{"id":85278,"date":"2018-09-21T09:43:58","date_gmt":"2018-09-21T07:43:58","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=85278"},"modified":"2018-09-25T14:40:37","modified_gmt":"2018-09-25T12:40:37","slug":"storm-oor-selfmoord-ons-antwoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/09\/21\/storm-oor-selfmoord-ons-antwoord\/","title":{"rendered":"Storm oor selfmoord &#8211; ons antwoord"},"content":{"rendered":"<p>Die meeste sosiale media gebruikers is nie bewus waaroor Smit se kritiek gegaan het nie en daarom stel ons graag die feite.<\/p>\n<p>\u2022 Twee inwoners het op een dag hulle eie lewe geneem.<\/p>\n<p>\u2022 Dit was die voorblad berig in die Dinsdag uitgawe van die Middelburg Observer &#8211; sien foto.<\/p>\n<p>\u2022 Die koerant se mees ervare joernalis, Daleen Naude, het met die naasbestaandes van Riaan Botha gepraat wat vir haar inligting oor sy selfmoord gegee het. Sy het ook met me. Robbertson gepraat ten aanhore van ander joernaliste wat getuig dat sy die oproep op uiters sensitiewe en menslike wyse hanteer het.<\/p>\n<p>In \u2019n verklaring s\u00ea me. Naude die volgende:<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>Ek het Maandagoggend me. Cheryl Robbertson gebel nadat ons verneem het van die selfmoord van haar man, Robbie Robertson.<\/p>\n<p>Ek het dadelik my innige simpatie aan haar oorgedra, waarin sy dankie ges\u00ea het.<\/p>\n<p>Ek het myself ge\u00efdentifiseer as joernalis van die Middelburg Observer en haar gevra vir \u2019n mooi foto van haar man.<\/p>\n<p>Ek het simpatiek uitgevra oor die aangeleentheid en sy het vir my ges\u00ea dat sy net met my sal praat as ek ni\u00e9 in die koerant s\u00ea dat haar man selfmoord gepleeg het nie.<\/p>\n<p>My woorde aan haar was, \u201cI am so sorry, I can not promise you that. I can\u2019t lie.\u201d Ek het haar die hele tyd met respek hanteer en aanmekaar simpatiek teenoor haar opgetree.<\/p>\n<p>Nie een oomblik het ek my stem verhef teenoor haar nie. My kollegas in die kantoor kan daaroor getuig.<\/p>\n<p>*Ek het self twee keer in my direkte gesin (my skoonpa en my peetkind) aan selfmoord afgestaan en het die grootste simpatie en empatie met mense wat familielede aan selfmoord afstaan.<\/p>\n<p>Met my skoonpa se selfmoord 20 jaar gelede wou ons ook nie h\u00ea dat die koerant \u2019n storie daaroor moes doen nie, maar later was ek dankbaar, want toe het al die vrae en direkte beskuldigings opgehou.<\/p>\n<p>Met my peetkind, Graham Walsh (18), se selfmood in 2008, het my suster my gevra ek moet self die berig skryf en ek het. Dit was die swaarste berig wat ek ooit moes skryf, want hy was vir my soos \u2019n eie kind (elke dag in my huis), maar my suster het ook ges\u00ea na die berig het almal se vrae opgehou.<\/p>\n<p>*Met mnr. Harry Hettema se selfmoord het die familie ook ges\u00ea dat hy ernstig siek was en daarom homself geskiet het. Dit was vir hulle \u2019n geweldige skok, maar ook ges\u00ea dat hy baie swaar gekry het en dat hulle verstaan dat hy dit gedoen het.<\/p>\n<p>Na sy berig het hulle my gekontak en dankie ges\u00ea vir die manier waarop ek die berig geskryf het.<\/p>\n<p>*In \u2019n nou gemeenskap waar skinderstories altyd die w\u00eareld vol is na selfmoorde, het ek in my 30 jaar as joernalis in 99% van die gevalle toe ek daaroor geskryf het, na die tyd \u2019n dankie van die familie gekry.<\/p>\n<p>Nie net omdat die vrae opgehou het nie, maar omdat ons altyd met \u2019n simpatieke oor en pen daaroor geskryf het.<\/p><\/blockquote>\n<p>Ons het hulle die geleentheid gebied om die dood \u201csagter te maak\u201d met \u2019n omgee-berig.<\/p>\n<p>Dit is jammer mense het hulle gewend na skeltaal en vernederende opmerkings na Smit se plasing.<\/p>\n<p>Ons simpatie gaan uit na die Robbertson gesin en ons vertrou dat hulle tog vrede sal vind in hierdie moeilike omstandighede.<\/p>\n<p>Redakteur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die afgelope week is die Middelburg Observer wyd in sosiale media bespreek oor \u2019n plasing van ene Skye Smit nadat haar pa, mnr. Robbie Robbertson, sy eie lewe geneem het.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":85279,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Middelburg Observer","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[13691,13690,1107,10366,1751,13689],"class_list":["post-85278","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-doodsberig","tag-hoekom-selfmoord","tag-middelburg-observer","tag-plaaslike-nuus","tag-selfmoord","tag-skye-smit"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["doodsberig","hoekom selfmoord","Middelburg Observer","plaaslike nuus","Selfmoord","skye smit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85278","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=85278"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85278\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/85279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=85278"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=85278"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=85278"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}