{"id":78907,"date":"2018-03-06T16:00:39","date_gmt":"2018-03-06T14:00:39","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=78907"},"modified":"2018-03-07T08:35:18","modified_gmt":"2018-03-07T06:35:18","slug":"honde-vergiftig-boewe-wil-hul-uit-die-pad-kry-vir-inbrake-waarsku-gpf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/03\/06\/honde-vergiftig-boewe-wil-hul-uit-die-pad-kry-vir-inbrake-waarsku-gpf\/","title":{"rendered":"Honde vergiftig: \u2018Boewe wil hul uit die pad kry vir inbrake\u2019 waarsku GPF"},"content":{"rendered":"<h3>Twee honde in Helen Josephstraat dood<\/h3>\n<p>Me. Magda Wessels s\u00ea hul honde het tussen 01:00-03:00 vanoggend erg tekere gegaan by hul huis in Helen Josephstraat en het haar man, Gerhard, het op \u2019n stadium met hulle geraas.<\/p>\n<p>Hulle het egter bekommerd geraak toe die honde aanhou blaf en het hulle ingevat die huis in. Een van die honde het egter weer by die deur uitgehardloop.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/71370\/honde-vergiftig-kanonkop\/\" target=\"_blank\">Honde vergiftig in Kanonkop<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Varkie (bulterri\u00ebr) en Brakanjan (maltese poedelkruising) was skaars \u2019n halfuur in die huis, toe hulle agterkom iets is fout.<\/p>\n<p>Toe hulle die kamerdeur oopmaak, het Brakanjan dood in die gang gel\u00ea. Varkie was erg siek en hulle het met hom na \u2019n veearts gejaag, maar met hul aankoms was hy ook reeds dood.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/45567\/38-honde-in-20-dae-vergiftig\/\" target=\"_blank\">38 honde in 20 dae vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Texas, die Basset, is sedertdien weg en hulle vermoed dat hy iewers op die erf dood l\u00ea. Me. Wessels s\u00ea hy kon nie uit die erf gekom het nie.<\/p>\n<p>\u201cTexas is Hardy, ons seun, se hond en Hardy is tans in Namibi\u00eb. Ons sal hom nou moet bel en s\u00ea sy hond is dalk dood.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_78909\" aria-describedby=\"caption-attachment-78909\" style=\"width: 499px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-78909\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2018\/03\/hond5-499x400.jpg\" alt=\"\" width=\"499\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/03\/hond5-499x400.jpg 499w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/03\/hond5-250x200.jpg 250w\" sizes=\"auto, (max-width: 499px) 100vw, 499px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-78909\" class=\"wp-caption-text\"><strong>Texas het selfs toertjies gedoen, soos di\u00e9 foto wys waar hy saam met mnr. Gerhard Wessels is.<\/strong><\/figcaption><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><strong>Colleystraat loop ook deur<\/strong><\/h3>\n<p>Mnr. Ramon Higgs vermoed hul vriendelike Husky\/boerboelkruising, \u201cMonster\u201d is omstreeks dieselfde tyd by hul huis in Colleystraat <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/70622\/ses-honde-vergiftig-2\/\" target=\"_blank\">vergiftig<\/a>.<\/p>\n<p>\u201cHoe verduidelik jy vir \u2019n sewejarige dat haar beste maatjie dood gemaak is deur mense wat nie harte het nie.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_78908\" aria-describedby=\"caption-attachment-78908\" style=\"width: 497px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-78908\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2018\/03\/hond1-497x400.jpg\" alt=\"\" width=\"497\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/03\/hond1-497x400.jpg 497w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2018\/03\/hond1-250x200.jpg 250w\" sizes=\"auto, (max-width: 497px) 100vw, 497px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-78908\" class=\"wp-caption-text\"><strong>Klein Alice Nel en \u201cMonster\u201d was groot maats. Di\u00e9 dogtertjie se hart is baie seer omdat haar maatjie dood is &#8211; vergiftig deur wreedaards.<\/strong><\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy s\u00ea hartseer dat \u201cMonster\u201d net so genoem is, omdat sy een blou oog gehad het.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>Ek het haar soms sommer Gillas genoem, sy het so \u2019n mooi persoonlikheid gehad. Sy was nie eers vir hulle \u2019n bedreiging nie!