{"id":81525,"date":"2018-05-29T00:00:00","date_gmt":"2018-05-28T22:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/81525\/skokwending-in-boer-se-arrestasie\/"},"modified":"2018-05-30T12:58:02","modified_gmt":"2018-05-30T10:58:02","slug":"skokwending-in-boer-se-arrestasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/05\/29\/skokwending-in-boer-se-arrestasie\/","title":{"rendered":"\u2018Net gou\u2019 selle toe vir twee aande &#8211; skokwending in boer se arrestasie"},"content":{"rendered":"<p>Donevan Janse van Rensburg (26) , wat die klaer in \u2019n veediefstalsaak is, is Saterdag by sy huis gearresteer nadat hy versuim het om die vyfde uitsteldatum vir sy hofsaak by te woon.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat twee lede van die <a href=\"https:\/\/www.saps.gov.za\/contacts\/stationdetails.php?sid=1017\" target=\"_blank\">Hendrina polisie<\/a> asook \u2019n groep van die Middelburg Veediefstal Eenheid, by sy huis opgedaag het. Dit nadat daar \u2019n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik is, omdat hy nie op 4 Mei in die hof verskyn het om in \u2019n veediefstalsaak te getuig nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/76197\/video-ses-aanvallers-bekruip-boer\/\" target=\"_blank\">VIDEO &#8211; Ses aanvallers bekruip boer<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Janse van Rensburg s\u00ea dat die polisie aan hom ges\u00ea het dat hy \u2018net gou\u2019 polisiestasie toe moet kom van waar hy dadelik borg sal kan betaal en terugkeer huis toe.<\/p>\n<p>Dit is egter algemene kennis, veral onder polisielede, dat iemand wat op \u2019n lasbrief wat deur die hof uitgereik is gearresteer word, eers voor \u2019n landdros moet verskyn om borg te verkry.<\/p>\n<p>Hy het met sy eie voertuig polisiestasie toe gery.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/75044\/jong-boer-ontduik-misdaad-statistiek-met-vinnige-optrede\/\" target=\"_blank\">Jong boer ontduik misdaadstatistiek met vinnige optrede<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Toe mnr. Janse van Rensburg by die <a href=\"https:\/\/www.saps.gov.za\/contacts\/stationdetailsm.php?sid=1024&amp;sname=Middelburg\">Middelburg Polisiestasie<\/a> opdaag, is hy summier in hegtenis geneem en verduidelik dat hy Saterdag en Sondag in die selle sal moet slaap om Maandag in die hof aansoek te doen vir borg.<\/p>\n<p>Mnr. Janse van Rensburg s\u00ea dat die veediefstalsaak uit \u2019n voorval in 2016 spruit waar hy, tesame met polisielede van Hendrina, skaapdiewe in <a href=\"http:\/\/www.mapstudio.co.za\/locationmap.php?loc=KwaZamokuhle\" target=\"_blank\">Kwazamokuhle<\/a> opgespoor en gearresteer het.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/71612\/vuur-lok-boer-uit-huis\/\" target=\"_blank\">Vuur lok boer uit huis<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die saak is tans op die hofrol in Middelburg vir verhoor.<\/p>\n<p>Met een van die hofdatums was die beskuldigdes se prokureur nie beskikbaar nie.<\/p>\n<p>Tydens die volgende uitstel is mnr. Janse van Rensburg ingelig dat hulle die saak na \u2019n ander landdros toe moet skuif.<\/p>\n<p><strong>Also read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/65583\/gr-dagga-boer-web\/\" target=\"_blank\">Local farmer in court for &#8216;dagga farm&#8217;<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Met die derde uitstel het die nuwe landdros die saak aangehoor en kon mnr. Janse van Rensburg nie getuig nie.<\/p>\n<p>Met die vierde uitstel het die beskuldigdes, wat op borg uit is, nie opgedaag nie.<\/p>\n<p>Die saak is toe uitgestel na 4 Mei. Mnr. Janse van Rensburg het egter vir die aanklaer ges\u00ea hy kan nie hof toe kom nie omdat hy besig was om te stroop.<\/p>\n<p>\u201cEk was toe al so moedeloos ek het ges\u00ea hulle moet sommer die saak terugtrek. Ek kan nie elke keer \u2019n dag in die hof mors nie,\u201d s\u00ea mnr. Janse van Rensburg.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/73050\/as-die-mielieprys-daal-wat-van-dagga\/\" target=\"_blank\">As die mielieprys daal, wat van dagga?<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat die polisie weet waar hy bly omdat hulle hom al vier keer op die plaas kom dagvaar het, en hy dus nie weet hoekom hulle hom nie anders genader het as om op \u2019n Saterdagaand daar op te daag om hom te arresteer nie.<\/p>\n<p>Hy weet glad nie waar die kamtige klag van poging tot roof, wat op die polisie se sisteem verskyn, vandaan kom nie.<\/p>\n<p>Die polisie het by \u2019n vorige navraag ges\u00ea dat mnr. Janse van Rensburg se arrestasie verband hou met \u2019n poging tot roof saak.<\/p>\n<p><strong>Read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/80641\/photos-two-assaulted-berg-en-dal\/\" target=\"_blank\">Two assaulted at Berg-en-Dal<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Kapt. Khanyisile Zwane, polisiewoordvoerder, het onderneem om te probeer uitvind waar die verwarring ingekom het.<\/p>\n<p>Sy is ook gevra om te verduidelik hoekom die polisie so drasties opgetree het en om kommentaar te lewer oor of hul optrede nie as kwaadwillig beskryf kan word nie.<\/p>\n<p>Lees haar antwoorde asook \u2019n volledige berig waarin mnr. Janse van Rensburg vertel van sy tyd in die polisieselle, in Vrydag se uitgawe van die Middelburg Observer.<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Lees ook:<\/h3>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81495\/adopt-pet-spca\/\" target=\"_blank\">Adopt a pet from SPCA<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81484\/vroue-steel-sambreel-liefdadigheidsfunksie\/\" target=\"_blank\">Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksie<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81438\/pumaki-rugby-laerskool-middelburg\/\" target=\"_blank\">Pumaki rugby at Laerskool Middelburg<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/81320\/increase-kidnapping-murder-children-mpumalanga\/\" target=\"_blank\">Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2018n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons Youtube Kanaal.<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2018n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Boer wat besig was om te stroop, is soos \u2019n krimineel gejag omdat hy nie \u2019n hofdatum kon bywoon nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":81540,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[11600,1488,11599,1021,11597,21966,11596,11598,954,9394],"class_list":["post-81525","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-boer-gearresteer","tag-boere","tag-donevan-janse-van-rensburg","tag-hendrina","tag-kwaadwillig","tag-middelburg","tag-onregmatige-arrestasie","tag-polise","tag-polisie","tag-veediefstal"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["boer gearresteer","boere","donevan janse van rensburg","Hendrina","kwaadwillig","middelburg","onregmatige arrestasie","polise","polisie","veediefstal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81525","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81525"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81525\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/81540"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81525"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81525"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81525"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}