{"id":7570,"date":"2014-03-18T14:22:03","date_gmt":"2014-03-18T12:22:03","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/?p=7570"},"modified":"2014-03-18T14:22:03","modified_gmt":"2014-03-18T12:22:03","slug":"danielle-presteer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/03\/18\/danielle-presteer\/","title":{"rendered":"Danielle presteer&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>Sy ontvang hierdie toekenning van PanSALB (Pan South African Language Board) wat hulle beywer vir die uitbouiing, en bewaring van alle amptelike tale in Suid-Afrika. Hierdie plegtigheid sal plaasvind tydens PanSALB se moedertaalfeesvieringe in Siyabuswa op 28 Maart.<\/p>\n<p>Behalwe vir hierdie toekenning in Afrikaans, het Danielle ook van die Steve Tshwete Munisipaliteit &#8216;n burgemeester-toekenning gekry vir die tweede beste akademiese presteerder in Middelburg.<\/p>\n<p>Sy was een van die top 10 akademiese presteerders in die Nkangala Distrik (derde plek) waar sy &#8216;n skootrekenaar, sertifikaat en trofee ontvang het, en is aangewys as een van die top 20 kandidate in Mpumalanga (14de plek) waarvoor sy &#8216;n vol beurs van die Mpumalanga Onderwysdepartement ontvang het.<\/p>\n<p>Danielle het in die 2013 Nasionale Senior Sertifikaat eindeksamen met &#8216;n totaal van agt onderskeidings weggestap.<\/p>\n<p>Haar gemiddeld was 92,2%.<\/p>\n<p>Sy behaal onderskeidings in die volgende vakke: Afrikaans (eerste taal) 97%, Engels (tweede taal) 93%, lewensori\u00ebntering 97%, wiskunde 85%, fisiese wetenskap 92%, lewenswetenskap 89%, geografie 92%, en N4 rekenaarpraktyk 91%.<\/p>\n<p>Danielle het egter nie net in akademie uitgeblink nie, maar was ook op HTS se Bestuurskomitee, lid van HTS se eerste hokkiespan, het &#8216;n aktiewe rol gespeel in die skryf en uitvoer van HTS se bemarkings- en groentjiekonserte en was ook &#8216;n lid van HTS se skoolkoor en twee revue-produksies.<\/p>\n<p>Sy was vir vyf jaar aaneenlopend &#8216;n lid van die Mpumalanga Jeugkoor, waar sy onder andere een van die koor se leiers was.<\/p>\n<p>Sy het erkenning gekry vir 12 jaar volgehoue skoolbesoek en asof dit nie genoeg was nie, het sy op &#8216;n gereelde basis as vrywilliger uitgehelp by die uMmephi Kinderhuis.<\/p>\n<p>As jy haar uitvra oor haar prestasies, bly sy egter steeds baie nederig en hou vol dat dit alles slegs te danke is aan God se oneindige Genade en Liefde vir haar&#8230;en ja, gee sy toe, miskien so &#8216;n klein bietjie goeie beplanning en harde werk ook.<\/p>\n<p>Danielle studeer tans B Arbeidsterapie aan die Universiteit van Stellenbosch en is daar ook reeds besig om haar merk op verskeie gebiede te maak. Sy is aangewys as studenteverteenwoordiger vir Arbeidsterapie, was deel van die eerstejaars se &#8220;venster&#8221;-produksies, asook Massa-s\u00ear, en is een van slegs 16 lede uit haar koshuis wat in die gewilde Kleins\u00ear-kompetisie (soos ons op Kyknet sien) gaan meeding.<\/p>\n<p>Sy is lid van die Kruiskerk Studentegemeente se koor, wat alreeds op 12 Maart hul eerste optrede gehad het in die Groote Kerk in Kaapstad, tydens die amptelike bekendstelling van die splinternuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel.<\/p>\n<p>daleen@mobserver.co.za<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy ontvang hierdie toekenning van PanSALB (Pan South African Language Board) wat hulle beywer vir die uitbouiing, en bewaring van alle amptelike tale in Suid-Afrika. Hierdie plegtigheid sal plaasvind tydens PanSALB se moedertaalfeesvieringe in Siyabuswa op 28 Maart. Behalwe vir hierdie toekenning in Afrikaans, het Danielle ook van die Steve Tshwete Munisipaliteit &#8216;n burgemeester-toekenning gekry &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":7571,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Danielle Nortje, oudleerling van HTS Middelburg, is aangewys as die beste presteerder in Afrikaans (Moedertaal) in Mpumalanga!","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1060,1061],"class_list":["post-7570","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-akademiese-presteerders-in-middelburg","tag-hts-middelburg"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Akademiese presteerders in Middelburg","HTS Middelburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7570"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7570\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7571"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}