{"id":8670,"date":"2014-04-14T13:00:00","date_gmt":"2014-04-14T11:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/8670\/moet-my-asseblief-nie-weggooi-nie\/"},"modified":"2014-04-15T12:47:48","modified_gmt":"2014-04-15T10:47:48","slug":"moet-my-asseblief-nie-weggooi-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/04\/14\/moet-my-asseblief-nie-weggooi-nie\/","title":{"rendered":"&#8216;Moet my asseblief nie weggooi nie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"line-height: 1.5em\">Foto&#8217;s van jongmense wat leweloos l\u00ea, begrafnisbriewe en die poging van die gemeenskap sonder die ondersteuning van die polisie laat dit lyk asof ons stadig maar seker besig is om die oorlog teen dwelms te verloor.<\/span><\/p>\n<p>Maar daar is ook hoop. Hoop se naam is Johan, wat op &#8216;n Woensdagmiddag in die Middelburg Observer kantoor instap met helder o\u00eb en &#8216;n glimlag op sy gesig.<\/p>\n<p>Johan Cambell was een van Middelburg se dwelmseuns. Hy het vuil en met dooie o\u00eb deur die dorp se strate gedwaal. Slawe van iets baie sterker as hulle.<\/p>\n<p>As jy na Johan se storie luister, kan jou hart nie anders as om &#8216;n steekpyn te voel nie.<\/p>\n<p>Sy verhaal begin 23 jaar gelede, met sy geboorte. Hy was die produk van &#8216;n tienerliefde tussen twee verbeteringskoolgangers Elize Cambell en Johan Strydom. Sy pa het kort na sy geboorte die pad gevat. Sy ma, finansieel en emosioneel onbevoeg om na hom te kyk, het hom vir haar ouers gegee. Hulle kon ook nie finansieel na hom kyk nie, net soos wat hulle nie na hul eie kind kon kyk nie.<\/p>\n<p>Hulle het Johan vir &#8216;n egpaar gegee wie se baba in &#8216;n swembad verdrink het. Die egpaar het na hom gekyk tot hy drie was, voordat hulle hom na die kinderhuis op Kimberley gevat het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek weet nie hoekom hulle my kinderhuis toe gevat het nie, ek was te klein om te onthou.&#8221; Miskien omdat hy hulle nie meer aan die baba wat hulle verloor het herinner het nie?<\/p>\n<p>Vandat hy drie was, tot op 13 het Johan in die kinderhuis groot geword. Saam met hom was Glenton van der Heever.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het op nege begin dagga rook. Ons het dit by die ouer seuns gekry. Ek het baie weggeloop uit die kinderhuis.&#8221;<\/p>\n<p>Ten spyte hiervan het Johan uitgeblink as sportman op laerskool. Hy het ook goed gevaar in akademie.<\/p>\n<p>&#8220;Toe ek so baie gedrink en gerook het, het ek gedink dis fun. Ek het nie geweet wat dit aan my gaan doen en waar ek gaan eindig nie.&#8221;<\/p>\n<p>Op 13 is hy na &#8216;n verbeteringskool gestuur. &#8216;n Man van Ermelo het hom uit die skool kom haal en in De Arc Christian School gesit. Na die soveelste loesing het Johan by die man weggeloop. Hy het Middelburg toe gekom.<\/p>\n<p>Hier is hy en Glenton, wat hy eendag in Van Blerkplein raakgeloop het, herenig. Hulle het in Middelburg bekend gestaan as &#8220;die tweeling&#8221; omdat hulle vir almal vertel het hulle is boeties.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het op daardie stadium dagga gerook en gedrink. Glenton het hero\u00efne gedoen. Hy het nie gespuit nie, net gechase so van die papiertjie af.&#8221;<\/p>\n<p>Dit was nie lank voor Johan Glenton se voorbeeld gevolg het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Van daar het ons begin rook en toe spuit. Ek het later sommer chrystal of rocks met die heroin gemeng en dit gespuit.&#8221;<\/p>\n<p>Die begin van die einde het gekom toe Johan en Glenton saam met nog &#8216;n dwelmseun, Divan, gevang is deur die polisie. Johan en Glenton kon die urinetoets kul maar Divan het positief getoets en is van besit aangekla. Hy is op waarskuwing vrygelaat en het versuim om sy volgende hofverskyning by te woon.<\/p>\n<p>Volgens Johan is daar toe &#8216;n lasbrief vir al drie van hulle uitgereik. Hulle het eMalahleni toe gevlug.<\/p>\n<p>Johan en Glenton is by &#8216;n inkopiesentrum gearresteer nadat joernaliste van die Middelburg Observer en Witbank Nuus saamgewerk het, hulle positief ge\u00efdentifiseer en toe die polisie in kennis gestel het.<\/p>\n<p>Johan is in die Middelburg gevangenis aangehou. Daar het hy skoongekom. Toe hulle hom vrylaat het hy homself beloof dat hy nooit weer aan dwelms gaan vat nie.<\/p>\n<p>Die eerste persoon wat hy gevra het vir hulp was Anita (van onbekend). &#8220;Ek het ges\u00ea tannie moet asseblief nie vir my geld gee nie, gee vir my kos. Daai tannie het my lewe gered.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het hom huistoe gevat en hom later in haar huis ingevat.<\/p>\n<p>Johan was vir 19 maande in rehabilitasie. Hy het in Desember 2013 uitgekom en bly vir tyd en wyl by weldoeners in Kanonkop waar hy sy verblyf verdien deur takies in en om die huis te doen.<\/p>\n<p>&#8220;Ek moet dringend werk kry anders gaan ek weer op straat beland. Maar oral waar ek kom s\u00ea die mense vir my ek moet loop want hulle het my foto in die koerant gesien. Ek het nie &#8216;n familie of &#8216;n ma of pa om op te steun nie. Ek moet vir myself sorg.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ek kry myself nie jammer nie. Grootword was hard maar ek het ook goeie tye gehad soos ander kinders wat ma&#8217;s en pa&#8217;s gehad het.&#8221;<\/p>\n<p>Johan s\u00ea hy sal graag met sy hande en veral met staal wil werk: &#8220;As iemand my net &#8216;n kans wil gee.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die geveg teen die dodelike plaag wat op ons dorp toegesak het is lelik.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":8671,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,8,2],"tags":[1199,1093,972,1200],"class_list":["post-8670","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-local-municipal-news","category-news-headlines","tag-community-works","tag-drugs","tag-police","tag-sukses"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["Community works.","drugs","police","Sukses"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8670","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8670"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8670\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8671"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8670"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8670"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8670"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}