{"id":86253,"date":"2018-10-23T14:34:56","date_gmt":"2018-10-23T12:34:56","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=86253"},"modified":"2018-10-24T11:05:47","modified_gmt":"2018-10-24T09:05:47","slug":"jano-slinger-spies-77-69m-ver-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2018\/10\/23\/jano-slinger-spies-77-69m-ver-2\/","title":{"rendered":"Jano slinger spies 77.69m ver"},"content":{"rendered":"<p>Dit is &#8216;n Saterdag by die Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires, Argentini\u00eb, en die 17-jarige Esterhuizen is die enigste Suid-Afrikaner in &#8216;n veld van 17 atlete wat by di\u00e9 item in aksie is. Hy staan by die begin van sy aanloop en begin ritmies nader te draf.<\/p>\n<p>Met een eksplosiewe beweging van sy regterarm stuur hy die spies in die Argentynse hemelruim in&#8230;<br \/>\nByna 78m verder en Esterhuizen is die gunsteling om die goue medalje te wen.<\/p>\n<p>Terug in Suid-Afrika is dit nie net sy skoolmaats by Ho\u00ebrskool Wagpos wat sy vordering met groot belangstelling dophou nie, maar ook &#8216;n hele paar onderwysers en vriende by Laerskool Staatspresident C.R. Swart. Want di\u00e9 goue atleet was hoofseun by C.R. in 2014, graad agt by HTS Middelburg, voor sy ouers na Brits verhuis het.<\/p>\n<p>&#8220;Hy mis sonder enige twyfel sy dae by C.R. Swart! Hy was vanaf Graad R daar en het saam met sy maats by die skool groot geword.<br \/>\nHy praat steeds van juffrou Via Fouch\u00e9 as die beste Wiskunde-onderwyser in die w\u00eareld,&#8221; vertel sy ma, Anoesjka, Dinsdagoggend.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85332\/classic-clashes-weer-nie-gespeel\/\" target=\"_blank\">Classic Clashes weer nie gespeel?<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Sy voel dat Jano nog altyd van nature &#8216;n sportman is &#8211; hy speel krieket en sagtebal vir Wagpos en was gekies vir die eerste rugbyspan (hy het egter onttrek omdat hy nie sy Olimpiese droom met moontlike beserings wou vertroebel nie).<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink egter wel nie dat een van ons ooit sou kon droom dat hy op Olimpiese vlak sou deelneem nie &#8211; daar is s\u00f3 baie goeie atlete in die w\u00eareld.<br \/>\nMaar hy het so twee jaar gelede oor die Jeugspele begin praat en dit het vir hom as motivering gedien om harder te oefen.&#8221;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-86256\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2018\/10\/jano4-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/10\/jano4-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/10\/jano4-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Jano se werksetiek word deur sy destydse afrigter by C.R. Swart, Roelf Fritz, beaam.<br \/>\n&#8220;Hy het baie deursettingsvermo\u00eb en hy sal aanhou werk totdat hy sy doelwit bereik.<br \/>\nBoonop het hy &#8216;n baie natuurlike aanvoeling vir spiesgooi.<br \/>\nEk dink my beste herinnering van hom op skool was toe hy die eerste keer die korrekte tegniek gebruik het.<br \/>\nDie opwinding op sy gesig was duidelik vir almal om te sien; en ek dink my gesigsuitdrukking het syne weerspie\u00ebl!&#8221;<\/p>\n<p>Een van sy groot sterk punte is die feit dat hy teleurstellings in iets positiefs kan omskakel.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/55664\/nkangala-athletes-qualify-for-sa-championships\/\" target=\"_blank\">Nkangala athletes qualify for SA Championships\u00a0<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&#8220;Daar was al &#8216;n hele paar negatiewe oomblikke in sy loopbaan, maar wat saak maak is hoe jy opstaan, die stof afskud en weer van voor probeer.<br \/>\nOns gesin glo dat alles met &#8216;n doel gebeur, en maak nie saak wat jy bereik nie, jy moet nederig bly.&#8221;<\/p>\n<p>Sy pa &#8211; Jaco &#8211; was saam met hom in Argentini\u00eb, terwyl sy ma en suster (Mil\u00e9) bankvas agter hom is voor die TV.<br \/>\nEn hul ondersteuning werp duidelik vrugte af, want daardie gooi van 77.69m is die beste van sy jong loopbaan.<\/p>\n<p>Jano droom nou van &#8216;n plek in die 2020 Olimpiese span na Tokio en daardie gooi (weer eens, d\u00e1\u00e1rdie gooi) het baie gedoen om sy drome te bewaarheid.<\/p>\n<p>\u2022 Tennisspelers, soos Rafael Nadal, se een arm is duidelik groter as sy ander een. Het spiesgooiers dieselfde probleem?<br \/>\n&#8220;Ja, sy een arm is beslis &#8216;n bietjie groter as sy ander een!&#8221; bevestig sy ma laggend.<\/p>\n<p>\u2022 Hy het laat Dinsdagaand aan die tweede spiesgooi-rondte deelgeneem en kon nie sy poging van Saterdagaand ewenaar nie.<br \/>\nHy het uiteindelik sesde ge\u00ebindig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85453\/dorp-neem-afskeid-van-geliefde-polisievrou-2\/\" target=\"_blank\">Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85357\/kanonkop-matrieks-groet-2\/\" target=\"_blank\">Kanonkop matrieks groet<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85327\/ouma-lus-en-vaar-die-strate\/\" target=\"_blank\">Ouma is lus en vaar die strate in<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85318\/video-karien-pure-goud\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Karien is pure goud<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jano Esterhuizen gryp &#8216;n 700 gram spies stewig in sy hand vas.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":86255,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[14330,14332,14334,9317,14331,3,12718,14336,14335,14333],"class_list":["post-86253","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news","tag-former-middelburg-athlete-competes-in-junior-olympics","tag-jano-esterhuizen","tag-jong-spiesgooier-woon-olimpiese-spele-by","tag-local-sports","tag-plaaslike-sport","tag-sports-news","tag-sports-update","tag-suid-afrikaanse-atleete","tag-suid-afrikaanse-sport-helde","tag-voormalige-middelburg-atleet-woon-eug-olimpiese-spele-by"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"tag_labels":["former middelburg athlete competes in junior olympics","Jano Esterhuizen","jong spiesgooier woon olimpiese spele by","local sport","plaaslike sport","Sport","Sports update","suid afrikaanse atleete","suid afrikaanse sport helde","voormalige middelburg atleet woon eug olimpiese spele by"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/86253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=86253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/86253\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/86255"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=86253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=86253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=86253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}