{"id":88616,"date":"2019-01-14T12:47:03","date_gmt":"2019-01-14T10:47:03","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=88616"},"modified":"2019-01-15T14:29:57","modified_gmt":"2019-01-15T12:29:57","slug":"groot-swart-bal-wat-soos-spookasem-lyk-nadat-weerlig-hengelaars-tref","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/01\/14\/groot-swart-bal-wat-soos-spookasem-lyk-nadat-weerlig-hengelaars-tref\/","title":{"rendered":"Groot swart bal, wat soos spookasem lyk, nadat weerlig hengelaars tref"},"content":{"rendered":"<p>Die twee vriende het ernstige beserings opgedoen nadat die weerlig Saterdag die een se Graphite visstok by Loskopdam getref het.<\/p>\n<p>Mnr. Jaco le Roux (35) was vandag (Maandag) op pad na die Kosmos Life Hospitaal waar dokters vir die gesin sou s\u00ea wat sy mediese uitgawes beloop. Hy het erge brandwonde op sy maag opgedoen, waar die weerlig \u2019n diep gat laag op sy buik gemaak het.<\/p>\n<p>Sy ma, Mariaan, s\u00ea hulle het Saterdag van Johannesburg af direk na die Life Midmed Hospitaal gejaag, om hul seun by te staan, wat met ER24 Ambulansdienste vanaf Loskopdam afgevoer is.<\/p>\n<p>Mnr. Clinton Fleming (29) is tans nog in die intensiewe eenheid van Midmed Hospitaal. Sy vrou, Charn\u00e9, s\u00ea die geweldige skok van die weerlig het \u2019n komplikasie op sy hart veroorsaak. Sy gaan hom na \u2019n kardioloog neem \u201cnet om seker te maak alles is reg.\u201d<\/p>\n<p>Die traumatiese gebeure het plaasgevind voor die geskokte o\u00eb van beide paartjies se kinders en ander mense langs die hengelwaters.<br \/>\nVolgens Desiree, Jaco se vrou, was hulle saam met Clinton hulle vir die dag na Forever Resorts Loskopdam.<\/p>\n<figure id=\"attachment_88618\" aria-describedby=\"caption-attachment-88618\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-88618\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/01\/slaan2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-88618\" class=\"wp-caption-text\">Jaco le Roux moet verskeie operasies ondergaan om weefsel op sy maag te laat verwyder waar hy brandwonde opgedoen het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hulle het gesien dat die weer opsteek van agter die berg en besluit om op te pak en sommer met hul terugkeer na Middelburg tuis te braai.<\/p>\n<p>Dit het skielik begin re\u00ebn en die mans het hul stokke inkatrol. Jaco het \u2019n vis aan die lyn gehad en Clinton het vir hom ges\u00ea hy moet gou die vis inkatrol, terwyl hy die visnet gaan haal.<br \/>\nClinton het nog langs hom gestaan toe die weerlig die punt van die visstok raakslaan.<\/p>\n<p>Me. Le Roux vertel dat sy gesien het hoe die weerlig die visstok raakslaan \u201cdaarna in twee\u00a0<i>split<\/i>\u00a0en Jaco en Clinton tref.\u201d<\/p>\n<p>Me. Fleming s\u00ea sy het net \u2019n harde klapgeluid gehoor soos \u2019n ontploffing, \u2019n wit lig \u201cen gesien hoe die twee mans val. Ek het gedink hulle is dood.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_88644\" aria-describedby=\"caption-attachment-88644\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-88644\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/01\/Clinton-Fleming-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/Clinton-Fleming-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/Clinton-Fleming-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-88644\" class=\"wp-caption-text\">Clinton Fleming by die dam.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die stok in Jaco se hande het binne sekondes tot garing verbrand, die klere aan sy lyf het afgebrand en waar die stok teen sy laer buik was, is \u2019n gapende wond oopgeruk.<\/p>\n<p>Mense in die omgewing het ges\u00ea dat daar \u201crook uit die mans gekom het.\u201d Me. Fleming s\u00ea sy glo egter die rook was afkomstig uit die visstok wat aan die brand geslaan het.<br \/>\nIn die daaropvolgende paar sekondes was dit chaos.<\/p>\n<p>Me. Fleming s\u00ea \u201calles was deurmekaar. Die wind het gewaai, ons kinders het geskree en ons mans het op die grond gel\u00ea.\u201d<br \/>\nSy het met hul negemaande oue baba, Dylon, op die arm gestaan en hy en haar ander kinders, Megan (3) en Michael (9) het erg gehuil. \u201cMegan het ges\u00ea: \u2019Pappa is deur die\u00a0<i>generator\u00a0<\/i>raakgeslaan!\u201d<\/p>\n<p>Die Le Roux\u2019s se dogtertjies, Deon\u00e9 (7) en Elmike (10) het ook begin huil.<\/p>\n<figure id=\"attachment_88619\" aria-describedby=\"caption-attachment-88619\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-88619\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/01\/slaan3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-88619\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. en me. Jaco en Desiree le Roux saam met hul dogtertjies,. Me. Le Roux en hul kinders het gesien wat gebeur.<\/figcaption><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Me. Fleming s\u00ea haar man was vir \u2019n paar sekondes deurmekaar en kon nie sy bene voel nie. Hy het na \u2019n rukkie handeviervoet probeer opstaan en vir sy vrou ges\u00ea om die kinders te vat en in die kar te klim, omdat hy bang was die weerlig slaan hulle ook raak. \u201cBinne tien minute was die re\u00ebnweer egter verby.