{"id":91056,"date":"2019-03-11T11:34:31","date_gmt":"2019-03-11T09:34:31","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=91056"},"modified":"2019-03-12T14:27:42","modified_gmt":"2019-03-12T12:27:42","slug":"net-dag-na-waarskuwing-oor-slegte-pad-sterf-sakeman-ongeluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/03\/11\/net-dag-na-waarskuwing-oor-slegte-pad-sterf-sakeman-ongeluk\/","title":{"rendered":"Sakeman sterf in ongeluk, dag na waarskuwing"},"content":{"rendered":"<p>Die ongeluk het omstreeks 19:00 plaasgevind nadat mnr. De Bruin (eienaar van WJ Auto Electrical) se bakkie \u2019n hoop gruis, wat net na \u2019n blinde hoogte in die middel van die pad gel\u00ea het, getref het. Hy is uit die voertuig geslinger en het op die toneel gesterf.<\/p>\n<p>Mnr. Thys Swart (van Carn\u00e9 Vervoer, Middelburg), wat saam met hom in die voertuig was, het \u2019n arm- en rugbesering opgedoen.<\/p>\n<p>Die twee mans het vanaf mnr. De Bruin se plaas, Lekker Rus buite Groblersdal gery, om aankope te gaan doen vir jagters wat op die plaas was.<br \/>\nHulle het omstreeks 18:30 nog vir familie laat weet dat hulle gaan ry.<\/p>\n<p>Minder as \u2019n uur later is familielede van die ongeluk en mnr. De Bruin se afsterwe in kennis gestel.<\/p>\n<figure id=\"attachment_91057\" aria-describedby=\"caption-attachment-91057\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-91057\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-91057\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Willie de Bruin soos Middelburgers hom sal onthou. FOTO: Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022Mnr. De Bruin is presies vyf maande en \u2019n dag oorlede na die afsterwe van sy dogter, Cindy Exall. Me. Exall was 20 weke swanger en het weens \u2019n aggressiewe tipe kanker gesterf.<br \/>\n\u2022Die familie is tans nog besig om begrafnisre\u00eblings te tref. Sodra dit gefinaliseer is, sal dit gepubliseer word op\u00a0<b>www.mobserver.co.za.<\/b><\/p>\n<figure id=\"attachment_91063\" aria-describedby=\"caption-attachment-91063\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-91063\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie7-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie7-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie7-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-91063\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Willie de Bruin en sy dogter, Cindy Exall, wat net vyf maande gelede aan kanker gesterf het. FOTO: Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022In die\u00a0<i>Daller<\/i>\u00a0van verlede week is daar berig dat daar vier botsings in 24 uur op di\u00e9 pad was verlede week tussen Sondag en Maandag.<br \/>\nDi\u00e9 koerant het talle klagtes die afgelope tyd ontvang oor padgebruikers wat gemeld het dat die Groblersdal\/Stoffbergpad erger lyk as voor konstruksie.<br \/>\nDaar is geweldig baie slaggate op die pad en verder is ges\u00ea dat konstruksiewerkers klippe in die pad gepak het, maar g\u00e9\u00e9n waarskuwingstekens aangebring het nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-91064\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie8-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie8-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie8-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u2022Me. Anita Pieterse, wat 26km buite Groblersdal op die R33 woon. het verlede week ges\u00ea dat daar vier ongelukke binne 72 uur voor hul plaas was weens \u2019n groot hoop gruis en teer in die middel van die ryvlak, sonder enige waarskuwingsborde.<br \/>\nTwee van di\u00e9 botsings was vragmotors wat regdeur die plaasheining gejaag het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-91060\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie4-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie4-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie4-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u2022\u2019n Bakkie wat \u2019n wildswaentjie gesleep het, asook \u2019n dubbelkajuit Ford Ranger met vier insittendes, waarvan drie kinders, het in die hoop gruis vasgery.<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Simon Mathibela, bestuurder van die Ford Ranger, het verlede Sondag omstreeks 19:00 in die gruis vasgery.<br \/>\nDit is bykans dieselfde tyd wat mnr. De Bruin se bakkie die gruis getref het Saterdagaand.<\/p>\n<p>Mnr. Mathibela het aan die\u00a0<i>Daller<\/i>\u00a0ges\u00ea dat daar geen waarskuwingsborde of padtekens was om padgebruikers te waarsku nie.<\/p>\n<p>Hy het gemeld dat die gruis swart is, omdat dit met teer gemeng is en dat \u2019n mens nie die hoop in die donker kan sien nie. \u201cEk het trompop in die hoop vasgery en my voertuig het deur die lug gevlieg.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Daar is ook berig dat daar reeds een eis ingedien is teen RAL (Road Agency Limpopo) na verskeie voertuie beskadig is weens die toestand van die R33 pad tussen Groblersdal en Stoffberg.<\/p>\n<p>Mnr. Cobus Peens, voorsitter van Groblersdal Landelike Veiligheid op die R33, het ges\u00ea dat hy vir die afgelope ses tot agt maande al besig is om die probleme op die pad aangespreek te kry.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-91062\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie6-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie6-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie6-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Hy was omgekrap dat daar geen padmerke, sperstrepe of borde op sekere dele van die R33 is nie. Hy het gemeld dat die padreserwes ook nie behoorlik instand gehou word nie en die gras te lank is.