<\/p><\/blockquote>\n<p>Mnr. Higgs s\u00ea nie een van sy honde is kwaai nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n spesiale plek in die hel vir hierdie mense! Die Here sien alles wat gebeur. Hoekom moes \u2019n onskuldige dier ly?\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>\u2018Inbrekers wil diere uit die pad kry\u2019<\/h3>\n<p>Di\u00e9 vergiftings volg net vyf dae nadat daar vier honde in Broodboomstraat en twee in Jeppestraat vergiftig is. Daar is later verneem dat daar dieselfde oggend ook \u2019n hond in Proteastraat vergiftig is.<\/p>\n<p>Mnr. Barend Rossouw (voorsitter, Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum, sektor vier) het verlede week ges\u00ea dat die vergiftigings \u2019n aanduiding is dat inbrekers die diere uit die pad wil kry vir inbrake.<\/p>\n<h4><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/65411\/grafiese-foto-inbrekers-wis-ons-honde-uit\/\" target=\"_blank\">Grafiese foto&#8217;s: Inbrekers wis ons honde uit<\/a><\/strong><\/h4>\n<p>Mnr. Rossouw het vanoggend op groepe gevra dat mense die GPF se noodnommer by 072 911 0000 moet bel as hulle enige verdagte persone opmerk.<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Verdagte by Dennesig dammetjies opgemerk<\/h3>\n<p>Vanoggend het iemand op \u2019n WhatsApp veiligheidsgroep ges\u00ea dat hulle \u2019n man met \u2019n rugsak by die\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/74778\/74778\/\" target=\"_blank\">Dennesig dammetjies<\/a> gesien het. Hy was \u2019n rukkie tussen die struike, waarna hy met \u2019n plastieksak weer by die struike uitgekom het.<\/p>\n<p>Daar word vermoed dat hy een van die mense is wat gif vir die honde gee.<\/p>\n<p>Met reaksielede se aankoms, het die man spoorloos verdwyn.<\/p>\n<p>\u2022Daar word gevra dat mense alle voorvalle waar honde vergiftig word by die polisie en die <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/19772\/ondersteun-dbv\/\" target=\"_blank\">DBV <\/a>moet aanmeld.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Ander nuus:<\/h3>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78886\/watch-bloody-shootout-randburg\/\" target=\"_blank\">Video shows bloody shootout in Randburg<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78829\/video-shows-motorcycle-crash-not-sensitive-viewers\/\" target=\"_blank\">Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78819\/bromponie-met-rooibulplakker-gesteel\/\" target=\"_blank\">Bromponie met rooibulplakker gesteel<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78793\/video-inwoners-spring-self-om-eendedam-te-red\/\" target=\"_blank\">Video: Inwoners spring self in om eendedam te red<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78777\/katte-le-vir-ure-plastieksak-met-pote-vasgebind\/\" target=\"_blank\">Katte l\u00ea vir ure in sakke met pote vasgebind<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3><\/h3>\n<h3>Nuus op \u2019n drafstap:<\/h3>\n<p>Kry nuus op \u2019n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur \u2019n WhatsApp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om nuusflits skakels op jou foon te kry.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Honde word weer voor die voet afgemaai en daar is vanoggend in die vroe\u00eb oggendure by twee huise in Dennesig \u2019n totaal van vier honde vergiftig.<\/p>\n","protected":false},"author":8129,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[9,1727,1656,10672,3495,1638,1696,1933,10366,2999,3850],"class_list":["post-78907","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-local-crime-news","tag-dbv","tag-dennesig","tag-dennesig-honde-vergiftig","tag-gpf","tag-honde","tag-honde-vergiftig","tag-misdaad","tag-plaaslike-nuus","tag-spca","tag-vergiftig"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Crime","DBV","Dennesig","dennesig honde vergiftig","GPF","honde","Honde Vergiftig","misdaad","plaaslike nuus","SPCA","vergiftig"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8129"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=78907"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78907\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=78907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=78907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=78907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}