{"id":9725,"date":"2014-04-02T16:00:00","date_gmt":"2014-04-02T14:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/9725\/flop90\/"},"modified":"2014-05-01T11:18:23","modified_gmt":"2014-05-01T09:18:23","slug":"flop90","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/04\/02\/flop90\/","title":{"rendered":"Ontnugterde Bul ondersteuner skryf:"},"content":{"rendered":"<p>Dit is al \u2019n maand dat jy ons belowe dat die span net \u2019n paar verstellinkies nodig het.<\/p>\n<p>Daarvan het b\u00f4kkerol gekom.<\/p>\n<p>Duidelik weet julle niks van verstellinkies nie.<\/p>\n<p>Oom, hier op Middelburg is \u2019n mechanic, sy naam is Fanie.<\/p>\n<p>Hy ken van verstellinkies. Hy kan \u2019n Beetle verstel dat hy soos \u2019n Porche rev.<\/p>\n<p>Laat hy asseblief help, asseblief Oom!<\/p>\n<p>Verduidelik ook vir ons wat maak Pieter Rossouw as agterlynafrigter. Die enigste moves wat ons sien is wanneer julle in en uit die afrigterhokkie in en uit move.<\/p>\n<p>Wie is nou die aanvalsafrigter Oom? Victor? Is hy kaptein, afrigter en konsultant?<\/p>\n<p>Kan Oom asseblief dat hy beter verduidelik van aanval dat die spelers verstaan.<\/p>\n<p>Soos: \u201cJoenou, luister mooi, moenie val nie, val aan, met ander woorde, knyp die bal onder jou arm vas daar by jou kieliebakkie, moenie lag nie, hardloop nou twee meter in die rigting van die ander span. Nee man, nie in die rigting van die groen span nie\u201d.<\/p>\n<p>Is daar nie iets anders as julle rolmaal om aan te val nie? Julle maak dat ons op die mat rol en dan mal word.<\/p>\n<p>(Ons noem dit rolmal). Dit moet seker nie lekker vir die spelers wees om tagtig minute so in mekaar se foefe@^&amp; vas te kyk nie. (Hulle wil met die bal hol oom, oom verstaan? Hol!).<\/p>\n<p>Oom het na die eerste nederlaag ges\u00ea daar wag \u2019n deurbraak. Die enigste deurbraak is julle speel so sleg dat ons deurentyd braak.<\/p>\n<p>Ons wil vandag vir Oom en vir Barend Vergaan waarsku! As julle Saterdag teen die Tjietas verloor, wag daar \u2019n yslike eis vir pyn en lyding op julle. Ons het nie net goeie mechanics op Middelburg nie.<\/p>\n<p>Hier is \u2019n prokureur wat klink asof hy met Gerrie Hel gekloon is en hy staan reg om ons saak te stel.<\/p>\n<p>Wat meer is, is dat jy en Mnr. Vergaan die kostes gaan betaal vir Cesar Millan se besoek aan ons dorp. Die labrador kap Saterdag na Saterdag soveel stres, van die kabaal vanuit die sitkamer, dat net Cesar haar kan red.<\/p>\n<p>Ons het beplan om te toi-toi, maar na een oefening is dit afgestel. Oom sal verstaan. Dis nie \u2019n mooi gesig as tien bulle met boepense en horings op die kop probeer toi-toi nie. (Oom kry die prentjie?).<\/p>\n<p>Sien Oom s\u00ea julle gaan die seisoen omkeer. Oom verstaan wat beteken omkeer? Hier is \u2019n goeie Afrikaanse onnie wat oom kan help. Haar naam is Friena. (Die labrador het Saterdag toe ek buite kom en julle het weer verloor, dadelik op haar rug omgekeer).<\/p>\n<p>Daar is nog baie ander slim mense ook op Middelburg. Praat net, ons sal help.<\/p>\n<p>Sterkte vir die seisoen verder.<\/p>\n<p>\u2022Speel die \u201cLast taptoe\u201d Saterdag somber voor die afskop. Tart Mammie vanaf die ander rusbank: \u201cDis vir die Bulle\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Waarom skeur soveel rugbyspelers deesdae hulle biseps? In die ou dae het spelers nie biseps gehad nie, net spiere.<\/p>\n<p>\u2022En dames en here in die laaste plek het ons? \u201cDie Stormers!\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Die Burger gaan glo hulle plakkate wat lees: \u201cStorm hulle Stormers\u201d verander na \u201cStomme Stormers\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Vermon as \u2019n rooi kous by Middies se oudleerlinge oefeninge opgedaag. Kan rapporteer dat beserings reeds sy tol eis, al word alles in stadige aksie uitgevoer.<\/p>\n<p>(Joenou is Jono Os, skuus, Ross).<\/p>\n<p>\u2022Piesang, piesang, poppo. Die toeskouer wat gedink het hy maak Dani Alves van Barcelona se naam aap toe hy hom met \u2019n piesang gooi in \u2019n rassistiese voorval, het toe van homself \u2019n poppo gemaak.<\/p>\n<p>Alves het die piesang in sy kieste gedruk en \u2019n perfekte hoekskop geloods. Sy spanmaats het intussen foto\u2019s geplaas waar hulle self met monde vol piesang sit.<\/p>\n<p>Dink net as ons in Suid-Afrika \u2019n Kentucky hoenderboudjie op die veld gooi. Chaos! Een helse geveg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Liewe Oom Frans Ludeke.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":9740,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2889,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-9725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-letters","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}