<\/p>\n<p>Mnr. Peens het \u2019n e-pos petisie gestig waarheen padgebruikers hul klagtes kan stuur.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea motoriste wat eise teen RAL wil indien vir skade ook welkom is om hulle inligting na die e-pos adres toe te stuur.<br \/>\nDie gemeenskap kan hul klagtes stuur na cobuspeens@vodamail.co.za.<br \/>\nHy het ges\u00ea dat RAL gewaarborg het dat hulle die klagtes na die nodige instansies sal aanstuur.<\/p>\n<p>\u2022In November verlede jaar het Jacques Smalle, die DA se Limpopo Premierskandidaat, di\u00e9 pad besoek en was uiters geskok oor die toestand.<\/p>\n<p>\u2022Daar is in November 2017 aangekondig dat die Stoffbergpad opgegradeer sal word en dat die projek reeds in Januarie 2018 sou begin. Inwoners van die Vallei was opgewonde dat die \u201cnagmerriepad\u201d \u2019n nuwe baadjie sou kry.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-91061\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Tydens die konstruksiewerk aan die N11 na Middelburg, het die Stoffbergpad vir \u2019n geruime tyd gebuk gegaan onder vragmotors en voertuie as alternatiewe roete.<\/p>\n<p>Die Stoffbergpad was nog nooit slaggat vry nie, maar was nog nooit so erg soos nou nie. Die probleem is onder die Limpopo DA se aandag gebring, wat op hul beurt druk uitgeoefen het op RAL (Road Agency Limpopo).<\/p>\n<p>N\u00e1 RAL die toestand van die Stoffbergpad gesien het, was hulle so geskok dat die agentskap dadelik besluit het om di\u00e9 pad \u2019n prioriteit vir 2018 te maak.<\/p>\n<p>Daar is ges\u00ea dat die RAL \u2019n projek van R30 miljoen in Januarie 2018 geloods het om die Stoffbergpad op te gradeer. Fase een van die projek is goedgekeur en \u2019n kontrakteur is aangestel.<\/p>\n<p>Mnr. Oosthuizen het later ges\u00ea dat die projek, kort na die kontrakteur begin het, tot stilstand geruk is. RAL het aan hom verduidelik dat lede van Elias Motsoaledi Besigheidsforum na die konstruksieterrein gegaan het en die kontrakteur gedreig het, aangesien die kontrakteur nie genoeg plaaslike werkers vanuit Wyk 12 en Wyk 13 in diens geneem het nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-91059\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/03\/willie3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/03\/willie3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Hul het ook daarop aangedring dat die kontrakteur van plaaslike besighede gebruik moes maak om sy toerusting by te huur.<br \/>\nLater is die kontrakteur ook daarvan beskuldig dat hy nie sy werkers betaal nie.<\/p>\n<p>Mnr. Smalle het belowe dat hy die probleem onder die Minister van Vervoer sa aandag sal bring.<br \/>\nSy woorde was: \u201cDaar is nie \u2019n R33 nie, die pad is nie geskik vir motoriste nie!\u201d<\/p>\n<p>In Januarie vanjaar het die kontrakteur weer aan die pad begin werk.<br \/>\nMnr. Oosthuizen het ges\u00ea dat alhoewel die kontrakteur aan die pad begin werk het, hy vir weke op \u2019n slag verdwyn het.<\/p>\n<p>\u201cDaar is geen padtekens aangebring nie en ek het die probleem is reeds met RAL opgeneem, maar hulle hande is glo afgekap,\u201d het mnr. Oosthuizen ges\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87972\/nuwe-tierbaba-mbidi\/\" target=\"_blank\">Nuwe tierbaba by Mbidi<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88140\/video-opruimingswerk-begin-na-drie-damwalle-breek-weens-wolkbreuk\/\" target=\"_blank\">Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87967\/annica-van-staden-slagoffers-verloor-duisende\/\" target=\"_blank\">Annica van Staden slagoffers verloor duisende<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88047\/video-seekoei-kuier-op-elandslaagte\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte<\/a><\/strong><\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net \u2019n dag nadat daar in die Daller koerant gekla is oor die slegte R33 (Groblersdal\/Stoffbergpad), het mnr. Willie de Bruin, bekende sakeman van Middelburg, in \u2019n ongeluk op di\u00e9 pad gesterf.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":91058,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[16897,10367,16902,16903,10450,16900,16904,10366,11072,16901,16898,16899],"class_list":["post-91056","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-bekende-sakeman-in-ongeluk-oorlede","tag-betroubare-nuus","tag-grys-staan-op-stoffbergpad","tag-hoop-grys-veroorsaak-dood-opstoffbergpad","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-sakeman-willie-de-bruin-op-stoffberg-pad-verongeluk","tag-padwerke","tag-plaaslike-nuus","tag-slaggate","tag-stoffbergpad-in-halglike-toestand","tag-willie-de-bruin","tag-willie-de-bruin-in-ongeluk-oorlede"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Bekende sakeman in ongeluk oorlede","betroubare nuus","grys staan op stoffbergpad","hoop grys veroorsaak dood opstoffbergpad","middelburg nuus","Middelburg sakeman Willie de Bruin op stoffberg pad verongeluk","padwerke","plaaslike nuus","slaggate","Stoffbergpad in halglike toestand","Willie de Bruin","Willie de Bruin in ongeluk oorlede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/91056","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=91056"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/91056\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/91058"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=91056"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=91056"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=91056"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}