{"id":89158,"date":"2019-01-29T07:52:21","date_gmt":"2019-01-29T05:52:21","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=89158"},"modified":"2019-01-30T08:41:33","modified_gmt":"2019-01-30T06:41:33","slug":"bekende-polisiekaptein-op-toneel-waar-vrou-langs-pad-gesterf-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/01\/29\/bekende-polisiekaptein-op-toneel-waar-vrou-langs-pad-gesterf-het\/","title":{"rendered":"Bekende polisiekaptein op toneel waar vrou langs pad gesterf het"},"content":{"rendered":"<p>Kapt. Geldenhuys was Sondag op die toneel in Kranspoort waar \u2019n 32-jarige vrou dood langs die pad gekry is.<br \/>\nSy is omstreeks 20:00 dood verklaar deur paramedici.<\/p>\n<p>Na wat verneem word is daar op die toneel ges\u00ea dat die vrou uit \u2019n voertuig gespring het.<br \/>\nDaar is ges\u00ea dat kapt. Geldenhuys \u201cbaie emosioneel\u201d op die toneel was.<\/p>\n<p>Die vrou is onder in Kranspoort langs die pad gevind, met onder andere ernstige kopbeserings.<\/p>\n<p>\u2022Daar is betroubaar verneem dat die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ook besig is met \u2019n ondersoek en \u2019n verslag aangevra het na die lykskouing, wat Maandag gedoen is.<\/p>\n<p>\u2022<strong>W<\/strong><b>ww.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het kapt. Geldenhuys Maandagaand gekontak om te verneem of hy weet wat moontlik op die toneel gebeur het. Hy is ook Dinsdagoggend geskakel, maar die oomblik toe hy die joernalis se stem hoor, het hy die foon doodgedruk.<\/p>\n<p>\u2022Kapt. Geldenhuys was drie jaar gelede in die nuus nadat \u2019n jong vrou in Februarie 2016 in die vroe\u00eb oggendure op \u2019n sypaadjie gevind is.<\/p>\n<p>Videomateriaal het gewys hoe kapt. Geldenhuys haar uit \u2019n kuierplek dra. Drie ure later het \u2019n fietsryer haar bebloed op die sypaadjie gevind.<br \/>\nKapt. Geldenhuys het destyds ges\u00ea dat sy self uit sy voertuig geklim het en na die hek gestap het.<\/p>\n<p>Die meisie het later ges\u00ea dat kapt. Geldenhuys \u201cv\u00ear\u201d met haar gery het, dat hulle by \u2019n huis gestop en dat \u2019n vrou vir haar \u2019n pilletjie met water gegee het. Sy het ook ges\u00ea dat sy onthou het dat hulle weer gery het, maar dat sy niks verder kon onthou nie.<\/p>\n<p>Die oggend wat sy gekry is, was haar ken lelik oopgesny en haar klere was vol bloed. Haar hande was ook stukkend en sy het gekla dat haar arms &#8220;gevoelig is.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022Die videomateriaal het destyds ook gewys dat die meisie saam met jongmense gekuier het en dat kapt. Geldenhuys omstreeks middernag opgedaag het en later kort-kort vir die meisie \u2019n drukkie gegee het.<\/p>\n<p>Omstreeks 01:45 het sy saam met kapt. Geldenhuys en \u2019n ander onbekende man by die kroeg gekuier. Vandaar is sy na die badkamer waar sy etlike minute spandeer het.<br \/>\n\u2019n Ruk later het sy uit die badkamer gekom, maar was heeltemal onvas op haar voete. Sy het gestruikel en het kapt. Geldenhuys haar op sy rug gedra.<\/p>\n<p>\u2022Alhoewel die meisie se ouers vantevore by die betrokke huis gebly het waar sy op die sypaadjie gekry is, het hulle al \u2019n geruime tyd nie meer daar gebly nie.<\/p>\n<p>Die meisie se pa was destyds woedend, want hy het aangedui dat sy kind nie daar sou uitgeklim het nie, aangesien hulle al \u2019n paar jaar nie meer daar gebly het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Video materiaal van voorval waar vorige meisie uit die kroeg gedra is.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"Mystery of the woman found next to the road solved\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/lB8bVv9S-U8?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87972\/nuwe-tierbaba-mbidi\/\" target=\"_blank\">Nuwe tierbaba by Mbidi<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88140\/video-opruimingswerk-begin-na-drie-damwalle-breek-weens-wolkbreuk\/\" target=\"_blank\">Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87967\/annica-van-staden-slagoffers-verloor-duisende\/\" target=\"_blank\">Annica van Staden slagoffers verloor duisende<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88047\/video-seekoei-kuier-op-elandslaagte\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte<\/a><\/strong><\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Awie Geldenhuys, die polisiekaptein wat drie jaar gelede \u2019n meisie op \u2019n sypaadjie afgelaai het, word nou weer betrek nadat \u2019n jong vrou se liggaam Sondagaand langs die Loskopdampad gekry is.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":44302,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[16174,10367,16175,16176,16178,16180,16177,10450,10366,16179],"class_list":["post-89158","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-awie-geldenhuys","tag-betroubare-nuus","tag-kapt-awie-geldenhuys","tag-kapt-awie-geldenhuys-word-ondersoek","tag-lyk-gevind-langs-pad-in-kranspoort","tag-meisie-dood-gevind","tag-meisie-dood-gevind-in-kranspoort","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-srtafbare-manslag"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Awie Geldenhuys","betroubare nuus","Kapt Awie Geldenhuys","kapt awie geldenhuys word ondersoek","lyk gevind langs pad in kranspoort","meisie dood gevind","Meisie dood gevind in Kranspoort","middelburg nuus","plaaslike nuus","srtafbare manslag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/89158","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=89158"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/89158\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/44302"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=89158"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=89158"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=89158"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}