{"id":83860,"date":"2018-08-16T11:47:58","date_gmt":"2018-08-16T09:47:58","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=83860"},"modified":"2018-08-20T12:48:13","modified_gmt":"2018-08-20T10:48:13","slug":"gesin-deur-taakmag-oorval-siviele-eis-faal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/08\/16\/gesin-deur-taakmag-oorval-siviele-eis-faal\/","title":{"rendered":"Gesin deur taakmag oorval &#8211; Siviele eis faal"},"content":{"rendered":"<p>Neil de Lange het in September 2017 aan<b>\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\">www.mobserver.co.za<\/a>\u00a0<\/b>vertel hoe gewapende mans geklee in kamoefleerdrag en balaclavas, hulle 05:35 een oggend in hul huis in Kanonkop oorval het. Hy het aanvanklik gedink hulle is die slagoffers van \u2019n gewapende roof.<\/p>\n<p>Die polisie het destyds gesoek na die vermisde Neline van Zyl (toe 13) nadat sy uit Middelburg verdwyn het. Verkeerde inligting het hulle na die De Langes se huis gelei.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/34618\/bjsep45-15\/\" target=\"_blank\">Update: The search for Neline<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. De Lange was in die badkamer besig om te skeer, sy kinders (toe 11 en 13) het nog geslaap en sy vrou het buite wasgoed opgehang. Vier gewapende mans het die huis binne gestorm en begin deursoek. Mnr. De Lange is in die gang beveel om te l\u00ea.<\/p>\n<p>Mnr. De Lange het vertel hoe hy \u2019n vuurwapen se loop in sy rug kon voel terwyl hy hulpeloos moes toekyk hoe gewapende mans sy kinders se kamers instorm. Sy jongste seun se duvet is van hom afgeruk, terwyl hy slaap en hy is deur \u2019n gemaskerde man met \u2019n vuurwapen begroet toe hy sy o\u00eb oopmaak.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/35150\/neline-praat-oor-verdwyning\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Neline praat oor verdwyning<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Nadat die taakmag, sowel as \u2019n span speurders die De Langes se huis deursoek het, het hulle met bitter min verduideliking weer net so vinnig verdwyn soos wat hulle gekom het.<br \/>\n\u201cHulle het ges\u00ea hulle soek na \u2019n meisie wat weg is. Toe ek vra oor al die skade in die huis het hulle ges\u00ea ek moet \u2019n siviele eis insit,\u201d het mnr. De Lange ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die siviele eis is hierdie week gedeeltelik afgekeur omdat dit aan die lig gekom het dat <a href=\"https:\/\/www.outsurance.co.za\/insurance-quote\/personal\/?source=googleppcout&amp;kw=outsurance&amp;gclid=EAIaIQobChMIlJfSl6Xx3AIVRbvtCh2d8AM5EAAYASAAEgKFMfD_BwE\" target=\"_blank\">OUTsurance<\/a> reeds \u2019n eis teen die polisie gewen het vir die skade. Die De Lange egpaar se eis is afgekeur maar hul kinders se saak gaan voort.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/34533\/opvolg-neline-gekry\/\" target=\"_blank\">Nuusflits: Neline gekry!<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. De Lange s\u00ea egter dat hulle nie agter skadevergoeding vir die skade aan die huis is nie, maar eerder vir die trauma waar deur die gesin is.<br \/>\n\u201cHulle het my in my huis kom oorval. Ons almal was getraumatiseerd. My jongste kind is steeds onrustig en weier om alleen by die huis te bly.\u201d<\/p>\n<p>Daar was ook skade, soos mnr. De Lange se bril wat gebreek het, en die kinders se besoek aan \u2019n sielkundige wat derduisende rande beloop, waarvoor hulle nooit vergoed is nie. Mnr. De Lange s\u00ea dat hy nie geld het vir \u2019n advokaat nie maar \u2019n plan gaan maak omdat hy voel dat die polisie nie kan weg kom met wat hulle gedoen het nie.<\/p>\n<p>\u201cDie feit dat <a href=\"https:\/\/www.outsurance.co.za\/insurance-quote\/personal\/?source=googleppcout&amp;kw=outsurance&amp;gclid=EAIaIQobChMIlJfSl6Xx3AIVRbvtCh2d8AM5EAAYASAAEgKFMfD_BwE\" target=\"_blank\">OUTsurance<\/a> gewen het, wys dat ons \u2019n saak het. Ons het gedink ons het al ons\u00a0<i>ducks in a row<\/i>\u00a0vir die hofsaak. Maar dis lyk my hoe die regstelsel werk, iemand slims kom en steek \u2019n\u00a0<i>spanner<\/i>\u00a0in die wiel en gooi die hele appelkar om.\u201d<\/p>\n<p>Sy kinders se saak gaan in November voort. Die polisie gaan eers hul eie sielkundige aanstel om met die kinders te praat.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83558\/pa-ondersoek-na-brand-huis-verwoes\/\" target=\"_blank\">Pa onderskoek na brand huis verwoes<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83716\/hondjie-draadhok-aangehou\/\" target=\"_blank\">Hondjie in draadhok aangehou<\/a><\/strong><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\">\n<div class=\"clearfix\"><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83725\/blondekop-wou-glo-man-laat-vermoor\/\" target=\"_blank\">Blondekop wou glo man laat vermoor<\/a><\/strong><\/div>\n<\/div>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/83728\/dertig-jaar-tronk-toe-oor-dwelms\/\" target=\"_blank\">30 jaar in oorsese tronk vir dwelms<\/a><\/strong><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Man en sy gesin, wat drie jaar gelede onskuldig deur die polisie se taakmag in hul huis oorval is, se siviele eis is gedeeltelik van die hand gewys op \u2019n tegniese punt. <\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":83861,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[13015,13013,5584,13014,13016],"class_list":["post-83860","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-de-lange-gesin-deur-taakmag-oorval","tag-gesin-deur-taakmag-oorval","tag-neline-van-zyl","tag-siviele-eis-faal","tag-vermiste-neline-van-zyl"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["De Lange gesin deur taakmag oorval","gesin deur taakmag oorval","Neline van Zyl","Siviele eis faal","Vermiste Neline van Zyl"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83860","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=83860"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83860\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/83861"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=83860"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=83860"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=83860"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}