{"id":79182,"date":"2018-03-14T11:05:27","date_gmt":"2018-03-14T09:05:27","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=79182"},"modified":"2018-03-14T11:47:37","modified_gmt":"2018-03-14T09:47:37","slug":"skelm-man-trek-soos-vrou-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/03\/14\/skelm-man-trek-soos-vrou-aan\/","title":{"rendered":"Skelm man trek soos vrou aan"},"content":{"rendered":"<p>Nadat sy al in die gesig gespoeg, &#8216;n \u201cwit hond\u201d genoem en selfs gedreig is dat sy verkrag gaan word, het &#8216;n sakevrou nou besluit om haar besigheid in die Sentrale Sakegebied van die dorp te verkoop.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>Ek het vier jaar my winkeltjie in SADCstraat gehad. Ek ken al die misdadigers se gesigte. Die misdaad hou egter net nie op nie. Ek sien net nie meer kans nie,<\/p><\/blockquote>\n<p>s\u00ea me. Trudie de Lange hartseer.<\/p>\n<p>&#8220;Toe die Pakistani my die prys gee wat ek wou h\u00ea, het ek my plekkie laat gaan.&#8221;<\/p>\n<h4>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/74778\/74778\/\" target=\"_blank\">Kaart wys misdaad brandpunte in Kanonkop en Dennesig<\/a><\/h4>\n<p>Me. De Lange is op 62 baie fiks en het deur die jare nie teruggestaan vir die misdadigers nie. &#8220;Hulle het hul misreken met di\u00e9 ou Magog. Jy moenie vir hulle wys jy is bang nie.&#8221;<\/p>\n<p>Voor sy haar winkel verkoop het, het sy darem die laaste hou ingekry.<\/p>\n<p>&#8216;n Bejaarde man se selfoon is in die straat gegryp, waarop sy &#8216;n stuk pyp gegryp, agter die dief aangehardloop en hom bygedam het.<\/p>\n<p>Me. De Lange s\u00ea die misdaad het elke jaar net erger geword. Voordat sy haar winkel, wat bykans regoor die KFC se ingang in SADCstraat gele\u00eb was, het sy elke dag gesien hoe die misdadigers toeslaan.<\/p>\n<h4>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/44674\/polisie-vat-misdaad-vas\/\" target=\"_blank\">Video &#8211; Polisie vat misdaad vas<\/a><\/h4>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>Daar is \u00e9lke dag aan mense se deure geruk! As ek s\u00ea dit het drie keer gebeur per dag is dit min!<\/p><\/blockquote>\n<p>&#8216;n Man se kardeur is onlangs oopgeruk en sy skootrekenaarsak gegryp.<\/p>\n<p>Me. De Lange het die booswig agterna gesit, maar hy was te vinnig.<\/p>\n<p>Sowat 45 minute later het die einste dief uitdagend na haar winkel gekom, die skootrekenaarsak in haar hand gedruk en ges\u00ea: &#8220;Jy weet wat om daarmee te doen.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het gelukkig geweet wie se sak gesteel is en dit terugbesorg. Me. De Lange was geskok toe hy die sak voor haar oopmaak en s\u00ea dat hulle alles gesteel het, maar darem die rewolwer in die sak gelos het.<\/p>\n<p>Daar was die keer toe sy &#8216;n dief agterna gesit het wat &#8216;n man se banksak gesteel het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het die dief gevang en die sak vir die man gegee. Daar was R100 000 in, maar hy het nie eers dankie ges\u00ea dat ek dit vir hom teruggekry het nie.&#8221;<\/p>\n<h4>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/66316\/misdaad-floreer-terwyl-magstryd-woed\/\" target=\"_blank\">Misdaad floreer terwyl magstryd woed<\/a><\/h4>\n<p>Sy het talle kere gesien hoe die afstandbeheertruuk gebruik word om die afstandbeheerknoppie in te hou sodat voertuie nie kan sluit nie. As die mense wegstap, dan duik hulle in die karre in en gryp alles.<\/p>\n<p>Me. De Lange het altyd probeer alarm maak en so gekeer dat die diefstalle voortgaan, maar ander kere het dit net te vinnig gebeur en moes sy magteloos toekyk hoe hulle vlug.<\/p>\n<p>&#8216;n Groep kom een keer per maand na die dorp in &#8216;n voertuig met Gautengse registrasienommer. &#8216;n Man (aangetrek soos &#8216;n vrou) en twee vroue word afgelaai en kom later in die dag terug met sakke vol artikels. Sy glo dit is die mense wat toeslaan op vroue in winkels en hul handsakke steel.