{"id":84183,"date":"2018-08-29T09:32:13","date_gmt":"2018-08-29T07:32:13","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=84183"},"modified":"2018-08-30T07:51:38","modified_gmt":"2018-08-30T05:51:38","slug":"plaasaanval-slagoffer-huil-bloed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/08\/29\/plaasaanval-slagoffer-huil-bloed\/","title":{"rendered":"Plaasaanval slagoffer &#8216;huil bloed&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>\u201cSy lyk erg. Haar ou traantjies is ene bloed, nie skoon traanwater nie, maar bloed wat uitloop. Haar ogies potblou geslaan en dik geswel, bloedrooi binne.\u201d<br \/>\nSo vertel \u2019n vrou wat Gina Otto in die Life Midmed Hospitaal gaan besoek het.<\/p>\n<p>Haar boodskap onder die opskrif \u201cervaring van \u2019n plaasaanval\u201d word wyd op sosiale media versprei.<br \/>\n\u201cSy was alleen en ek, my vriendin en sussie het dit goed gedink om te gaan hoor of daar enige iets is wat ons vir haar kan koop omdat sy nie van Middelburg af is nie.<br \/>\n\u201cHaar keel is rou binne want die een het bo-op haar gesit en haar gewurg.\u201d<\/p>\n<p>https:\/\/mobserver.co.za\/84155\/plaasaanval-aanvallers-dreig-jy-moenie-weer-terug-plaas-toe-nie\/<\/p>\n<p>Die plasing brei dan uit oor hoe die aanval plaasgevind het.<br \/>\n\u201cDie twee tannies het vreeslik gebid en die bloed van Jesus oor hulle gepleit. Sy s\u00ea sy het gehoor hoe tannie Moeka haar laaste asem uitblaas. Sy het gevra \u2018hoekom Here\u2019 en toe vir ons vertel dat sy nou vir haarself moet baklei want tannie Moeka is doodgeslaan.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/84113\/opvolg-plaasaanval-vroue-met-sambokke-geslaan\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Plaasaanval &#8211; Vroue met sambokke geslaan<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Daar word vertel dat die een aanvaller \u201chet \u2019n band om tannie Gina se o\u00eb gebind, sy s\u00ea dit was die seerste seer want dit het gevoel of haar o\u00eb agter in haar kop inval so styf het hy die band gemaak, met die het die tannie bly bid, later in tale gebid dat die man s\u00ea sy moet stilbly en toe gaan sit hy bo-op haar en begin haar wurg. Sy s\u00ea sy het gevoel sy gaan dood, sy het gedink dis nou hier waar sy haar laaste asem gaan uitblaas, maar toe baklei sy terug en kon sy sy hande van haar nek afkry.<\/p>\n<p>\u201cSo verduidelik die tannie vir ons dat sy kalm geraak het maar steeds bly bid het. Toe vra die man vir meer geld, sy maak toe of sy deurmekaar geslaan is. Sy s\u00ea toe vir hulle hoe moet ek onthou waar is die geld, kyk hoe het julle my dan geslaan. Ek is oud, ek kan nie onthou nie. Sy vra hom toe wat is daai daar agter jou, die man draai om en kyk, hy antwoord dat daar niks agter hom is nie, sy s\u00ea toe kyk weer, daar staan \u2019n engel agter jou.<\/p>\n<p>https:\/\/mobserver.co.za\/84106\/video-beide-plaasaanval-slagoffers-nou-hospitaal\/<\/p>\n<p>\u201cWeereens s\u00ea sy maar ek kan nie onthou waar het ek die ander geld gesit het nie, kyk hoe is ek geslaan, ons sal nou moet bid sodat ek kan onthou. So staan sy en die twee aanvallers voor haar en sy begin bid. Klaar gebid vra sy vir die man het hulle saam gebid, albei s\u00ea ja hulle het gebid, so s\u00ea sy maar sy kan steeds nie onthou waar is die geld nie, hulle moet weer bid en hulle bid weer. Die een raak toe ongeduldig en gaan haal haar strykyster en s\u00ea toe vir haar dat as sy nie nou die geld gaan haal nie, gaan hulle die yster warm maak en haar begin brand.\u201d<br \/>\nVolgens die hospitaal besoeker het me. Otto nog geld gaan haal waarmee die aanvallers tevrede was.<\/p>\n<p>Die mans het vir hulle gaan koffie maak, me. Moeka Gravina in die sitkamermat opgerol en die bloed van die vloere afgewas.<br \/>\nAbei die vroue is in \u2019n kar geboender.<\/p>\n<p><strong>Opvolg: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/84103\/opvolg-plaasaanval-vermisde-vrou-lewend-gevind\/\" target=\"_blank\">Plaasaanval &#8211; vermisde vrou lewend gevind<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u201cDie tannie sien toe deur die sloop oor haar kop dat hulle die afdraai Lydenburg toe vat. \u2019n Ent verder stop die kar en sy voel hulle trek tannie Moeka onder die mat uit en gooi haar uit die kar. Sy begin weer bid en vra die Here wat nou, Hy moet haar help want sy is sekerlik volgende, hulle gaan haar nou doodmaak. \u2019n Paar kilometer verder stop hulle en gooi haar by \u2019n bultjie af. Sy s\u00ea die gras was gebrand en dit was so seer toe sy daar afrol oor die hargebrande gras en sy kan nie keer nie, want haar hande en voete is vasgebind met die sloop nog oor haar kop getrek.<\/p>\n<p>\u201cSo l\u00ea sy \u2019n rukkie en vra die Here hoekom het dit gebeur. Sy bid dan elke aand vir Sy beskerming oor haar, haar huis en die diere, hoekom laat Hy dit dan nou gebeur. Terwyl sy sukkel om haar hande los te wikkel en toe haar voete los maak, besef sy maar die Here het haar beskerm. Sy lewe nog<\/p>\n<p>https:\/\/mobserver.co.za\/84100\/plaasaanval-vroue-gemartel-een-steeds-vermis\/<\/p>\n<p>Me. Otto het vas geglo haar vriendin is doodgemaak.<br \/>\n\u201cMet \u2019n wonderwerk en genade van Bo het hulle tannie Moeka lewend gekry.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/84133\/video-n-middie-vyf-koedoekoppe\/\" target=\"_blank\">VIDEO: \u2018n Middie vyf by Koedoekoppe!<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/84008\/die-kanon-kanonkop\/\" target=\"_blank\">Die \u2018Konon\u2019 in Kanonkop<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/84005\/video-dennesig-van-kleinbegin-na-spogskool-soos-min\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Dennesig \u2013 van Kleinbegin na spogskool soos min<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van die bejaarde vroue wat tydens \u2019n plaasaanval onder andere met sambokke geslaan is, \u201chuil bloed\u201d.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":84184,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10451,13225,10450,13223,6126,13153,13229,13155,13158],"class_list":["post-84183","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuusbron","tag-gemeenskaps-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-nuusbron","tag-plaasaanval","tag-plaasaanval-op-roossenekal","tag-plaasaanval-slagoffer-huil-bloed","tag-roosenekal-vroue-gemartel","tag-twee-vroue-gemartel-tydens-plaasaanval"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuusbron","gemeenskaps nuus","middelburg nuus","middelburg nuusbron","plaasaanval","Plaasaanval op Roossenekal","plaasaanval slagoffer huil bloed","Roosenekal vroue gemartel","twee vroue gemartel tydens plaasaanval"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84183"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84183\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84184"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}