{"id":78204,"date":"2018-02-09T18:00:50","date_gmt":"2018-02-09T16:00:50","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=78204"},"modified":"2018-02-14T14:07:01","modified_gmt":"2018-02-14T12:07:01","slug":"kinders-word-nie-net-gevat-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/02\/09\/kinders-word-nie-net-gevat-nie\/","title":{"rendered":"Kinders word nie net gevat nie"},"content":{"rendered":"<p>Vele mense het \u2019n heel ander prentjie oor wat die werk van maatskaplike werkers is. Dit is die mans en vroue wat moet intree vir kinders, as die ouers die kinders mishandel of nie behoorlik na hul omsien nie.<\/p>\n<p>\u201cOns vat nie net mense se kinders nie. Daar volg \u2019n hele proses \u00e9n die voorsittende beampte (Kinderhoflanddros) het die finale s\u00ea daaroor,\u201d het me. Linette du Preez (maatskaplike werker, CMR) ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle het die koerant genader vir \u2019n onderhoud na aanleiding van al die berigte wat oor die dwelmverslaafdes in ons dorp geskryf is.<\/p>\n<p>Die meeste bedelaars is verslaafdes wie se kinders weggevat is oor hul dwelmafhanklikheid.<\/p>\n<h3>Die proses om kinders weg te neem by ouers werk as volg:<\/h3>\n<p>\u2022 Slegs in ernstige gevalle, soos byvoorbeeld dwelmmisbruik en waar kinders se lewens in gevaar is, kan kinders met \u2019n hofbevel weggeneem word.<\/p>\n<p>\u2022 Met ander gevalle, waar daar vermoed word deur \u2019n aanmelding dat \u2019n kind nie in sy ouerhuis die regte behandeling kry nie, moet die saak ondersoek word.<\/p>\n<p>\u2022 Na gelang van waar die huis\/plek gele\u00eb is waar die probleem is, sal \u2019n maatskaplike werker van die CMR, SAVF Maatskaplike Dienste, Kindersorg of die Departement van Maatskaplike Dienste begin met \u2019n ondersoek. Die huis van waar die beweerde voorvalle plaasgevind het, sal besoek word.<\/p>\n<p>\u2022 Sou die maatskaplike dienste sien dat die situasie kan verander, sal voorkomende dienste gelewer word, soos om met die ouers en kinders deur middel van terapie te werk.<\/p>\n<p>\u2022 Verbeter die situasie nie, maak die maatskaplike werker \u2019n aanbeveling aan die Kinderhof dat die kind weggeneem moet word.<\/p>\n<p>\u2022 Die finale besluit om \u2019n kind weg te vat, al dan nie, l\u00ea uitsluitlik by die voorsittende beampte (landdros) van die Kinderhof.<\/p>\n<h3>Dis nie sommer net van wegvat nie<\/h3>\n<p>Me. Du Preez s\u00ea baie mense is ongeduldig as hulle sake aanmeld, omdat kinders nie sommer weggevat word nie. Sy s\u00ea dat sekere ondersoeke en sake soms tot tussen drie en ses maande kan neem, voordat \u2019n finale besluit geneem word.<\/p>\n<p>\u201cBaie mense dink ons vat net voor die voet kinders weg, maar dit is nie wat ons doen nie. Ons tree net in belang van die kinders op. Ons is ook niemand se kli\u00ebnt nie!\u201d<\/p>\n<p>Daar is verduidelik dat kinders wat in \u2019n plek van veiligheid geplaas is, niks te doen het met aanneming nie, aangesien dit net \u2019n tydelike proses is.<\/p>\n<p>\u201cDie maatskaplike werker tree op as herenigingswerker tussen die kinders en die ouers.\u201d<\/p>\n<h3>Streng keuringsproses vir pleegouers<\/h3>\n<p>Alle ouers wat as pleegouers optree, kry intensiewe opleiding alvorens kinders in hul sorg geplaas word en die maatskaplike werker lewer steeds dienste na die plasing.<\/p>\n<p>Nie enige persoon kan net \u2019n pleegouer word nie, \u2019n keuringsproses word gevolg.<\/p>\n<p>\u201cDit moet \u2019n baie spesiale persoon wees, wat in \u2019n beter posisie is as die eie ouers en wat ook die krisisse wat saam met hierdie kinders kom, die hoof kan bied.\u201d<\/p>\n<p>Baie ouers wie aangespreek word deur die maatskaplike dienste, skrik so groot dat hulle dadelik verander en dit nie nodig is om die kinders weg te neem nie.<\/p>\n<p>\u201cAnder spandeer so baie tyd en geld aan prokureurs om teen ons te veg, pleks hulle net erken hulle het \u2019n probleem en iets daaraan doen.\u201d<\/p>\n<p>Pleegouers het \u2019n ongelooflike invloed op kinders en hulle kry nie betaling daarvoor nie.<\/p>\n<p>\u201cKinders word by hierdie mense geplaas om hulle \u2018gesond\u2019 te maak, sodat hulle produktiewe landsburgers kan word.\u201d<\/p>\n<p>Daar is ook trots vertel van verskeie sake waar kinders weer by hul ouers teruggeplaas is, nadat die ouers tot inkeer gekom of die situasie verander het.<\/p>\n<p>Verder is daar ook kinders, wat hul lewe lank in pleegsorg was, wat suksesvol hul verlede agter hul geplaas en bo uitgekom het.<\/p>\n<p>\u201cMet intense terapie en baie geduld en liefde kan hierdie kinders hul agterstand oorkom. Biologiese ouers, soos dwelmafhanklikes, moet egter ook onthou dat hul kinders se lewens aangaan. Jou kind se lewe kan nie\u00a0<i>on hold<\/i>\u00a0gehou word, omdat jou lewe\u00a0<i>on hold<\/i>\u00a0is nie!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maatskaplike werkers is nie net \u201cdrake wat kinders vat nie\u201d, die draak van dwelms is dikwels die oorsaak dat ouers hul kinders verloor.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":73091,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,6824,1091,5026,10380,10378,10379,7812,21966,1107,10011,10377],"class_list":["post-78204","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-cmr","tag-dwelms","tag-dwelmverslawing","tag-hoe-word-kinders-weggevat","tag-hoekom-vat-cmr-my-kinders","tag-kinders-weggeneem","tag-maatskaplike-werker","tag-middelburg","tag-middelburg-observer","tag-nuus","tag-verloor-jou-kinders"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","CMR","dwelms","dwelmverslawing","hoe word kinders weggevat","hoekom vat cmr my kinders","kinders weggeneem","maatskaplike werker","middelburg","Middelburg Observer","nuus","verloor jou kinders"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78204","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=78204"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78204\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/73091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=78204"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=78204"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=78204"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}