{"id":9408,"date":"2014-04-25T16:00:00","date_gmt":"2014-04-25T14:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/9408\/rowerbende-by-ultra-city\/"},"modified":"2014-04-25T10:35:49","modified_gmt":"2014-04-25T08:35:49","slug":"rowerbende-by-ultra-city","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/04\/25\/rowerbende-by-ultra-city\/","title":{"rendered":"Rowerbende by Ultra City"},"content":{"rendered":"<p>Hein Lamprecht van Ermelo was Vrydag 18 April saam met sy gesin oppad terug van Pretoria af. Hulle het voor die restaurante parkeer.<\/p>\n<p>\u2019n Ander gesin, wat oppad wildtuin toe was, het naby hulle gestop. Hul dogter het alleen in hul Fortuner agter gebly terwyl die res van haar gesin die winkels in is. Die gesin se identiteit is nie bekend nie.<\/p>\n<p>Mnr. Lamprecht s\u00ea dat daar twee verdagte motors in die omtrek was. Rowers het die meisie gegryp en daar het \u2019n gestoeiery uitgebreek. Hulle het haar in die proses uit die voertuig gepluk. Intussen het \u2019n ander dief waardevolle items uit die motor gesteel.<\/p>\n<p>Mnr. Lamprecht se Pajero se venster is uitgeslaan en daar is twee handsakke gesteel. Sy 20-jarige seun het dit gesien en agter die skelms aangehardloop. Hy kon die boef \u2019n skramse hou gee, maar dit was nie genoeg om hom grond toe te bring nie.<\/p>\n<p>Vier verdagtes het in \u2019n goue VW Citi Golf gespring en weggejaag. Die meisie in die Fortuner se aanvallers het in \u2019n ander voertuig, wat nie deur mnr. Lamprecht gesien is nie, gevlug.<\/p>\n<p>\u201cWat vir my skokkend is, is dat hulle so astrant en vreesloos was. \u2019n Dief is iemand wat jou goed steel as jy nie kyk nie. \u2019n Rower sal jou fisies konfronteer en jou goed by jou afvat. Ons is beroof. Die volgende ding wat voorl\u00ea is moord.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het die sekuriteitswag gaan soek en gevra hoekom hy niks gedoen het nie. Hy het ges\u00ea dat hy magteloos is teen vier gewapende mans.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Die Ultra City parkeerareas word elektronies gemonitor. Verdagte aktiwiteite word aan die polisie deurgegee. Dit is gevaarlik om gewapende wagte in parkeerareas te plaas omdat hulle nie die wapens sal kan gebruik sonder om die veiligheid van ander besoekers in gedrang te bring nie.<\/p>\n<p>\u2022Daar is al lank sprake dat daar polisielede by die misdaadvlaag by Ultra City betrokke is. Bronne uit die polisiemag s\u00ea dat die boewe veral toeslaan as daar nie patrollies op die hoofweg is nie. So al asof hulle weet waar en wanneer die polisie aktief is.<\/p>\n<p>\u2022Talle verdagte voertuie en persone is al ge\u00efdentifiseer. Die goue Citi Golf is een van hulle en daar is al voorheen oor die voertuig berig. Daar is klagtes dat die polisie weier om uit te kom as hulle in kennis gestel word van verdagte voertuie met vervalsde nommerplate omdat \u201cdaar nog nie \u2019n misdaad gepleeg is nie\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Daar is toeris monitors aangestel deur die Departement van Veiligheid. Besoekers aan die Ultra City kla dat hulle bloot in die restaurante sit en nie buite is waar die misdaad gepleeg word nie.<\/p>\n<p>\u2022Verskeie slagoffers van misdaad weier bloot om \u2019n saak oop te maak. Hulle is dikwels van die buiteland of van ander plekke afkomstig en sien nie kans om na Middelburg te reis vir hofsake nie.<\/p>\n<p>\u2022Kaptein Khanyisile Zwane van die Middelburg Polisie het vrae rondom die misdaad by Ultra City na haar bevelvoerder verwys. Sy het nie met terugvoer gereageer voor druktyd nie.<\/p>\n<p>\u2022Voorvalle waar daar van afstandbeheerders gebruik gemaak word om toegang tot voertuie te kry het skerp gedaal nadat daar blokkeerders ge\u00efnstalleer is wat afgaan as iemand \u2019n afstandbeheerder te lank inhou.<\/p>\n<p>jana@mobserver.co.za<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Meisie is uit \u2019n Fortuner geruk en \u2019n Pajero se venster is uitgeslaan toe \u2019n rowerbende op besoekers by die Shell Ultra City op die N4 toegeslaan het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":9616,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Botha","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[1301,972,1303,1304,1302],"class_list":["post-9408","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines","tag-meisie-word-uit-fortuner-geruk","tag-police","tag-radio-groups","tag-shell-ultra-city-middelburg","tag-violent-crime"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["Meisie word uit Fortuner geruk","police","Radio groups","Shell Ultra City Middelburg","Violent crime"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9408","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9408"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9408\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9616"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9408"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9408"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9408"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}