{"id":85833,"date":"2018-10-09T00:00:00","date_gmt":"2018-10-08T22:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/85833\/gee-jou-lewe-sonder-die-belofte-van-roem-of-geld\/"},"modified":"2018-10-11T08:42:38","modified_gmt":"2018-10-11T06:42:38","slug":"gee-jou-lewe-sonder-die-belofte-van-roem-of-geld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/10\/09\/gee-jou-lewe-sonder-die-belofte-van-roem-of-geld\/","title":{"rendered":"Gee jou lewe sonder die belofte van roem of geld"},"content":{"rendered":"<p>De Jager (23) is vanaf Julie 2015 &#8216;n inwoner van Groblersdal.<\/p>\n<p>Sy het reg oor die land groot geword, maar s\u00ea dat haar vormingsjare in <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/George,_Western_Cape\" target=\"_blank\">George<\/a> in die Wes-Kaap was.<\/p>\n<p>Sy het in &#8216;n huishouding groot geword waar haar waardering vir kuns &#8216;n groot rol in haar lewe gespeel het. &#8220;My ouers het ons altyd bewus gemaak van mooi goed wat mens maklik kan miskyk in die lewe,&#8221; s\u00ea sy.<\/p>\n<p>De Jager, wat onder die naam MIES skilder, is nie net &#8216;n gewone kunstenaar nie, aangesien sy nie met &#8216;n kwas verf nie, maar haar werke optower deur met &#8216;n kredietkaart te verf. &#8220;Ek wou oorspronklik van pallet messe gebruik maak, maar was onseker hoe om dit te gebruik. Ek het sommer iets gesoek wat &#8216;n soortgelyke effek sal h\u00ea wat in en om die huis rondl\u00ea &#8211; my ma se Clicks Club Card het die ding gedoen,&#8221; vertel sy.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85802\/clive-bruce-by-rusoord\/\" target=\"_blank\">Clive Bruce by Rusoord<\/a><\/strong><\/p>\n<p>De Jager vertel dat die naam MIES sy oorsprong het weens &#8216;n maatjie in Graad 0 wat nie haar naam, &#8220;Marisa&#8221; kon uitspreek nie. &#8220;Sy het my Miesa genoem en toe word ek later MIES.&#8221; .<\/p>\n<p>Op skool het De Jager reeds verskeie pryse gewen vir haar kuns. &#8220;My kuns onderwyseres het gereeld my kunswerke ingeskryf vir kompetisies soos die Pretoria Young Artist of the Year. Maar tydens my matriek kunsuitstalling het ek my eerste kunswerke aan vreemdelinge verkoop wat dit daar raakgesien het en baie daarvan gehou het,&#8221; s\u00ea sy.<\/p>\n<p>De Jager het haar skoolloopbaan op <a href=\"http:\/\/www.menlopark.co.za\/\" target=\"_blank\">Ho\u00ebrskool Menlopark<\/a> voltooi en na skool het sy besluit om haar droom na te jaag en &#8216;n voltydse kunstenaar te word.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85811\/oudleerlinge-pretoria-aangeval-en-beroof\/\" target=\"_blank\">Oudleerlinge in Pretoria aangeval en beroof<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&#8220;Ek het &#8216;n kans gevat. Ek het gedroom om &#8216;n lewe te volg wat my sal inspireer soos ek dit leef. In 2013 het ek my tersi\u00eare studies begin en tydens vakansies geverf. My fassinasie en ontsag vir die w\u00eareld wat aan die einde van my verfkwas oopgemaak het, het elke keer meer oorweldigend geword toe ek die verfdoek voel en die verf ruik. Dit was lekker. Dit was nie lank voor ek besluit het om my studies te be\u00ebindig en op &#8216;n avontuur te gaan nie. Di\u00e9 besluit en die implikasies daarvan het my bang gemaak en uitgedaag, maar dit het my ook hoop gegee. En so het alles begin.&#8221;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Demi-Leigh_Nel-Peters\" target=\"_blank\">Demi-Leigh Nel-Peters<\/a>, &#8216;n Suid-Afrikaanse model en skoonheidskompetisie-titelhouer, wat gekroon is as Mej. Heelal 2017, het ook vir De Jager gevra om &#8216;n skildery van haar te maak. Nel-Peters het di\u00e9 kunswerk op Instagram gedeel wat baie reaksie ontlok het.<\/p>\n<p>De Jager s\u00ea dat sy dit verkies om mense te verf omdat mense haar boei en fassineer. &#8220;Ek is mal oor mense &#8211; nog meer as oor kuns. Ek dink daar l\u00ea in mense vasgevang genoeg inspirasie om engie kunsvorm te dryf. Elkeen met &#8216;n eie verlede, eie storie op hulle gesigte geskryf. Almal wat ek verf het stories en leefoomblikke wat ek graag sal vertel. Ons land bars uit sy nate van pragtige gesigte en plekke, en ek kan my nie voorstel dat &#8216;n loopbaan meer opwindend is as die geheuehouer van hierdie nie.&#8221;<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85804\/saam-geswoeg-saam-gesterf\/\" target=\"_blank\">Saam geswoeg &#8211; saam gesterf<\/a><\/strong><\/p>\n<p>De Jager het reeds &#8216;n aantal suksesvolle solo-uitstallings in Suid-Afrika gehad en haar kunswerke is in verskeie kunsgallerye in Suid-Afrika beskikbaar.