{"id":83977,"date":"2018-08-22T07:36:03","date_gmt":"2018-08-22T05:36:03","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=83977"},"modified":"2018-08-23T08:22:47","modified_gmt":"2018-08-23T06:22:47","slug":"plaasaanval-hoer-hand-beskerm-man","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/08\/22\/plaasaanval-hoer-hand-beskerm-man\/","title":{"rendered":"Plaasaanval: Ho\u00ebr hand beskerm man"},"content":{"rendered":"<p>So word die aanval beskryf wat die naweek naby Loskopdam plaasgevind het.<\/p>\n<p>Die aanvallers moes deeglik beplan het, voordat hulle op die uiters beskutte lodge toegeslaan het.<br \/>\nDie terrein is van so aard dat dit nie maklik bereik kan word nie.<\/p>\n<p>Die egpaar wat aangeval is, is erg getraumatiseerd en wou nie die lodge se ligging of hulle name bekend maak nie. Kennisse het egter ges\u00ea &#8220;&#8216;n Ho\u00ebr Hand het hulle van &#8216;n gewisse dood gered.&#8221;<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/75652\/pa-skiet-gesin-uit-gevaar-tydens-plaasaanval\/\" target=\"_blank\">Pa &#8216;skiet&#8217; gesin uit gevaar tydens plaasaanval<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die voorval, wat as \u2019n mislukte plaasaanval beskou word, het net na middernag, plaasgevind.<\/p>\n<p>Die eienaar het uit die huis gegaan om ondersoek in te stel nadat sy honde geblaf het. Hy was nog besig om met die trappe af te stap, toe &#8216;n skut vanuit die donker op hom losgebrand het.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat die aanvallers senuagtig was, omdat hulle te vroeg begin skiet het, het &#8216;n bron aan\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\"><b>www.mobserver.co.za<\/b><\/a>\u00a0vertel. Dit het die man se lewe waarskynlik gered en hy kon terug in die huis in vlug.<\/p>\n<p>Minstens agt skote is op hom gevuur, almal het gemis.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79651\/plaasanval-naby-marble-hall\/\" target=\"_blank\">Plaas aanval naby Marble Hall<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die man se vrou kon vanuit die huis alarm maak en inwoners van buurplase het hul na die toneel gehaas. Met hulle aankoms was die aanvallers skoonveld. Weens die bergagtige omgewing was dit ook nie moontlik om spore te kry nie.<\/p>\n<p>Daar is later op &#8216;n vuurwapen afgekom wat vermoedelik inderhaas deur die aanvallers agtergelaat is. Die vuurwapen het die aanvallers se wegkruipplek, onder &#8216;n houtdek, weggegee.<br \/>\n&#8220;As hulle net &#8216;n bietjie langer gewag het, kon hulle hom morsdood geskiet het. Maar hulle was te haastig. Dit was &#8216;n Ho\u00ebr Hand wat sy lewe gered het,&#8221; het een van die persone wat op die toneel was ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle is vol lof vir die polisie, wat blitsvinnig op die toneel was. Die forensiese eenheid het die toneel gefynkam vir leidrade.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/70423\/plaasaanval-boer-dood-voor-helikopter-hom-kan-oppik\/\" target=\"_blank\">Plaasaanval: Boer dood voor helikopter hom kan oppik<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die motief vir die aanval is onduidelik. Dit was beslis nie roof nie. Gaste wat die naweek op die plaas was, het skaars 50 meter van die hoofhuis af, nog gekuier toe die skietery plaasgevind het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83558\/pa-ondersoek-na-brand-huis-verwoes\/\" target=\"_blank\">Pa onderskoek na brand huis verwoes<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83716\/hondjie-draadhok-aangehou\/\" target=\"_blank\">Hondjie in draadhok aangehou<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\">\n<div class=\"clearfix\"><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83725\/blondekop-wou-glo-man-laat-vermoor\/\" target=\"_blank\">Blondekop wou glo man laat vermoor<\/a><\/strong><\/div>\n<\/div>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83728\/dertig-jaar-tronk-toe-oor-dwelms\/\" target=\"_blank\">30 jaar in oorsese tronk vir dwelms<\/a><\/strong><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hulle het gekom om te moor!<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":66989,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[8666,13082,6395,6126,13083,13081,13084],"class_list":["post-83977","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-bid-teen-plaasaanvalle","tag-boer-word-op-geskiet","tag-farm-attacks","tag-plaasaanval","tag-plaasaanval-by-lodge","tag-plaasaanval-op-loskop","tag-plaaseienaar-word-op-geskiet"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["bid teen plaasaanvalle","Boer word op geskiet","farm attacks","plaasaanval","Plaasaanval by lodge","Plaasaanval op Loskop","Plaaseienaar word op geskiet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=83977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83977\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/66989"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=83977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=83977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=83977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}