{"id":89646,"date":"2019-02-10T12:00:38","date_gmt":"2019-02-10T10:00:38","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=89646"},"modified":"2019-02-11T12:56:12","modified_gmt":"2019-02-11T10:56:12","slug":"pastoor-se-hy-sal-aanhou-werk-met-verslaafdes-op-straat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/02\/10\/pastoor-se-hy-sal-aanhou-werk-met-verslaafdes-op-straat\/","title":{"rendered":"Pastoor s\u00ea hy sal aanhou werk met verslaafdes op straat"},"content":{"rendered":"<p><b>Past Jacobs se antwoord:<\/b><\/p>\n<p>Ek verwys graag na die berig: \u201cMiddelburg bedelaar hardloop weg vir pastoor\u201d.<\/p>\n<p>Ek het dit goed gedink om julle te antwoord, omrede ek liefde en besorgheid van julle kant af beleef.<br \/>\nEk werk ongeveer vyf jaar met dwelmverslaafdes as deel van die Oorwinnaars.<\/p>\n<p>Verslaafdes bly al sowat vier jaar saam met my en my familie in ons huis. Ons deel hul lief en leed 24\/7.<\/p>\n<p>Hulle word soos familie in ons huis. Meeste van hulle het geen ander heenkome nie en kan nie geldelik bydra tot die huis nie.<\/p>\n<p>Voor hulle die huis verlaat, na hulle program voltooi is, word daar gebid dat hulle in die samelewing sal inpas en die werk sal kry wat God vir hulle beplan het, en die finansies en in die regte omgewing.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89227\/video-middelburg-bedelaar-hardloop-weg-vir-pastoor-met-dwelm-toets\/\" target=\"_blank\">Middelburg bedelaar hardloop weg vir pastoor met dwelm toets<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dit is altyd hartseer wanneer \u2019n dwelmverslaafde sterf aan \u2019n oordosis dwelms. Ek het al talle begrafnisse (vir die Oorwinnaars) gedoen.<br \/>\nDit is hartverskeurend wanneer \u2019n verslaafde persoon begrawe word. Dit is nie wat God beplan het nie.<\/p>\n<p>In sommige (baie) gevalle dra Oorwinnaars al die kostes van die begrafnisse. Ek verdien nie \u2019n salaris vir die werk wat ek doen nie en lewe in die geloof.<\/p>\n<p>God het die volgende vir my gegee nadat ek gevas het en gevra het wat Sy wil is: Psalm 68:6-7 \u201c\u2019n Vader van die wese en \u2019n regter van die weduwees is God in Sy heilige woning. God laat die eensames woon in \u2019n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in \u2019n dor land.\u201d<\/p>\n<p>Asook Jesaja 58:7: \u201cIs dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?\u201d<\/p>\n<p>Ek tree op in gehoorsaamheid aan God.<\/p>\n<p>Wanneer Oorwinnaars geskakel word om iemand te help, hoor ons telkemale. \u201cOns het niks oor nie. Hy het alles verkoop. Ons kan nie \u2019n bydrae tot die huis maak nie.\u201d<br \/>\nOns by Oorwinnaars kan net 12 persone op \u2019n slag huisves. Wanneer \u2019n verslaafde na normaliteit terugkeer, eet hulle vyf maal per dag.<\/p>\n<p>Hulle kry een maal per week \u2019n stafie (<i>slab<\/i>) sjokolade, gaskoeldrank en springmielies en Saterdae word daar gebraai. Dit word alles deur ons voorsien.<\/p>\n<p>\u2022Verslaafdes by verkeersligte lieg en lei Jan publiek om die bos. Jy koop indirek vir hom dwelms en is daarom saam verantwoordelik as hy sterf aan \u2019n oordosis.<\/p>\n<p>Wanneer ek \u2019n persoon by \u2019n verkeerslig sien, vra ek hom of hy dwelms gebruik, hulle antwoord altyd \u201cnee\u201d.<br \/>\nSodra ek die dwelmtoets uithaal, kan en wil hulle nie toets nie. Daarna erken hulle dat hulle dwelms gebruik.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89304\/n-dorp-n-dwelmkrisis-verslaafdes-bedel-en-sterf-op-straat\/\" target=\"_blank\">&#8216;n Dorp in &#8216;n dwelmkrisis &#8211; verslaafdes bedel en sterf op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Ek nooi hulle om by my te kom woon en verduidelik die re\u00ebls. Van hulle kom en word gesond. Sommiges loop weg na \u2019n dag of drie.<br \/>\nVolgens hulle is dit \u201cte moeilik\u201d. Ander bly op straat, want hulle word van geld voorsien. Dit is net te maklik vir hulle om op straat die dwelmdraak te voed.<\/p>\n<p>Een persoon het selfs gespog dat hy Kersdag \u2019n R1 200 ingesamel het en selfs 25 persent afslag by sy\u00a0<i>dealer<\/i>\u00a0gekry het, vir die groot hoeveelheid dwelms wat hy gekoop het!<\/p>\n<p>Ek meld die volgende aan die mense by die verkeersligte: \u201cindien jy negatief toets, sal ons \u2019n berig in die koerant plaas en s\u00ea jy is skoon.\u201d Daar was nog nooit iemand wat die toets geslaag het nie.<\/p>\n<p>\u2022Verlede week het ek vir vier mense by \u2019n ander verkeerslig gebid wat met hulle CV\u2019s werk soek.<br \/>\nDie joernalis het belowe om dit in die koerant te plaas, sodat mense van hulle notisie neem. Ek glo God gaan self hier intree.<\/p>\n<p>\u2022Terloops, die persoon wat weggehardloop het, is, volgens sy vrou, gediagnoseer met kanker. Is dit waar? Ek het nog nooit met hom gepraat nie.<br \/>\nSy vrou het botweg geweier om deur \u2019n vrou getoets te word, natuurlik op \u2019n geskikte plek waar haar privaatheid beskerm sal word.<br \/>\nOns toets nie in die straat nie, hulle word na \u2019n geskikte plek geneem.