{"id":8999,"date":"2014-04-15T12:13:00","date_gmt":"2014-04-15T10:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/8999\/anc-trek-laer-om-xaba\/"},"modified":"2014-04-15T12:12:15","modified_gmt":"2014-04-15T10:12:15","slug":"anc-trek-laer-om-xaba","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/04\/15\/anc-trek-laer-om-xaba\/","title":{"rendered":"ANC trek laer om Xaba"},"content":{"rendered":"<p>Die munisipale bestuurder, mnr. Willie Fouch\u00e9, het nou 14-dae om op \u2019n datum vir \u2019n nuwe vergadering te besluit.<\/p>\n<p>Die DA koukusleier, mnr. Hennie Niemann, s\u00ea dat die ANC doelbewus die vergadering ondermyn het, omdat die DA \u2019n mosie ter tafel gel\u00ea het rakende diefstalklagtes wat teen die speaker, mnr. Robert Xaba, ondersoek word.<\/p>\n<p>Die DA het verlede jaar twee maal probeer om Xaba uit die speaker stoel gelig te kry weens sy \u201copenlike magsmisbruik en bevoordeling van die ANC\u201d.<\/p>\n<p>Xaba, wat teenwoordig moet wees vir debatte oor hom, het bloot nie opgedaag vir die vergaderings nie waarna die ANC meerderheid die mosies doodgedruk het.<\/p>\n<p>Hy word deur Raslo Musiek beskuldig van diefstal en mnr. Marius Ras, eienaar van Raslo, s\u00ea Xaba het \u2019n paar weke terug op aandrang van Cope se Ben Mokoena, met hom ontmoet om die situasie te probeer ontlont.<\/p>\n<p>\u201cHy het tydens die vergadering in mnr. Mokoena se teenwoordigheid erken hy skuld Raslo geld vir toerusting wat hy by ons gekoop het vir \u2019n ANC funksie, maar nooit betaal het nie,\u201d s\u00ea mnr. Ras.<\/p>\n<p>Die raad het verlede jaar sy regulasies vir raadslede hersien en raadslede wat nie opdaag vir komiteevergaderings of raadsittings sonder skriftelike toestemming vir afwesigheid nie, kan met R1000 beboet word.<\/p>\n<p>Geen verskoning is deur enige van die ANC raadslede vir afwesigheid gemaak voor die sitting nie.<\/p>\n<p>\u201cDie jammerte is dat hulle nou ook 14-dae het om met aanvaarbare verskonings oor hul afwesigheid vorendag te kom,\u201d s\u00ea mnr. Niemann.<\/p>\n<p>Hy vermoed die ANC wil die Xaba debakel laat oorstaan tot na die algemene verkiesing op 7 Mei.<\/p>\n<p>\u201cDie ANC vind dit toenemend moeilik om vrae rakende sy lede se optrede aan die elektoraat te beantwoord,\u201d s\u00ea die DA.<\/p>\n<p>Die Observer kon nog die ANC koukusleier, nog mnr. Fouch\u00e9 opspoor vir kommentaar en die koerant het hom na die burgemeester, mnr. Mike Masina, gewend vir antwoorde.<\/p>\n<p>Mnr. Masina het ges\u00ea dat dit \u201cnie \u2019n georkestreerde poging van die ANC was om die raad te ondermyn nie\u201d.<\/p>\n<p>Hy het die ANC se afwesigheid toegeskryf aan \u201cpolitieke werksdruk in die aanloop tot die komende verkiesing\u201d.<\/p>\n<p>Mnr. Ras s\u00ea hy sal nie die saak terugtrek alvorens betaling ontvang is nie.<\/p>\n<p>Xaba skuld Raslo R15 200 vir klanktoerusting wat hy sedert Oktober in sy besit het en onder meer gebruik om oor naweke by partytjies te DJ.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die DA het Donderdag voor dooie mans deur te staan gekom vir \u2019n spesiale raadsvergadering waarvoor nie \u2019n enkele ANC raadslid opgedaag het nie<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":9000,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,8,2],"tags":[1146,1132,1191,920],"class_list":["post-8999","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-local-municipal-news","category-news-headlines","tag-anc","tag-da","tag-raslo-musiek","tag-steve-tshwete-municipality"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["anc","DA","Raslo Musiek","Steve Tshwete Municipality"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8999"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8999\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9000"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8999"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}