{"id":88169,"date":"2019-01-02T12:48:30","date_gmt":"2019-01-02T10:48:30","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=88169"},"modified":"2019-01-04T11:07:37","modified_gmt":"2019-01-04T09:07:37","slug":"huilende-kleuters-staan-gietende-reen-na-bakkie-rol","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/01\/02\/huilende-kleuters-staan-gietende-reen-na-bakkie-rol\/","title":{"rendered":"Huilende kleuters staan in gietende re\u00ebn na bakkie rol"},"content":{"rendered":"<p>Die familie was vanaf Riverside Lodge (waar hulle gekamp het) na eMalahleni onderweg, toe die bakkie op die nat pad gegly het.<\/p>\n<p>\u2019n Man het op die ongelukstoneel ges\u00ea dat hy in sy truspie\u00ebltjie gesien het hoe die bakkie begin gly, die randsteen tref en rol. In die proses het die waentjie wat hulle gesleep het, losgekom, in die lug opgeskiet en voor die bakkie te lande gekom.<\/p>\n<p>Me. Julienne van Antwerpen s\u00ea dat alhoewel hulle in eMalahleni bly, dat sy en haar man, Riaan, beide in Middelburg werk en die pad ken.<br \/>\nDit het geweldig gere\u00ebn en sy het baie stadig gery.<\/p>\n<p>\u201cAlles het in splitsekondes gebeur. Die voertuig het net begin gly en ek kon niks daaraan doen nie!\u201d<br \/>\nSy glo die feit dat sy stadig gery het, het voorkom dat hulle nie ernstige beserings opdoen nie.<\/p>\n<p>Hul twee dogtertjies, Rian\u00e9 (6) en Jolene (4) het gestaan en bibber van die koue op die toneel en het by die joernalis in die voertuig geklim totdat vriende opgedaag het om te help.<\/p>\n<p>Nie een van hulle het ernstige beserings opgedoen nie, maar Rian\u00e9 het gekla van \u2019n seer rug en hulle het haar hospitaal toe geneem. Nadat sy ondersoek en X-strale geneem is, is hulle verseker dat die pyn veroorsaak is deur seer spiere van die ongeluk.<\/p>\n<p>\u2022Daar is byna daagliks, veral in re\u00ebn, ongelukke op di\u00e9 draai en verskeie mense het ook al hul lewens verloor.<\/p>\n<p>Die Steve Tshwete Munisipaliteit het \u2019n paar jaar gelede verkeerskalmeringstroke aangebring, maar daar is steeds gereeld ongelukke op di\u00e9 draai.<\/p>\n<p>\u2019n Werknemer van die Middelburg Hospitaal (wat anoniem wil bly) het \u2019n paar maande gelede ges\u00ea dat sy al paniekerig raak as dit begin re\u00ebn, \u201cwant ek w\u00e9\u00e9t dat daar dan ongelukke gaan wees!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87972\/nuwe-tierbaba-mbidi\/\" target=\"_blank\">Nuwe tierbaba by Mbidi<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88140\/video-opruimingswerk-begin-na-drie-damwalle-breek-weens-wolkbreuk\/\" target=\"_blank\">Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/87967\/annica-van-staden-slagoffers-verloor-duisende\/\" target=\"_blank\">Annica van Staden slagoffers verloor duisende<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/88047\/video-seekoei-kuier-op-elandslaagte\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte<\/a><\/strong><\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee kleuters het op Nuwejaarsdag in gietende re\u00ebn aan hul ma vasgeklou nadat hul bakkie op die bekende hospitaaldraai omgeslaan het.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":88170,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[15542,10367,15544,957,10450,15543,15540,15541,10366],"class_list":["post-88169","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-bakkie-rol-by-middelburg-provinsiale-hospitaal","tag-betroubare-nuus","tag-kindertjies-staan-in-reen-na-bakkie-rol","tag-middelburg-hospitaal","tag-middelburg-nuus","tag-ongelukke-by-middelburg-hospitaal","tag-ongelukke-in-middelburg","tag-ongelukke-op-middelburg-paaie","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["bakkie rol by Middelburg Provinsiale hospitaal","betroubare nuus","kindertjies staan in reen na bakkie rol","Middelburg Hospitaal","middelburg nuus","ongelukke by middelburg hospitaal","ongelukke in middelburg","ongelukke op middelburg paaie","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88169","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=88169"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88169\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/88170"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=88169"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=88169"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=88169"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}