\u201d<\/p>\n<p>Kampeerders, sekuriteitswagte en personeel van Forever Resorts Loskopdam, het hulp verleen en die twee mans gemaklik gemaak. Daar is ook \u2019n kombers gegooi oor mnr. Le Roux.<br \/>\nParamedici van ER24 (Middelburg) en Swift EMS (van Groblersdal) was vinnig op die toneel en het die twee mans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Le Roux, wat nie \u2019n mediese fonds het nie, is nadat sy wonde verbind is, dieselfde aand huis toe. Sy familie s\u00ea hy sal talle operasies moet ondergaan om dooie weefsel te verwyder en rekonstruktiewe werk aan sy maag te doen. Dit kan etlike duisende rande beloop.<br \/>\nMnr. Fleming is kort na opname in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal opgeneem.<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Le Roux se skoonsuster, Corlene Vogel, het vanuit Musina \u2019n noodfonds begin om die gesin by te staan met mediese uitgawes.<br \/>\nPersone wat bydraes wil lewer, kan Desiree bel by 072 617 9958 vir meer inligting.<\/p>\n<figure id=\"attachment_88620\" aria-describedby=\"caption-attachment-88620\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-88620\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/01\/slaan4-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan4-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/01\/slaan4-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-88620\" class=\"wp-caption-text\">\u2019n Paar van die persone wat Jaco en Clinton gehelp het. Die persoon wat die foto geneem het, het nie hul name gevat nie, maar die twee mans en hul gesinne wil graag di\u00e9 barmhartige samaritane van harte bedank.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022Beide die mans het al die persone wat hulle op die toneel bygestaan het, asook die paramedici wat gehelp het, bedank.<br \/>\n\u201cDit is God se genade dat hulle vir ons gespaar is,\u201d het me. Fleming dankbaar ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Hennie Joubert het Maandag aan\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0vertel dat hy en sy gesin vir die eerste keer in hul lewe gekamp het by Forever Resorts Loskopdam.<br \/>\nHy het na die gebeure op Facebook vertel dat daar donderweer was \u201cmaar niks ernstig nie. Die volgende oomblik was daar \u2019n ongelooflike donderslag ek en vroulief het gewip van die skrik.\u201d Mnr. Joubert het ges\u00ea dat daar onmiddellik na die slag \u2019n groot swart bal, \u201cwat soos spookasem gelyk het van die waterkant na ons karavaan toe aangesweef gekom en by ons op die gras kom val.\u201d<\/p>\n<p>Volgens hom het die \u201cweerlig hulle so erg getref dat die rook uit hulle gekom het. Die visstok het gedisintegreer en hulle was gestroop van hulle klere. Die swart spookasem was blykbaar een van hul visstokke!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87972\/nuwe-tierbaba-mbidi\/\" target=\"_blank\">Nuwe tierbaba by Mbidi<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88140\/video-opruimingswerk-begin-na-drie-damwalle-breek-weens-wolkbreuk\/\" target=\"_blank\">Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87967\/annica-van-staden-slagoffers-verloor-duisende\/\" target=\"_blank\">Annica van Staden slagoffers verloor duisende<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88047\/video-seekoei-kuier-op-elandslaagte\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte<\/a><\/strong><\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201c\u2019n Groot swart bal, wat soos spookasem gelyk het, het van die waterkant aangesweef gekom en op die gras geval.\u201d So het \u2019n kampeerder die gebeure beskryf na weerlig twee hengelaars by Forever Loskopdam raakgeslaan het.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":88617,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,13456,15829,15827,15832,10450,10366,15831,15828,9407,2852,15830],"class_list":["post-88616","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-forever-resorts-loskop-dam","tag-hengelaars","tag-hengelaars-op-loskop-deur-weerlig-getref","tag-loslop-dam","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-twee-hengelaars-ernstig-beseer-na-weerlig-tref","tag-tween-hengelaars-by-forever-resorts-deur-weerlig-getref","tag-visvang","tag-weerlig","tag-weerlig-tref-twee-hengelaars"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","forever resorts loskop dam","hengelaars","hengelaars op Loskop deur weerlig getref","loslop dam","middelburg nuus","plaaslike nuus","twee hengelaars ernstig beseer na weerlig tref","Tween hengelaars by Forever Resorts deur weerlig getref","visvang","Weerlig","weerlig tref twee hengelaars"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=88616"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88616\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/88617"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=88616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=88616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=88616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}