom. Dit was soos Dawid teen Goliat. Moll het Van Tonder gesmeek: \u201cBring hom af dat ek hom kan bykom, bring hom af&#8230;\u201d.<\/p>\n<p>\u2019n Man waarmee daar nie gesukkel is nie, was die Witbank flank, Simon van Niekerk. Middelburg en Witbank het mekaar op die Kees Taljaard Stadion gepak, toe die jong skrumskakel, Poerie van Rooyen, \u2019n vinnige tikskoppie wou vat, tydens \u2019n kwartlyn afskop. Van Niekerk het op hom afgestorm met \u2019n kyk wat s\u00ea \u201cmet die aarde gelyk maak\u201d.<\/p>\n<p>Losskakel Leon van den Berg het gesien wat kom en Van Niekerk gepootjie. Hy het oor die harde veld geskuur dat die stof staan. Toe hy opstaan was daar moord in sy o\u00eb. Van den Berg het die hasepad gekies met Van Niekerk agterna. Die jaagtog het al om die veld voortgeduur, met die toeskouers wat gel\u00ea het soos hulle lag. \u2019n Moe\u00eb Van Niekerk het later die aftog geblaas.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99259\/die-drie-reisende-joernaliste-2\/\" target=\"_blank\">Die drie reisende joernaliste<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Op dieselfde veld het skeidsregter Gert Meyer genoeg gehad van die tweede spanne van Middelburg en Ferrometals se agttalle wat aanhou baklei het. Hy het net daar al sestien voorspelers afgejaag. Hierna het \u2019n komiese oomblik gevolg. Die skrumskakel wou nie op voorry sak nie, die vleuel het ges\u00ea hy speel nie haker nie en die senters wou ook nie skrum nie.<\/p>\n<p>Nadat die agterlyne nie kon besluit wie is die voorspelers nie, is die wedstryd afgelas.<\/p>\n<p>Daar kan lank gestry word oor die vuilste geveg ooit. Tonele soos die in 1974 tussen Suidoos-Transvaal en die Franse span Tarbais op die Johan van Riebeeck stadion sal nie gou weer gesien word nie. Die vuiste het geklap en die Franse het soos kapokhane in die lug gespring om die Suidoos spelers te skop. Slot Ben Badenhorst het later vertel, toe die geveg bedaar, het hy met die stuk van \u2019n Fransman se baard in sy hand gestaan!<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99167\/rupert-hector-briljante-skrumskakel\/\" target=\"_blank\">Rupert Hector was \u2019n briljante skrumskakel<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Daar was ook spelers wat \u2019n skeidsregter se nagmerrie was soos die Witbank voorry, Fanie Vermaak. Hy het koerantmanne se kamera\u2019s weggesteek, of tydens wedstryde spelers se broeke in losskrums afgetrek. Witbank en Standerton het in \u2019n ligawedstryd gespeel, toe hy Frik Jacobs se beslissings aanhoudend bevraagteken. Jacobs het vir hom die fluitjie gegee en gevra:<\/p>\n<p>\u201cWil jy blaas?\u201d Vermaak was nie links nie, het die fluitjie gevat en beveel: \u201cStrafskop vir Witbank!\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/96593\/wat-het-van-frank-sullivan-geword\/\" target=\"_blank\">Wat het van Frank Sullivan geword?<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Maar daar was nie net beserings in gevegte nie. Somtyds het spelers hulself op rare wyse beseer. Die haker van Belfast, Jacques de Wet, het in \u2019n wedstryd teen Amersfoort in 1991 soos \u2019n besetene gespeel en by losskrums ingeduik. Op \u2019n keer het die Belfast slot, Trichardt Smit, saam met hom momentum opgebou op pad na \u2019n losskrum. Albei is bo-oor die losskrum, binne die Mercedes van suster Ria Smit van die Amersfoort Hospitaal in. Glasstukke het gespat.<\/p>\n<p>De Wet het die hooflig flenters geduik en Smit het korte mette met die buffer gemaak.<\/p>\n<p>Suster Smit was ook die dag die noodhulpbeampte en het bloed van De Wet se gesig afgespoel. Dit was eers toe dat hulle die snywond sien: Van sy ken af, al langs sy gesig op, tot net bokant sy oor. Meer as 43 steke was nodig om die wond toe te werk.<\/p>\n<p>Die Mercedes het R4000 se skade gehad.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99245\/die-aand-toe-naas-opdaag\/\" target=\"_blank\">Die aand toe Naas opdaag<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Saterdagaand wanneer daar op Nelspruit fees gevier word om vyftig jaar van die rugby-unie se bestaan te gedenk, sal daar sekerlik nog vele meer sulke staaltjies wees.<\/p>\n<p>Spelers en beamptes kan die kaptein van die 1983 span wat die Westelike Provinsie op Witbank in \u2019n Lionbeker wedstryd geklop het, Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568, tobie@mobserver.co.za. Arrie Myburgh, wat vele wedstryde vir die Blesbokke, Suidoos se B-span, uitgedraf het, help met die re\u00eblings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, losskakel van die 1983 span by 083 702 5163.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99226\/pappa-aap-dink-mammegaai-n-vrytjie\/\" target=\"_blank\">Pappa aap dink \u2018mammegaai\u2019 is \u2018n vrytjie<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99173\/video-stoffbergpad-eis-nog-n-lewe\/\" target=\"_blank\">Stoffbergpad eis nog \u2018n lewe<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/98982\/spoke-laat-prostitute-en-inbrekers-vlug\/\" target=\"_blank\">KYK: Spoke laat prostitute en inbrekers vlug<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/98042\/net-r500-borg-vir-vermeende-plaasaanvallers\/\" target=\"_blank\">Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie was die voorste appelswaaier in Suidoos-Transvaal rugby se geskiedenis?<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":99487,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[10367,18835,10450,13736,12964,10366,14331,18974,19546],"class_list":["post-99486","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news","tag-betroubare-nuus","tag-klubrugby","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-rugby","tag-middelburg-sport","tag-plaaslike-nuus","tag-plaaslike-sport","tag-rugby-geskiedenis","tag-suidoos-transvaal-rugby"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"tag_labels":["betroubare nuus","klubrugby","middelburg nuus","middelburg rugby","Middelburg sport","plaaslike nuus","plaaslike sport","rugby geskiedenis","suidoos transvaal rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=99486"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/99486\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/99487"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=99486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=99486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=99486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}