{"id":98855,"date":"2019-07-16T16:05:33","date_gmt":"2019-07-16T14:05:33","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=98855"},"modified":"2019-07-17T12:05:39","modified_gmt":"2019-07-17T10:05:39","slug":"rugbyklub-met-r50-000-beboet-nadat-hy-kwotavereistes-oortree","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/07\/16\/rugbyklub-met-r50-000-beboet-nadat-hy-kwotavereistes-oortree\/","title":{"rendered":"Rugbyklub met R50 000 beboet nadat hy kwotavereistes oortree"},"content":{"rendered":"<p>Omdat hy nie die boete betaal het nie, is hy nou vir \u2019n jaar deur die Mpumalanga Rugby-unie uit die kompetisie geskors.<br \/>\nDie skorsing is deur mnr. Roelof Kotze, van die rugby-unie, bevestig.<\/p>\n<p>Volgens die kwotavoorskrif, wat die Mpumalanga Rugby-unie self neergel\u00ea het, moes daar agt spelers van kleur in die Gold Cup groep van 30 wees en vier in die finale 22-tal.<br \/>\nDie vereistes is nie nagekom nie en Sasol is aangekla.<\/p>\n<p>\u2019n Tugkomitee is saamgestel uit die ervare prokureur van eMalahleni, mnr. Barry Wagner, Leon van den Berg (prokureur), wat vir Suidoos-Transvaal heelagter gespeel het en mnr. Marius Botha (prokureur) wat al jare lank by tugsake betrokke is. Mnr. Botha het die aanklag gelei.<\/p>\n<p>Sasol Rugbyklub is skuldig bevind en met R50 000 beboet, alternatiewelik \u2019n jaar skorsing.<\/p>\n<p>Daar is betroubaar verneem Sasol was tevrede met die vonnis, wat in Mei opgel\u00ea is en het aangedui dat hulle die boete sal betaal, maar het later om uitstel gevra.<br \/>\nOmdat hulle nie die boete betaal het nie, is die klub nou vir \u2019n jaar uit die Gold Cup geskors.<\/p>\n<p>Me. Mari\u00ebtte Kruger, sekretaresse van Sasol Rugbyklub, wou nie oor die detail van die skorsing uitwei nie en het ges\u00ea \u201cons wil eers kyk wat maak die span, ons is die beste in Mpumalanga\u201d.<br \/>\nDie Sasol skorsing het \u2019n verdere kinkel gekry toe Sasol nie Saterdag vir sy klubligaverpligting na Nelspruit gereis het nie.<\/p>\n<p>Dit het Middelburg Rugbyklub woedend gemaak, omdat die span nog na die provinsiale uitspele kon deurdring, indien Sasol Nelspruit sou klop.<br \/>\nMet die vyf punte wat Nelspruit gekry het, het hy nou saam met Witbank, Witrivier en Sasol, deurgedring na Saterdag se uitspeelwedstryde.<\/p>\n<p>Mnr. Herman van Niekerk, van Middelburg Rugbyklub, het gister \u2019n sterk bewoorde brief aan Mpumalanga Rugby-unie gerig, om beswaar aan te teken oor die nuutste verwikkelinge.<br \/>\nMiddelburg mor dat Sasol met opset nie vir die bepaling opgedaag het nie, omdat hy bewus is dat hy uit die Gold Cup geskop is.<\/p>\n<p>Me. Kruger het die aanname ontken en ges\u00ea dat verskeie spelers \u201csiek\u201d was. (Die siek spelers sal waarskynlik almal teen die naweek gesond wees om teen Witrivier te speel).<br \/>\nDie Middelburg beswaar sou volgens mnr. Kotze deur die Mpumalanga Rugby-unie dagbestuur hanteer word, maar hy wag nog op die uitslag van di\u00e9 besluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/98042\/net-r500-borg-vir-vermeende-plaasaanvallers\/\" target=\"_blank\">Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/97897\/haweloses-die-teiken-van-sadiste\/\" target=\"_blank\">Haweloses die teiken van sadiste<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/97892\/mans-in-glimbaadjies-agtervolg-vrou\/\" target=\"_blank\">Mans in glimbaadjies agtervolg vrou<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Sasol Rugbyklub op Secunda is met R50 000 beboet, omdat hy nie kwotavereistes in die Gold Cup kompetisie nagekom het nie.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":98856,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,18836,10450,13736,1684,12964,18922,10366,14331,19414,19413],"class_list":["post-98855","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-klubrugby","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-rugby","tag-middelburg-rugbyklub","tag-middelburg-sport","tag-mpumalanga-rugby-unie","tag-plaaslike-nuus","tag-plaaslike-sport","tag-sasol-rugby-klub","tag-sasol-rugbyklub-skorsing"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","middelburg klubrugby","middelburg nuus","middelburg rugby","Middelburg Rugbyklub","Middelburg sport","Mpumalanga Rugby unie","plaaslike nuus","plaaslike sport","sasol rugby klub","sasol rugbyklub skorsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=98855"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/98855\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/98856"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=98855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=98855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=98855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}