<\/p>\n<p>&#8220;Dan praat ek nie eers van die dwelms nie! Transaksies met Nigeri\u00ebrs word sommer openlik in die straat gedoen.<\/p>\n<p>Hulle is nie eers bang nie, want daar word niks aan hulle gedoen nie.<\/p>\n<p>Dit help nie om die polisie te bel nie, want die misdadigers verdwyn soos mis voor die son, as die polisievoertuie daar aankom.&#8221;<\/p>\n<h4>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/22692\/misdaad-buite-beheer\/\" target=\"_blank\">Misdaad buite beheer<\/a><\/h4>\n<p>Me. De Lange s\u00ea die rowers en diewe het dreigend begin raak, omdat sy opgestaan het teen hulle.<\/p>\n<p>Een van hulle het meer as een keer gedreig dat hy haar gaan verkrag. By &#8216;n ander geleentheid het hy haar in die gesig gespoeg toe hy verbyloop.<\/p>\n<p>Van die dwelmhandelaars het een keer openlik gedreig: &#8220;Jou wit hond, ons gaan jou doodmaak.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het besef dat dit t\u00e9 gevaarlik geraak het.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>Jy verloor jouself, want ek het op &#8216;n stadium &#8216;n punt bereik waar ek misdadigers begin haat het met &#8216;n passie.<\/p><\/blockquote>\n<p>Noudat ek &#8216;n rukkie weg is van di\u00e9 misdaadnes, begin ek myself nou eers weer vind.&#8221;<\/p>\n<p>Me. De Lange s\u00ea daar sal iets daadwerkliks gedoen moet word aan die misdaad in ons dorp, &#8220;anders gaan dit &#8216;n regte Sodom en Gomorra word, as dit nie alreeds is nie!&#8221;<\/p>\n<h3>Ander nuus:<\/h3>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79136\/annica-van-staden-stole-money\/\" target=\"_blank\">\u201cAnnica van Staden stole my money\u201d<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79121\/volle-video-vuisgeveg-tracers\/\" target=\"_blank\">Volledige video: Vuisgeveg in Tracers<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79108\/verdagte-veld-geskiet-inwoner-verduidelik\/\" target=\"_blank\">Verdagte in veld geskiet \u2013 inwoner verduidelik<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79111\/oproeriges-kap-pad-op\/\" target=\"_blank\">Oproeriges kap pad op<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78984\/toets-jou-skietvernuf-op-die-baan\/\" target=\"_blank\">Toets jou skietvernuf op di\u00e8 baan\u00a0<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78932\/mense-lag-hulle-siek-vir-polonie-grappies\/\" target=\"_blank\">Mense lag hulle siek vir polonie grappies<\/a><\/h4>\n<h4><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78926\/11-jarige-meisie-glo-op-ma-se-bed-verkrag\/\" target=\"_blank\">11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag<\/a><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<h4>Nuus op \u2019n drafstap:<\/h4>\n<h4>Kry nuus op \u2019n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur \u2019n WhatsApp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om nuusflits skakels op jou foon te kry.\u201d<\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inwoners op Middelburg voer \u2019n verbete stryd teen misdaad in die middedorp.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":79181,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[9,846,21966,1933,21990,2423,843],"class_list":["post-79182","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-local-crime-news","tag-diewe","tag-middelburg","tag-misdaad","tag-mpumalanga","tag-sadc-street","tag-thieves"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Crime","diewe","middelburg","misdaad","Mpumalanga","SADC Street","Thieves"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=79182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79182\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/79181"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=79182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=79182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=79182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}