{"id":8254,"date":"2014-04-03T13:33:48","date_gmt":"2014-04-03T11:33:48","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=8254"},"modified":"2014-04-07T14:57:12","modified_gmt":"2014-04-07T12:57:12","slug":"kobus-se-boodskap-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/04\/03\/kobus-se-boodskap-2\/","title":{"rendered":"Kobus se boodskap"},"content":{"rendered":"<p>Wat ek nie sou gee om saam met julle te kon kuier en goeie herinneringe met julle te kon deel nie?<\/p>\n<p>Ek het beide vir Middelburg en Witbank gespeel en een ding wat hul in gemeen gehad het was \u2019n heilige vrees en respek vir die manne van Belfast! Menige held het geval daar tussen die bome op \u2019n koue wintersdag.<\/p>\n<p>Die Middelburg &#8211; Witbank derbys het ook sy kwota slagoffers opgelewer en daarvan kan ek persoonlik getuig. In elk geval, die deel wat ek onthou.<\/p>\n<p>Ek koester my rugbydae en droom nou nog gereeld dat ek weer op die veld rond hardloop met n bal onder die arm. Lekker!<\/p>\n<p>Alhoewel ek vandag geestelik op \u2019n goeie plek is, was dit nie so drie en \u2019n half jaar gelede toe ek met Motor Neuron Siekte gediagnoseer is nie. Inteendeel, ek het baie onbeantwoorde vrae gehad en was verpletterd, dat ek nou \u2019n siekte moes kry waarvoor daar geen genesing is nie!<\/p>\n<p>Ek het onwillekeurig aan Jesus se woorde gedink in die gelykenis waar twee mense elkeen \u2019n huis gebou het.<\/p>\n<p>Een het op sand gebou en die ander op rots. Ons weet wat elke huis simboliseer, maar wat ons nie raaksien nie is dat die storms ook teen huis op die rots gewoed het, maar dat hy bly staan het!<\/p>\n<p>Ek is nie so spesiaal dat ek die storms gespaar sal bly nie. Tog het ek baie om voor dankbaar te wees, soos die moderne tegnologie wat dit moontlik maak om hierdie briefie aan julle te skryf.<\/p>\n<p>Die siekte sny motoriese kommunikasie tussen jou brein en die res van jou liggaam af, maar jou verstand en sintuie bly normaal. Jy raak dus stadig heeltemal verlam met die veskil dat jy ook nie kan praat nie!<\/p>\n<p>Wreed?<\/p>\n<p>Ek dink nie so nie, want ek ervaar geen pyn nie.<\/p>\n<p>Verdien ek dit?<\/p>\n<p>Nee, beslis nie! Ek verdien baie erger! My Redder het dit wat ek verdien in my plek verdra\u2026..onskuldig.<\/p>\n<p>Vriende, indien ek iets by julle mag los vanaand is dit om nie \u2019n t\u00e8 ho\u00eb premie op die aardse lewe te plaas nie, want dit maar \u2019n fraksie van waar jy die ewigheid gaan deurbring.<\/p>\n<p>Shalom tot ons weer ontmoet<\/p>\n<p>Kobus.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hallo my Maters,<br \/>\nWat sou ek nie wou gee om vanaand Ek koester my rugbydae en droom nou nog gereeld dat ek weer op die veld rond hardloop met \u2019n bal onder die arm. Lekker!<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":8334,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[509,2889,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-8254","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-note","category-letters","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8254","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8254"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8254\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8334"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8254"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8254"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8254"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}