{"id":94999,"date":"2019-06-05T09:55:19","date_gmt":"2019-06-05T07:55:19","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=94999"},"modified":"2019-06-07T10:23:43","modified_gmt":"2019-06-07T08:23:43","slug":"dodelike-temik-eis-mens-en-dier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/06\/05\/dodelike-temik-eis-mens-en-dier\/","title":{"rendered":"Dodelike Temik eis mens en dier"},"content":{"rendered":"<p>Senior inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV) s\u00ea hulle het \u2019n oproep gekry van inwoners in Jeppestraat dat daar \u2019n hond (wat nie aan hulle behoort nie) in hul erf l\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle het soontoe gejaag en \u2019n Chinese Keeshond (Chow) reun voor in die erf gekry. Die dier het nog geleef en het hulle met hom na die Kanonkop Dierekliniek gejaag.<br \/>\nKort na aankoms het die dier egter gevrek.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea dat alle aanduidings is dat die dier met die gevreesde Temik-gif, ook \u201cTwo Step\u201d genoem, vergiftig is.<\/p>\n<p>\u2022Alhoewel di\u00e9 gif onwettig is, is dit vrylik op straat beskikbaar.<br \/>\n<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het by geleentheid \u2019n kontak ingestuur na \u2019n taxistaanplek wat binne twee minute vir slegs R20 \u2019n klein pakkie van di\u00e9 korrelrige gif kon koop.<\/p>\n<figure id=\"attachment_95000\" aria-describedby=\"caption-attachment-95000\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-95000\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/06\/temik-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/temik-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/06\/temik-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-95000\" class=\"wp-caption-text\">Letterlik honderde honde is die afgelope vyf jaar al met die gevreesde Temikgif vergiftig. Die boewe meng die korrelrige gif gewoonlik met vleis.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022Kort nadat die gif destyds so maklik in die hande gekry is, is daar navraag gedoen by dr. Gerhard Verdoorn (Direkteur van die Griffon Gifsentrum en konsultant vir die Landbou Chemiese Industrie en AVCSA &#8211; Association of Vetenerian and Crops SA) oor hoe giftig Temik is.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea dat \u2019n teelepel vol van die korrelrige gif \u2019n renoster kan doodmaak, maar net \u2019n tiende daarvan kan \u2019n man van 80kg se dood veroorsaak.<\/p>\n<p>Dr. Verdoorn het hom skerp uitgespreek oor di\u00e9 vergiftiging wat al vir jare in Suid-Afrika voorkom. \u201cDaar vrek daagliks tot \u2019n duisend honde in Suid-Afrika en sowat 100 mense gaan dood aan Arbicarb-vergiftiging per jaar!\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/92682\/honde-vergiftig-vir-motorfiets\/\" target=\"_blank\">Honde vergiftig vir motorfiets<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Bayer CropScience het in 2011 opgehou om Temik te vervaardig en alle voorraad was teen einde November uitverkoop.<\/p>\n<p>In Mei 2012 is die registrasie van Temik teruggetrek. Temik is hoofsaaklik gebruik met plaagbeheer vir aartappelboere, maar is erg gereguleer. Slegs geregistreerde plaagbeheermaatskappye kon dit bekom en boere moes spesiale opleiding kry om met di\u00e9 gif te werk.<\/p>\n<p>Die vraag is nou, w\u00e1\u00e1r kry die booswigte die gif in die hande? Dr. Verdoorn het al in Julie 2010 \u2019n verslag aan die sekretaris van die Polisie voorgel\u00ea, waarin hy die gevare van Temik, en veral Aldicarb (die formulasie wat in Temik voorkom), uitspel.<\/p>\n<p>Die meeste van die korrelrige gif wat deesdae gebruik word met die vergiftiging van honde, is Aldicarb-formulasies en nie noodwendig Temik nie.<br \/>\nAlle Aldicarb-formulasies is egter ewe dodelik &#8211; \u201c10 keer meer dodelik as strignien!\u201d (Strignien staan bekend as wolwegif).<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/92532\/gifstrooiers-slaan-derde-keer-toe-huis\/\" target=\"_blank\">Gifstrooiers slaan derde keer toe by huis<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dr. Verdoorn se verslag s\u00ea in \u2019n neutedop dat die vergiftiging van diere, hetsy troeteldiere of plaasdiere en selfs wild, alles deel is van \u2019n baie groter misdaadsirkel.