{"id":7822,"date":"2014-03-26T11:54:17","date_gmt":"2014-03-26T09:54:17","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=7822"},"modified":"2014-03-26T11:55:31","modified_gmt":"2014-03-26T09:55:31","slug":"anoniem-dwelms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/03\/26\/anoniem-dwelms\/","title":{"rendered":"Anoniem: Dwelms"},"content":{"rendered":"<p>Ek en my man is al 27 jaar getroud en het \u2019n pragtige seun. Hy was \u2019n presteerder op skool en was lief vir sy huis.<\/p>\n<p>Op skool het hy omtrent nooit eers uitgeslaap nie, die maats moes altyd na ons huis toe kom.<\/p>\n<p>Hierdie prag kind van ons het gaan studeer. Hy het uitgeblink en was omtrent elke naweek by die huis. Na sy studies het hy gaan werk in \u2019n ander dorp.<\/p>\n<p>Een naweek het hy huistoe gekom en vertel dat hy verslaaf is aan CAT.<\/p>\n<p>Dit was vir my en my man \u2019n groot skok, ons kon dit nie glo nie en het nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Al wat ons geweet het is dat ons ons kind moet bystaan.<\/p>\n<p>Ek het myself al soveel vrae gevra: Hoe kon ek dit miskyk? Ons was dan so naby aan hom?<\/p>\n<p>Die ergste van dwelms is die skuldgevoel. Al die partye dink dit is hulle fout.<\/p>\n<p>Die kind bly \u2019n skuldgevoel h\u00ea dat hy sy ouers gefaal het en ouers voel skuldig dat hulle gefaal het met die kind se opvoeding.<\/p>\n<p>Ons het dadelik dat ons seun terugtrek huistoe sodat ons almal saam deur die probleem kon worstel.<\/p>\n<p>Hy het sy rigting van werk verander. In die tyd het ons gesukkel om iemand te kry om hom te help.<\/p>\n<p>As jy iemand bel is hulle baie simpatiek \u201cen sal terugkom na jou toe\u201d maar hulle doen dit nie. Dit is asof mens elke keer in \u2019n muur\u00a0vasloop.<\/p>\n<p>Ek is seker daar is mense wat goeie werk doen, maar ek het nog nie een raakgeloop wat bereid is om \u2019n pad te loop saam met ons gesin nie.<\/p>\n<p>Ons het \u2019n paar re\u00ebls ingebring soos hy word getoets, hy kon nie gaan soos hy wil nie, al sy geld word vir hom beheer en ons het beheer oor sy telefoon gehad.<\/p>\n<p>Dit het baie goed gegaan en \u2019n mens is geneig om sag te word en dan weer toe te gee.<\/p>\n<p>Ongelukkig is daar ook mense wat dwelms gebruik en laasjaar het hy homself laat ompraat en een aand weer saam met vriende dwelms gebruik. Hy het toe as gevolg van \u2019n oordosis in die hospitaal beland.<\/p>\n<p>Ons het besef hierdie probleem sal ons nie alleen kan hanteer nie en hy is toe na \u2019n rehabilitasiesentrum toe.<\/p>\n<p>Hy het sy volle samewerking gegee en mens kon sommer die verskil sien toe hy die dag daar uitkom.<\/p>\n<p>Die sentrum<em> <\/em>het ons gewaarsku dat hy opvolggroepe sal moet bywoon.<\/p>\n<p>Hy moes na \u2019n ander dorp toe vir sy werk en daar is net geen groep naby hom beskikbaar nie. Net gister het ek seker 50 oproepe gemaak om hulp te soek, mense luister maar wil glad nie betrokke raak nie.<\/p>\n<p>Ek wens mense wil besef hoe maklik dwelms beskikbaar is.<\/p>\n<p>My seun het ons alles vertel, by wie en waar hy dit koop.<\/p>\n<p>Hy het tot vertel dat die dwelmhandelaar elke kli\u00ebnt persoonlik ken en tot elke keer s\u00ea \u201c<em>God Bless<\/em>\u201d as hy die dwelms gekoop het.<\/p>\n<p>Onthou 99.9 % van die mense wat die dwelms verkoop gebruik dit nie self nie. Dit is hulle inkomste of dit nou jou kind doodmaak of nie.<\/p>\n<p>Ons het gevind dat mense ons begin vermy het toe ons probleme begin het.<\/p>\n<p>Daar was vreeslike skinderstories. Mense weet so min van dwelms dat hulle nie besef dat hoe so gesin net \u2019n mooi woordjie nodig het nie.<\/p>\n<p>Ek wil graag elke ouer vra om hulle kinders te toets vir dwelms. Doen dit onverwags. Ek glo hoe vinniger jy weet dat jou kind \u2019n probleem het hoe makliker sal dit wees om hom te help om van dit weg te kom.<\/p>\n<p>\u2019n Urinetoets is baie maklik. \u2019n Kind wat weet sy ouers gaan hom onverwags toets sal twee keer dink voordat hy dwelms gebruik.<br \/>\nDan moet ons dorp \u2019n sentrum h\u00ea wat 24 uur oop is.<\/p>\n<p>Ek sal die eerste persoon wees wat my dienste aanbied. Iemand wat verslaaf is het soms net nodig om met iemand anders as sy ouers te gesels en liefde te kry, veral as hulle besig is met rehabilitasie.<\/p>\n<p>Laastens sal ons \u2019n plan moet maak om dwelmhandelaars uit ons dorp te kry en hier praat ek veral van buitelanders wat ons kinders kom vergiftig.<\/p>\n<p>Dankie aan ons Heer wat ons gesin in alles bystaan, want op die oomblik kan ons net op Hom vertrou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na die berig oor \u2019n jong man wat sy lewe verloor het aan dwelms is ek stukkend. Die vrese wat ek met my saamdra, het vir \u2019n ander ouer waar geword.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":7823,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2889,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-7822","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-letters","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7822","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7822"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7822\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7823"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7822"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7822"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7822"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}