{"id":94791,"date":"2019-05-30T13:23:47","date_gmt":"2019-05-30T11:23:47","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=94791"},"modified":"2019-06-03T10:37:41","modified_gmt":"2019-06-03T08:37:41","slug":"vrou-wat-man-skiet-tot-gevangenisstraf-gevonnis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/05\/30\/vrou-wat-man-skiet-tot-gevangenisstraf-gevonnis\/","title":{"rendered":"Vrou wat man skiet tot gevangenisstraf gevonnis"},"content":{"rendered":"<p>Annamarie Mulder, het haar man Seef op 2 Oktober 2013 geskiet.<br \/>\nStreeklanddros Andreas Masteroudes het haar vyf jaar gevangenisstraf opgel\u00ea.<\/p>\n<p>Haar advokaat, Denton Goodford, het verlof tot app\u00e8l teen die vonnis gevra en mnr. Masteroudes het dit toegestaan.<br \/>\nDaar is ook verlof tot app\u00e8l gevra teen die skuldigbevinding op &#8216;n klagte van poging tot moord, maar dit is geweier.<br \/>\nBorg is toegestaan aan me. Mulder (nou Fraser) tot uitspraak in die app\u00e8lsaak gelewer is.<\/p>\n<p>\u2022Staatsaanklaer mnr. Derik Rowles het ter strafverswaring ges\u00ea dat poging tot moord een van die ernstigste misdrywe in die land is.<br \/>\nMnr. Rowles het die aand van 2 Oktober 2013 as volg beskryf:<br \/>\n&#8220;Die beskuldigde het drie goed gekorrelde skote in die rug van die klaer gevuur. Daarna opgestaan, nadergestap, en op &#8216;n nog, korter afstand hom nog een keer in die rug geskiet.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea dat die handelinge van die beskuldigde van so &#8216;n aard was &#8220;dat dit blote geluk is&#8221; dat sy nie aangekla is vir moord nie.<br \/>\n&#8220;Sy het absoluut alles gedoen wat sy moes doen om die lewe van die klaer te be\u00ebindig en het waarskynlik gedink dat sy dit inderdaad gedoen het.&#8221;<br \/>\nMnr. Rowles het ges\u00ea dat me. Mulder die erg beseerde, bloeiende klaer, net so op die grond gelos en verder voortgegaan het om die veiligheidsdeure te sluit.<\/p>\n<p>&#8220;Sy het enige moontlike, vinnige hulp vir die klaer uit die weg geruim.&#8221; Hy het ges\u00ea dat sy ook nie enigiets gedoen het om die klaer se lewe te probeer red nie.<br \/>\nMnr. Rowles is van mening dat me. Mulder &#8220;koelbloedig en berekenend&#8221; opgetree het toe sy hom geskiet het.<\/p>\n<p>&#8220;Nie net was haar skote duidelik afgemeet, gekorrel en afgevuur nie, sy het selfs nader gestap ten einde die finale doodskoot toe te dien.&#8221;<br \/>\nMnr. Mulder was 19 dae in die intensiewe eenheid van die Life Midmed hospitaal, waarvan 15 dae in &#8216;n koma.<br \/>\nHy het die volkome gebruik van sy regterarm verloor en probleme met visie in sy een oog.<br \/>\nVir 18 maande na die skietvoorval kon hy nie werk nie. Hy moes al sy bates verkoop om te oorleef.<\/p>\n<p>\u2022Streeklanddros Masteroudes het ges\u00ea dat die hof die moontlikheid voorsien dat mnr. Mulder &#8216;n selfgesentreerde, moedswillige, buierige en wraaksugtige persoon was en dat hy sy vrou voor sy kinders &#8220;&#8216;n heks&#8221; genoem, haar voor ander mense verkleineer, haar emosioneel afgekraak en verskeie kere beledig het.<\/p>\n<p>Mnr. Masteroudes het egter gemeld dat provokasie nie &#8216;n skuldonteiening is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vrou wat haar man in die rug geskiet het, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":94797,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[18565,4710,2089,2090,7088,18567,18566],"class_list":["post-94791","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-gevonnis","tag-geweer","tag-hof","tag-poging-tot-moord","tag-skiet","tag-vrou-laat-man-vir-dood","tag-vrou-skiet-man"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["gevonnis","geweer","hof","Poging tot moord","skiet","vrou laat man vir dood","vrou skiet man"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94791","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=94791"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94791\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/94797"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=94791"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=94791"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=94791"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}