{"id":78201,"date":"2018-02-09T18:00:04","date_gmt":"2018-02-09T16:00:04","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=78201"},"modified":"2018-02-14T14:07:01","modified_gmt":"2018-02-14T12:07:01","slug":"dis-wat-dwelm-ouers-aan-kinders-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2018\/02\/09\/dis-wat-dwelm-ouers-aan-kinders-doen\/","title":{"rendered":"D\u00eds wat dwelm-ouers aan kinders doen"},"content":{"rendered":"<p>Dit is die harde werklikheid waarmee maatskaplike werkers elke dag mee moet werk: Om \u2018stukkende\u2019 kinders, wat deur dwelm- en drankmisbruik, wat in baie gevalle lei tot aanranding en molestering, te probeer \u2018heel\u2019 maak.<\/p>\n<p>\u201cOns wil vir mense \u2019n ander prentjie skep oor wat die kinders beleef as hulle in \u2019n drank- of dwelmafhanklike ouerhuis grootwoord,\u201d het me. Linette du Preez (maatskaplike werker) ges\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/20766\/dwelms-moord-oorwinning\/\" target=\"_blank\">Dwelms, moord, oorwinning!<\/a><\/strong><\/p>\n<p>In \u2019n onderhoud met maatskaplike werkers by die Middelburg CMR, is die prentjie verskuif vanaf die verslaafde bedelaars op straat, na die kinders van verslaafdes.<\/p>\n<p>\u201cAs hierdie ouers op dwelms is, gee hulle nie om wat van hul kinders word nie en stel hulle die kinders bloot vir misbruik, soos verkragting.\u201d<\/p>\n<p>Omdat die ouers nie behoorlik na die kinders kan omsien nie, word hulle gedwing om die grootmensrol oor te neem en dit is hier waar die hartseer en krisisse begin.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Kind is nie opgewasse om op 10 jaar die rol oor te neem van \u2019n ouer nie en dit veroorsaak soveel skade.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/46603\/al-meer-trap-in-dwelmstrik\/\" target=\"_blank\">Al meer trap in dwelmstrik<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hierdie trauma veroorsaak dat kinders \u2019n chemiese wanbalans in die brein kry en dan ernstige probleme ondervind.<\/p>\n<p>Met navorsing is bewys dat kinders wat aan trauma blootgestel word, se struktuur van die brein kleiner is. Hulle het gewoonlik probleme met spraak, leervermo\u00ebns en ernstige gedragsprobleme soos aggressie.<\/p>\n<p>Van hierdie kinders kan nie eers \u2019n lepel vashou om te eet nie en sommige maak beddens nat totdat hulle tieners is.<\/p>\n<p>Ander is so gewoond aan die \u2018oorleef\u2019-patroon, dat hulle daarmee volhou en selfs by die plek van veiligheid soos \u2019n ouer optree.<\/p>\n<p>\u201cBaie word ook as \u2018stout\u2019 geklassifiseer of verkeerdelik gediagnoseer met ADHD weens die vlug\/veg\/vries oorlewingspatroon waar dit lyk of hulle nie omgee nie.\u201d<\/p>\n<p>Pleegouers en maatskaplike werkers het al gesien dat kinders in \u2019n plek van veiligheid wel in hul beddens in die aand klim, maar dan later onder die bed slaap.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/24848\/vyf-vriende-het-al-gesterf\/\" target=\"_blank\">Vyf vriende het al gesterf<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Me. Du Preez s\u00ea hierdie kinders was so gewoond daaraan dat dwelmhandelaars in die nagte gekom het om transaksies te doen of geld te kom haal, \u00f3f moeilikheid te maak, dat hulle altyd onder hul beddens moes wegkruip.<\/p>\n<p>Hero\u00efen verslaafde ouers gee nie om wat van hul kinders word nie, omdat jou emosies verdoof word met die dwelm.<\/p>\n<p>\u201cDie kind besluit dan, grootmense is\u00a0<i>bad news<\/i>, en hulle word vir niks bang nie. Dit kom van die feit dat hulle nie logiese denke het nie, omdat hulle nie reg ontwikkel het nie. Hulle het dus g\u00e9\u00e9n grense nie.