<\/p>\n<p>De Jager se kunswerke word tans in <a href=\"http:\/\/www.grootbosfoundation.org\/\" target=\"_blank\">Grootbos<\/a> in die Wes Kaap en in <a href=\"https:\/\/www.showroomart.co.za\/\" target=\"_blank\">Showroom<\/a> in Pretoria op &#8216;n permanente basis uitgestal. Haar kuns is ook by meeste van die feeste te siene, soos <a href=\"http:\/\/www.reedexpoafrica.co.za\/decorex\/the-artist-gallery\/\" target=\"_blank\">Decorex<\/a>, <a href=\"http:\/\/kknk.co.za\/\" target=\"_blank\">KKNK<\/a>, <a href=\"http:\/\/theharvestfestival.co.za\/\" target=\"_blank\">Oesfees<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.vrystaatkunstefees.co.za\/en\/home\/\" target=\"_blank\">Vryfees<\/a>.<\/p>\n<p>De Jager is deur &#8216;n die kunskenner en -liefhebber Andreas Bernard van <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Osnabr%C3%BCck\" target=\"_blank\">Osnabr\u00fcck<\/a> genooi nadat hy haar kunswerke by &#8216;n uitstalling in Grootbos by Gansbaai gesien het.<\/p>\n<p>Sy is tans in Duitsland vir di\u00e9 uitstalling by die <a href=\"https:\/\/www.booking.com\/searchresults.en-gb.html?aid=311984;label=romantik-walhalla-wTf%2AqzI7nFEsIGdBXGy_NQS86540833485%3Apl%3Ata%3Ap1%3Ap2%3Aac%3Aap1t1%3Aneg%3Afi%3Atikwd-6111922009%3Alp1028684%3Ali%3Adec%3Adm;sid=390c073394c37e202eb4a64c869bbc18;city=-1840017;expand_sb=1;highlighted_hotels=46610;hlrd=no_dates;keep_landing=1;redirected=1;source=hotel&amp;gclid=CjwKCAjwo_HdBRBjEiwAiPPXpEwXPj-k0ylINmzsA78TEfjhtfYPXoLNMpPKa0Y-mjIDVWXo_Zs8RBoCHSsQAvD_BwE&amp;\" target=\"_blank\">Romantik Hotel Walhalla<\/a>. Gedurende die openingsaand op 24 September, is 20 van haar kunswerke uitgestal, waarvan daar drie dieselfde aand verkoop is.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85790\/selfmoord-daar-hulp\/\" target=\"_blank\">Selfmoord: Daar is hulp!<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&#8220;Ek is oorweldig en ongelooflik nederig deur die ondersteuning wat ek in Duitsland beleef, &#8216;n plaaslike koerant het met my &#8216;n onderhoud gevoer en ek kan nie die reaksie glo wat my kunswerke kry nie,&#8221; s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Hierdie uitstalling sal dan ook tot die einde van die jaar in <a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Osnabr%C3%BCck\" target=\"_blank\">Osnabr\u00fcck<\/a> in Duitsland te sien wees.<\/p>\n<p>Sy laat die volgende woorde aan kunstenaars: &#8220;Ek dink of dit nou kuns is of nie, as mens bereid is om jou lewe vir iets te gee sonder die belofte dat dit vir jou roem of geld gaan inhou, dan is dit &#8216;n goeie belegging. As iets jou hart aangryp kan jy dit nie deel sonder om stukkies van jouself te deel nie, en mense vind aanklank daarby &#8211; by die outentieke uitnodiging om menswees saam te ontdek.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85453\/dorp-neem-afskeid-van-geliefde-polisievrou-2\/\" target=\"_blank\">Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85357\/kanonkop-matrieks-groet-2\/\" target=\"_blank\">Kanonkop matrieks groet<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85327\/ouma-lus-en-vaar-die-strate\/\" target=\"_blank\">Ouma is lus en vaar die strate in<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85318\/video-karien-pure-goud\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Karien is pure goud<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Marisa de Jager (n\u00e9\u00e9 Coetzer), een van Suid-Afrika se belowende kunstenaars, is in Duitsland vir &#8216;n kunsuitstalling.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":85834,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[14076,14072,10367,1215,14070,14071,14075,14073,10450,10366,14074],"class_list":["post-85833","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-belowende-kunstenaar-bly-in-groblersdal","tag-belowende-kunstenaar-in-duitsland","tag-betroubare-nuus","tag-groblersdal","tag-kuns","tag-kunstenaar","tag-kunstenaar-van-groblersdal-stal-in-duitsland-uit","tag-marisa-de-jager","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-suid-afrikaanse-kunstenaars"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Belowende kunstenaar bly in Groblersdal","belowende kunstenaar in Duitsland","betroubare nuus","Groblersdal","kuns","kunstenaar","Kunstenaar van groblersdal stal in Duitsland uit","Marisa De Jager","middelburg nuus","plaaslike nuus","Suid Afrikaanse kunstenaars"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=85833"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85833\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/85834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=85833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=85833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=85833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}