{"id":82952,"date":"2018-07-15T09:00:09","date_gmt":"2018-07-15T07:00:09","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=82952"},"modified":"2018-07-16T08:30:36","modified_gmt":"2018-07-16T06:30:36","slug":"kaptein-booyse-die-kroek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/07\/15\/kaptein-booyse-die-kroek\/","title":{"rendered":"Kaptein Booyse die kroek"},"content":{"rendered":"<p>Die boer, wat nie sy naam genoem wou h\u00ea nie, s\u00ea dat daar ses verse by hom gesteel is. Hy moes die voorval by die Zaaiplaas Polisiestasie aanmeld.<br \/>\nDie boer en sy gesin was nie tuis nie en het die saak telefonies aangemeld.<\/p>\n<p>Kort nadat die saak die oggend aangemeld is, het die Zaaiplaas Polisie, om en by 11:00, gebel om die beeswagter se verklaring af te neem. Teen 15:00 is die boer deur \u2019n \u201ckaptein Carel Booyse\u201d van die polisie se veediefstaleenheid in Marble Hall gekontak.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81525\/skokwending-in-boer-se-arrestasie\/\" target=\"_blank\">&#8216;Net gou&#8217; selle toe vir twee aande &#8211; skokwending in boer se arrestasie<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u201cEk het nogal vir hom ges\u00ea dat dit die eerste keer is wat ek van hom hoor. Ons werk gereeld met veediefstal se lede so ons ken meeste van die lede wat daar werk. Hy het ges\u00ea dat hy net vir \u2019n rukkie uithelp,\u201d vertel die boer.<\/p>\n<p>Buiten vir die boer se kontak besonderhede, het kapt. Booyse ook kennis gehad van waar en hoeveel beeste gesteel is. Die boer was glad nie agterdogtig nie.<br \/>\nKapt. Booyse het telkemale gebel om seker te maak oor die gesteelde beeste se brandmerk en beskrywing. Op \u2019n stadium het hy aan die boer ges\u00ea dat hy sy beeste by \u2019n skut teen die Botswana grens opgespoor het. Die toestande waaronder die beeste aangehou is was haglik en die diere moes so gou moontlik verwyder word.<br \/>\n\u201cJy is so desperaat om jou beeste terug te kry. Ek was in ekstase toe ek die nuus kry,\u201d vertel die boer.<\/p>\n<p>Hy was van plan om met \u2019n waentjie na die grenspos te ry, om sy beeste te gaan oplaai. Die kaptein met wie hy toe al telke male oor die foon gepraat het, het egter ges\u00ea dat hy sal re\u00ebl dat die beeste saam met een van die trokke gestuur word. Hy sou persoonlik die trok vergesel om seker te maak dat die diere veilig op Stoffberg aankom.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82941\/twee-sterf-op-n4\/\" target=\"_blank\">Twee sterf op N4<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>\u201cOns het soos swape die laaibank opgestel sodat die beeste in die nag afgelaai kon word.\u201d<br \/>\nDie boer is later deur \u2019n ander man gebel wat ges\u00ea het dat hy die trok bestuur. Hy het R2 000 gevra vir brandstof en tolgeld.<br \/>\n\u201cOmdat ek self baie met die trok ry, het die bedrag heel billik geklink.\u201d<\/p>\n<p>Hy is verduidelik hoe om die geld oor te betaal, sodat dit by enige Spar getrek kon word.<br \/>\n\u201cEk het niks vermoed nie. As jy sy oproep gemis het en jy bel terug het hy geantwoord of het \u2019n konstabel geantwoord, wat ges\u00ea het dat hy die foon vir die kaptein sou gee, dan praat jy met hom,\u201d s\u00ea die boer.<\/p>\n<p>Nadat hy die geld oorbetaal het, het hy nooit weer iets van kapt. Booyse of die trokbestuurder gehoor nie.<br \/>\n\u201cEk het toe besef dat ek ingedoen is. Ander boere moet wakker wees, want hierdie ou is seepglad,\u201d s\u00ea die boer.<br \/>\nDaar word vermoed dat die swendelaar toegang het tot vertroulike inligting omdat hy sekere dinge geweet het wat net op die dossier staan.<br \/>\n\u201cHy het iemand by die polisie wat hom met inligting voer.\u201d<br \/>\nDaar is later bevestig dat daar nie \u2019n kaptein Booyse by Marble Hall se veediefstaleenheid is nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82900\/straatrowers-bedrywig-poskantoor\/\" target=\"_blank\">Straat rowers bedrywig by Poskantoor<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022 Die Middelburg veediefstaleenheid het aan die begin van die jaar gewaarsku oor \u2019n soortgelyke slenter. Talle boere is deur \u2019n kapt. Vilakazi gebel en ingelig dat hul gesteelde beeste teruggekry is. Hulle moes dan geld oorbetaal sodat hy \u2019n waentjie kon huur om daar en dan die beeste te laai en aan hul terug te besorg.<\/p>\n<p>\u2022 Die polisie se provinsiale woordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het Woensdag slagoffers van misdaad gewaarsku teen kansvatters. Dit nadat klaers in veral diefstalsake gekontak word deur mense wat hulle as polisielede voordoen. Hulle word ingelig dat hul gesteelde goedere of voertuie teruggevind is maar dat die proses om dit aan die eienaars terug te gee, tydsaam kan wees. Eienaars word dan aangeraai om \u2019n bedrag geld te betaal om die proses te systap. Sodra die boewe hul geld het, verdwyn hulle soos mis voor die son.<\/p>\n<p>Die provinsiale polisie kommissaris, lt. genl. Mondli Zuma s\u00ea dat die polisie se dienste gratis is en dat die publiek nooit versoek sal word om geld te betaal om kriminele sake op te los of gesteelde goedere terug te besorg nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82837\/video-gys-groet-na-26-jaar\/\" target=\"_blank\">VIDEO: Gys groet na 26 jaar<\/a><\/p>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\">\n<div class=\"clearfix\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82882\/donkie-tref-marble-hall-burgermeester-se-audi\/\" target=\"_blank\">Donkie tref Marble Hall burgemeester se Audi<\/a><\/div>\n<\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\">\n<div class=\"clearfix\"><\/div>\n<div class=\"clearfix\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82864\/dit-jou-familiefotos\/\" target=\"_blank\">Is dit jou familiefoto\u2019s?<\/a><\/div>\n<\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/82876\/nigerian-assassinated-front-house\/\" target=\"_blank\">Nigerian assassinated in front of house<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\">Kry ons nuusbrief<\/div>\n<div id=\"twenty_seventeen_advert_slider\"><\/div>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2018n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2018n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Boer uit die Stoffbergomgewing is uit R2 000 bedrieg deur \u2019n man wat hom as polisie kaptein voorgedoen het.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":71021,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[12374,12372,9394,12373],"class_list":["post-82952","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-kapt-booyse","tag-marble-hall-veediefstaleenheid","tag-veediefstal","tag-veediefstal-in-marble-hall"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Kapt Booyse","Marble Hall veediefstaleenheid","veediefstal","veediefstal in Marble Hall"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82952"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82952\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71021"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=82952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=82952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}