<\/p>\n<p>\u2022Ek het al met talle, en gaan nog met baie verslaafdes werk, want ek weet dit is God se plan vir my lewe.<br \/>\nDie stories wat hulle opdis, is gewoonlik v\u00ear van die waarheid. Ja hulle is mense, maar soms moet hulle \u201crockbottom\u201d bereik voordat hulle gehelp kan word.<\/p>\n<p>\u2022Ek werk daagliks met verslaafdes se familie, en kry talle oproepe van stukkende ouers en dus verstaan ek julle frustasie en pyn.<br \/>\nSommige ouers het al gemeld dat dit beter sal wees dat hul kind sterf, want ten minste weet hul dan waar hul kind is en hoef nie nagte wakker te l\u00ea en bekommer oor hulle nie. Party is verby moedeloos.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78201\/dis-wat-dwelm-ouers-aan-kinders-doen\/\" target=\"_blank\">Dit is wat dwelm-ouers aan kinders doen<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Elke oproep wat hulle kry van \u2019n onbekende nommer of \u2019n \u201c<i>please call me<\/i>\u201d verwag hulle die ergste.<br \/>\nVerslaafdes het geen gewete nie en sal enigiets, ek herhaal, enigiets doen vir hulle volgende\u00a0<i>fix<\/i>.<br \/>\nAlmal word altyd beskuldig en die fout l\u00ea \u201cnooit\u201d by hulle nie. Hulle weet baie goed hoe om mense te manipuleer.<\/p>\n<p>\u2022Mense gee graag geld en kos om hulle gewete te sus, maar deur dit te doen het jy indirek deel aan sy verslawing. Die Bybel s\u00ea: \u201cWe\u00eb hom wat aan \u2019n ander sterk drank gee.\u201d<br \/>\nIndien verslaafdes nie meer geld kry by die verkeersligte nie, kan hulle nie dwelms koop nie. Soos ek deur die strate ry, herken ek 90% van hulle, want meeste van hulle het al by ons aangeklop vir hulp.<\/p>\n<p>\u2022Verslaafdes by Oorwinnaars neem net drie dae om deur die erge onttrekking te gaan. Ons gee die eer hiervoor aan Jesus Christus. Dankie Jesus dat die Heilige Gees in hierdie huis werk.<br \/>\nDit is elke keer \u2019n wonderwerk om te aanskou. Ons bid in die drie dae gereeld vir hulle, onophoudelik.<\/p>\n<p>Ander wat gesond is, bid en praat moed in. Daardeur word \u2019n verslaafde oorreed om dit uur vir uur te vat.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/62394\/heroien-hou-hulle-op-straat\/\" target=\"_blank\">Hero\u00efen hou hulle op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Wanneer hy begin eet, glo hy in die wonderwerk wat plaasgevind het. Vir sommiges wat dit nog weke voordat hulle \u2019n ordentlike nagrus kan geniet.<br \/>\nDie o\u00eb word weer helder, die glimlag breek deur. Hulle besef die werklikheid, \u201cek het deurgedruk\u201d. God kry al die eer. Hulle begin weer leef.<\/p>\n<p>Familiebande word herenig. Hulle word gesond, lag gereeld, tel gewig op, \u2019n gemiddeld van 20kg per persoon.<br \/>\nDie mooiste van alles, hy begin God met \u2019n passie dien, word gedoop en ontvang die Heilige Gees.<\/p>\n<p>Wonderwerk op wonderwerk. Familielede staan verbaas, huil wanneer hulle kom kuier en hulle geliefde sien soos wat hulle hom kan onthou, voor die dwelmduiwel sy verskyning gemaak het.<\/p>\n<p>Wanneer van die eks-verslaafdes getuig, die huis verlaat, trou, gedoop of pa word, word saam gehuil, God geloof.<\/p>\n<p>\u2022Ja ek het ook \u2019n verlede, en kom uit drank-, dagga- en sigaretverslawing. Ek dank God dat Hy my vrygemaak het. Wie God vrygemaak het, is werklik vry. Ek is nou 12 jaar vry.<\/p>\n<p>\u2022Om mee af te sluit: indien ek eendag voor God staan en Hy my vra wat het ek gedoen vir die verslaafde by die verkeerslig, wil ek antwoord: \u201cAbba Vader, ek het hom genooi om by my te kom woon. Vader ek het nie sy verslawing gevoed nie. Nadat alles gefaal het, het ek hom uit die vuur probeer ruk deur sy we\u00eb aan ander bekend te maak. Ek het alles probeer, na die beste van my vermo\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Past. Jannie Jacobs het reageer na aanleiding van mense wat uitlatings gemaak het op sosiale media oor die feit dat hy bedelaars vra om hulle te toets vir dwelms, asook die gebeure waar \u2019n bedelaar vir hom weg gehardloop het.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":89647,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,16440,10450,16238,16441,10366],"class_list":["post-89646","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-dwelm-krisis","tag-middelburg-nuus","tag-oorwinaars","tag-pastoor-jannie-jacobs-werk-met-verslaafdes","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Middelburg dwelm krisis","middelburg nuus","oorwinaars","Pastoor Jannie Jacobs werk met verslaafdes","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/89646","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=89646"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/89646\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/89647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=89646"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=89646"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=89646"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}