{"id":9778,"date":"2014-05-01T13:00:00","date_gmt":"2014-05-01T11:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/9778\/oord-in-brand-verwoes\/"},"modified":"2014-05-05T08:10:47","modified_gmt":"2014-05-05T06:10:47","slug":"oord-in-brand-verwoes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/05\/01\/oord-in-brand-verwoes\/","title":{"rendered":"VIDEO: Oord in brand verwoes"},"content":{"rendered":"<p>Chris van der Walt (28), was saam met sy familie vir die langnaweek daar vir sy pa se 60ste verjaardag.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat die brand net na 04:00 uitgebreek het.<\/p>\n<p>Mnr. Van der Walt meen dat die brand in die kombuisgedeelte ontstaan het.<\/p>\n<p>Brandende gras wat deur die wind van die dakke af gewaai is, het die vuur na die restaurant en van die chalets laat versprei.<\/p>\n<p>Besoekers aan Ruby River Resort het gehelp om soveel as moontlik van die meubels en ander waardevolle items uit te dra, voordat dit deur die vlamme verswelg is.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het almal ingespring en gehelp. Van ons het in die klein swembadjie gespring en die stoep met water natgegooi om die skade te verminder,&#8221; het mnr. Van der Walt ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Groblersdal brandweer het vasgeval toe hul waterlorrie leeggetap is.<\/p>\n<p>Hulle moes jaag om nog water te gaan kry. Intussen het die Middelburg en Marble Hall brandweer hulp verleen.<\/p>\n<p>Julie Grunewald, kantoorbestuurder by die oord, s\u00ea dat die hoofhuis, wat die kombuis, &#8216;n chalet en konferensiekamer bevat heeltemal afgebrand het.<\/p>\n<p>Nog twee chalets, die restaurant en die kroeg het ook in die slag gebly.<\/p>\n<p>&#8220;Ons harte is seer maar ek glo vas &#8216;Out of these ashes something beautiful will grow&#8217;. Ons is in die as maar ons is nie platgeslaan nie.&#8221;<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat die personeel, gaste en boere uit die omgewing soos een man saamgewerk het.<\/p>\n<p>Sien Video hier:<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/cR9U8gNKrBo' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>&#8220;Ons het eers daai middag ons pajamas gaan uittrek. Dit was wonderlik om te sien hoe almal kom help het. Die boere in die omgewing het almal met &#8216;n waterkar hier opgedaag.&#8221;<\/p>\n<p>Niemand het in die brand seergekry nie en die gaste het geen verlies aan besittings gehad nie.<\/p>\n<p>Daar is op hede nog nie &#8216;n bepaling van hoeveel rand die skade beloop nie &#8220;maar ons praat nie hier van ses sent nie&#8221; het mev. Grunewald ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens A\/O Stanley Magaela van die Groblersdal polisie ondersoek hulle tans &#8216;n saak van brandstigting.<\/p>\n<p>\u2022Ruby River Resort is steeds oop vir sake. Die oorblywende chalets is almal selfsorgeenhede.<\/p>\n<p>Die funksiesaal, met &#8216;n pragtige uitsig, gaan intussen in &#8216;n kuierarea verander word. Almal word uitgenooi om hulle te kom ondersteun.<\/p>\n<p>\u2022 Die eienaar van die oord, Henk Swart, se grasdak huis wat nie ver van die oord af is nie, het verlede jaar afgebrand.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ruby River Resort het Maandagoggend gedeeltelik afgebrand.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":9779,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1331,1329,1215,1322,1330],"class_list":["post-9778","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-damages","tag-fire-brigade","tag-groblersdal","tag-ruby-river-resort","tag-vlamme"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["damages","fire brigade","Groblersdal","Ruby River Resort","Vlamme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9778","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9778"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9778\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9779"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9778"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9778"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9778"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}