{"id":88042,"date":"2018-12-26T12:00:12","date_gmt":"2018-12-26T10:00:12","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=88042"},"modified":"2018-12-19T16:18:47","modified_gmt":"2018-12-19T14:18:47","slug":"hoe-dan-nou-met-boetes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/12\/26\/hoe-dan-nou-met-boetes\/","title":{"rendered":"Hoe dan nou met boetes?"},"content":{"rendered":"<p>Sy s\u00ea dat sy \u2019n paar weke gelede in Walter Sisulustraat deur \u2019n padblokkade gery het. \u2019n Kamera skandeer motors se nommerplate en stel verkeersbeamptes in kennis oor watter motoriste uitstaande boetes het.<\/p>\n<p>Die vrou is afgetrek en ingelig dat sy \u2019n uitstaande boete het wat sy in Oktober 2017 gekry het en dat daar reeds \u2019n lasbrief vir haar uitgereik is. Sy het aan verkeersbeamptes ges\u00ea dat sy lankal die boete betaal het.<\/p>\n<p>\u201cHulle wou weet hoekom ek nie bewyse by my het nie. Hoe moet ek plek maak vir \u2019n jaar se dokumentasie in my kar?\u201d het die vrou gevra.<\/p>\n<p>Sy is gedwing om die boete weer te betaal, sowel as \u2019n skulderkenningsboete vir minagting van die hof, of om gearresteer te word.<br \/>\nSy het van daar na haar werkskantoor gery en die bewys van haar betaling gaan haal.<\/p>\n<p>\u201cToe ek dit vir die verkeersman by die padblokkade wys, het hy ges\u00ea ek moes dit by my gehad het en ek moet nou munisipaliteit toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>Die vrou is ingelig dat daar \u2019n fout op hul sisteem was en dat die inligting dat sy die boete betaal het nie opgedateer is nie.<br \/>\nSy het haar geld terug gesoek, maar is ingelig dat dit slegs deur \u2019n tjek terugbetaal kan word.<\/p>\n<p>\u201cNou moet ek wag tot hulle bel en s\u00ea die tjek is reg, dan moet ek by die werk ry, dit gaan haal en bank toe vat. Ek moet bankkostes betaal en ek mors my tyd,\u201d s\u00ea die vrou.<br \/>\nSy s\u00ea dat die ergste van die hele ervaring die vernedering is wat jy by die padblokkade ervaar.<\/p>\n<p>\u2022Verlede jaar Desember het \u2019n ander Middelburg inwoner dieselfde oorgekom. Sy het gelukkig per toeval haar betaalstrokie in haar motor se paneelkissie gehad en kon dit aan verkeersbeamptes wat haar wou arresteer, toon.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Ander inwoner het die wettigheid daarvan om mense summier te arresteer betwyfel.<br \/>\n\u201cHoe kan iemand \u2019n boete vir minagting van die hof betaal as hy nie in die hof verskyn het nie? As jy gearresteer word moet hulle ook in staat wees om vir jou die lasbrief vir jou arrestasie fisies te wys,\u201d het die inwoner ges\u00ea. Hy het versoek om anoniem gehou te word weens die tipe werk wat hy doen.<\/p>\n<p>\u2022Die munisipaliteit kon nie voor druktyd kommentaar lewer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85453\/dorp-neem-afskeid-van-geliefde-polisievrou-2\/\" target=\"_blank\">Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85357\/kanonkop-matrieks-groet-2\/\" target=\"_blank\">Kanonkop matrieks groet<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85327\/ouma-lus-en-vaar-die-strate\/\" target=\"_blank\">Ouma is lus en vaar die strate in<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85318\/video-karien-pure-goud\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Karien is pure goud<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Inwoner s\u00ea dat sy skepties is oor die munisipaliteit se nuwe verkeersboetestelsel, nadat sy gedwing is hom haar boete twee keer te betaal.<br \/>\nDie vrou het versoek om anoniem te bly.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":88043,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,15489,10450,15487,10366,15488],"class_list":["post-88042","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-kan-polisie-jou-arresteer-vir-uitstande-boetes","tag-middelburg-nuus","tag-munisipale-boetestelsel","tag-plaaslike-nuus","tag-uitstaande-boetes"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","kan polisie jou arresteer vir uitstande boetes","middelburg nuus","munisipale boetestelsel","plaaslike nuus","uitstaande boetes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88042","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=88042"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88042\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/88043"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=88042"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=88042"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=88042"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}