\u201d<\/p>\n<h3>Skokverhale waarmee maatskaplike werkers al te doen gehad het:<\/h3>\n<p>\u2022\u2019n Hero\u00efenverslaafde ma, wat die dwelm gebruik het terwyl sy swanger was, se baba het kort na geboorte onttrekkings begin kry. Die baba het aanmekaar geskree, waarop sy die baba ook hero\u00efne ingegee het om hom stil te maak!<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Ouer het met \u2019n baba op die heup gebedel om op mense se gevoelens te speel om sodoende dwelmgeld in die hande te kry.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Klein kindjie het babapoeier op \u2019n tafel in \u2019n lyntjie gegooi en dit probeer snuif, net soos die ouers wat koka\u00efne gesnuif het.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Sesjarige het ses worsbroodjies ge\u00ebet, omdat hy bang was daar is nie nog nie.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Ander kind het kos orals weggesteek, omdat daar so min kos was in die huis waar die verslaafde ouers alles verkoop het vir dwelms.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/59495\/sonia-se-verhaal-en-die-nege-vriende-wat-dood-is\/\" target=\"_blank\">Sonia se verhaal&#8230; en die nege vriende wat dood is<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Tydens die verrigtinge in die kinderhof, het \u2019n tweejarige kind vir sy dertienjarige sussie \u201cMamma\u201d ges\u00ea. Sy het vandat hy \u2019n baba was die ouerlike pligte nagekom, omdat die ouers weens hul afhanklikheid nie na die kinders kon omsien nie.<\/p>\n<p>\u2022By een pleeghuis is daar ses kinders tussen die ouderdom van drie en 12 jaar wat steeds in die nagte doeke moet dra weens die emosionele skade wat hulle by hul ouerhuise opgedoen het.<\/p>\n<p>Die maatskaplike werkers het gemeld dat baie mense dink dat dwelm- en drankafhanklikheid net voorkom by arm mense. \u201cDie ryk mense steek dit net makliker weg. Afhanklikheid is \u2019n m\u00e9nsding, nie \u2019n klas- of rasding nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Hul boodskap aan ouers is: \u201cDink voor jy doen, jy het \u2019n keuse, jou kind het nie. Jou dwelms kan die realiteit vir jou wegvat, maar jou kind het nie iets om die realiteit oor jou dwelmgebruik weg te vat nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/78204\/kinders-word-nie-net-gevat-nie\/\" target=\"_blank\">Lees hier<\/a> hoe die prosesse werk wanneer kinders weggeneem word by ouers en ook die goeie nuus dat daar wel hulp is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Dwelmverslaafde ouer het \u2019n keuse of hy \u2018hoog\u2019 wil raak op dwelms, maar sy kind het nie \u2019n keuse om dit te aanskou nie. Maatskaplike werkers skets \u2019n hartverskeurende prentjie van wat met sulke kinders gebeur.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":75591,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[6824,10371,1091,10370,10372,10376,10373,21966,10375,10374],"class_list":["post-78201","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-cmr","tag-dit-is-wat-dwelmverslawing-aan-kinders-doen","tag-dwelms","tag-dwelmverslawing-en-kinders","tag-hulp-teen-dwelms","tag-kinderhof","tag-maatskaplike-werkers","tag-middelburg","tag-rapporteer-kindermishandeling","tag-report-child-abuse"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["CMR","dit is wat dwelmverslawing aan kinders doen","dwelms","dwelmverslawing en kinders","hulp teen dwelms","kinderhof","maatskaplike werkers","middelburg","rapporteer kindermishandeling","report child abuse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=78201"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/78201\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/75591"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=78201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=78201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=78201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}