<\/p>\n<p>Die gebruik van Temik en ander Aldicarb-formulasies is onwettig vir landbougebruik, maar daar is steeds nie wetgewing daaroor nie en dit is net daar waar die probleem l\u00ea, s\u00ea dr. Verdoorn. Hierdie Aldicarb formulasies word van oral af die land ingesmokkel en is belaglik maklik by smouse, soos in Middelburg by taxistaanplekke, beskikbaar.<\/p>\n<p>\u201cDie hele misdaadsindikaat begin wanneer die dier die gif ingekry het. Daarna het die misdadigers makliker toegang tot die eiendom en volg inbrake, kardiefstalle, moorde en verkragtings!\u201d<\/p>\n<p>Die middel is dodelik en vinnigwerkend. \u2019n Persoon wat Aldicarb inkry kan in onder \u2019n uur sterf.<br \/>\n\u201cBaie mense pleeg met Aldicarb formulasies selfmoord.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78907\/honde-vergiftig-boewe-wil-hul-uit-die-pad-kry-vir-inbrake-waarsku-gpf\/\" target=\"_blank\">Honde vergiftig: \u2018Boewe wil hul uit die pad kry vir inbrake\u2019 waarsku GPF<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hy het destyds vertel van drie voorvalle waar jong kinders onder agt jaar Aldicarb ingekry het nadat hulle gif wat versteek was in vleis vir honde, ge\u00ebet het. Twee van die drie kinders het gesterf.<\/p>\n<p>\u2019n Klein hondjie wat \u2019n groot dosis Aldicarb inkry kan binne vyf minute vrek en \u2019n groot hond binne 12 minute.<\/p>\n<p>Dr. Verdoorn veg al lank vir wetgewing. Hy het in 2014 ges\u00ea dat hy weet van een persoon in Heildelberg wat \u2019n opgeskorte vonnis opgel\u00ea is. Dit was egter net omdat hy die Aldicarb-formulasie verkoop het as rottegif. \u201cHulle kan vir niks anders aangekla word nie. Die polisie kan niks doen nie, want daar is nie spesifieke wetgewing daaroor nie!\u201d<\/p>\n<p>Sy verslag sluit af met: \u201cDit is nie onmoontlik dat misdaadsindikate \u2019n massiewe menslike of omgewingsramp kan veroorsaak deur die onwettige smokkel van die gif nie!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Die afgelope vyf jaar is daar honderde honde in Middelburg vergiftig.<br \/>\nIn bykans al die gevalle het misdaad kort daarna gevolg, hetsy inbrake en veral diefstalle van motorfietse.<\/p>\n<p>\u2022Snr-insp. Oberholzer s\u00ea as \u2019n persoon op heterdaad betrap word waar hy gif vir die diere gooi, kan hy aangekla word vir dieremishandeling.<\/p>\n<p>\u2022Alhoewel die meeste honde voorheen in die nagte vergiftig is, was die meeste vergiftigings die afgelope paar maande vroeg oggende as mense hulle diere laat uitgaan en werk toe gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Lees ook:<\/h2>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/94978\/trokdrywer-ernstig-beseer-nadat-hy-ander-trok-vasry\/\" target=\"_blank\">Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry\u00a0<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/94935\/twaalfjarige-wat-ongeluk-gesterf-het-op-familieplaas-begrawe\/\" target=\"_blank\">Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/94900\/dorp-wil-erfenisskatte-bewaar\/\" target=\"_blank\">Dorp wil erfenisskatte bewaar<\/a><\/strong><\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging het vanoggend met \u2019n hond wat in \u2019n erf gekry is na die veearts gejaag, maar kort na aankoms het die dier gevrek.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":92220,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,18679,18680,18682,10450,1933,10366,1749,18681,3849,18678],"class_list":["post-94999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-dr-gerhard-verdoorn","tag-gebruik-van-temik","tag-hond-in-jeppe-straat-vergiftig","tag-middelburg-nuus","tag-misdaad","tag-plaaslike-nuus","tag-temik","tag-temik-te-koop-op-straat","tag-two-step","tag-vergiftiging-van-honde-in-middelburg"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Dr Gerhard Verdoorn","gebruik van temik","hond in jeppe straat vergiftig","middelburg nuus","misdaad","plaaslike nuus","Temik","temik te koop op straat","two step","vergiftiging van honde in middelburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=94999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92220"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=94999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=94999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=94999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}