{"id":73944,"date":"2017-10-20T12:00:00","date_gmt":"2017-10-20T10:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/73944\/wonderwerke-tydens-kapingsdrama\/"},"modified":"2017-10-23T14:18:12","modified_gmt":"2017-10-23T12:18:12","slug":"wonderwerke-tydens-kapingsdrama","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/10\/20\/wonderwerke-tydens-kapingsdrama\/","title":{"rendered":"Wonderwerke tydens kapingsdrama"},"content":{"rendered":"<p>Mnre. Jurie Badenhorst en Kobus Janse van Rensburg glo \u201cdat \u2019n Ho\u00ebr Hand\u201d ingegryp het op die toneel waar twee kapers hulle oorval het.<\/p>\n<p>Die aanval op die N12 het net \u2019n dag na moorde in Ogies gebeur en die polisie het vir die mans ges\u00ea dat hulle gelukkig is om te leef.<\/p>\n<h4>Die moorde in Ogies<\/h4>\n<p>Die aand tevore het vier mans omstreeks 19:00 by \u2019n informele nedersetting naby Ogies opgedaag. Hulle het \u2019n wit Toyota Quantum minibus gery.<\/p>\n<p>Die mans wou weet wie hul familielid vermoor het. Toe inwoners van die Steyn informele nedersetting ges\u00ea het dat hulle nie kennis dra wie dit gedoen het nie, is daar op hulle geskiet.<\/p>\n<p>Vier mense is op die toneel dood en nog twee later in die hospitaal.<\/p>\n<h4>Mnre. Badenhorst en Janse van Rensburg se ervaring<\/h4>\n<p>Mnr. Badenhorst vertel dat hy en sy swaer Gauteng toe is om parte te koop vir \u2019n tweedehandse <a href=\"https:\/\/www.nissan.co.za\/vehicles\/new\/New-Navara.html\" target=\"_blank\">Nissan Navara<\/a> bakkie wat hy onlangs gekoop het.<\/p>\n<p>Dit was al donker toe hulle die terugtog Middelburg toe op die N12 aangepak het.<\/p>\n<p><strong>Kyk: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/30909\/video-kettingbotsings-in-digte-mis\/\" target=\"_blank\">Video &#8211; Kettingbotsing in digte mis<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Tussen Ogies en eMalahleni het hulle opgemerk die toue op die sleepwa is los en het gestop om dit vas te maak.<\/p>\n<h4>\u2018Ons sal dalk moet veg vir ons lewens\u2019<\/h4>\n<p>\u2019n Silwer VW Polo met vyf mans in het by hulle gestop en gevra wat fout is. Hulle het verduidelik alles is reg en die groep het gery.<\/p>\n<p>Mnr. Badenhorst het kort vantevore ook sy vrou, Cornea, laat weet dat hulle\u00a0oppad huistoe was.<\/p>\n<p>Hulle was nog besig om van die wa af te klim, toe twee mans skielik uit die donker na hulle aangestap kom.<\/p>\n<p>Mnr. Van Rensburg het aan sy swaer opgemerk dat hulle dalk sal moet veg vir hulle lewe.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik het een \u2019n 9 mm op hulle gerig.<\/p>\n<p><strong>Lees: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/16390\/dorp-aan-gons-oor-kaping\/\" target=\"_blank\">Dorp gons oor kaping<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die rowers het hulle deursoek en hul beursies gevat. Die mans is met die wapen op hulle gerig, gedwing om hul bank pinnommers te gee.<\/p>\n<p>Die een het gedreig dat sy makker by hulle sal bly terwyl hy gaan geld trek. Hulle het egter nooit daarby uitgekom nie.<\/p>\n<p>Die booswigte het R5 000 kontant gevat maar was nie tevrede nie.<\/p>\n<p>Hulle is ingeboender in\u00a0hul voertuig en aanges\u00ea om heel agter te gaan sit met hul koppe tussen hul bene.<\/p>\n<p>Mnr. Van Rensburg het deurentyd saggies gebid.<\/p>\n<h4>\u2018Liewe Jesus, bewaar ons\u2019<\/h4>\n<p>\u201cEk het gehoor hoe hy s\u00ea: \u2018Liewe Jesus bewaar ons asseblief. Ek wil asseblief vanaand my vrou en kinders weer sien.\u201d<\/p>\n<p>Die boewe het voor ingeklim, om met\u00a0hul voertuig te ry, maar dit wou nie aanskakel nie.<\/p>\n<p>In hierdie tyd het mnr. Badenhorst se vrou bekommerd begin raak omdat sy nog nie weer van hulle gehoor het nie.<\/p>\n<p><strong>Read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/22328\/flying-squad-members-shot-suspects-sought\/\" target=\"_blank\">Flying Squad members shot, suspects sought<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Na die soveelste onbeantwoorde oproep, het me. Badenhorst vir haar pa, mnr. Kobus Janse van Rensburg snr, ges\u00ea sy dink daar is fout. Hy het besluit hulle moet na mnre. Badenhorst en Janse van Rensburg jnr gaan soek.<\/p>\n<p>Op pad uit by die hek, het iets vir me. Badenhorst ges\u00ea om terug te hardloop en hul handwapen te gaan haal.<\/p>\n<p>Die boewe het intussen alles wat hulle kon dra bymekaar gemaak, teen die voertuig geslaan en weg geloop.<\/p>\n<h4>Mans kruip in die donker weg vir rowers<\/h4>\n<p>Mnr. Badenhorst s\u00ea hulle was bang die booswigte kom terug om hulle dood te skiet. Omdat die voertuig nie wou aanskakel nie, het hulle besluit om in die donker weg te kruip.<\/p>\n<p>Me. Badenhorst het intussen aangehou bel. Een van die rowers haar het haar man se foon geantwoord. Hy het vir haar vertel hy wag in die voertuig vir haar man met sy selfoon, want haar man het diesel gaan haal.<\/p>\n<p><strong>Read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/73556\/middelburg-flying-squad-member-shot-n4\/\" target=\"_blank\">Flying Squad member shot on N4<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hulle het kort daarna die twee swaers langs die pad gekry.<\/p>\n<p>Op pad terug het hulle \u2019n blitspatrollie voertuig in die teenoorgestelde rigting sien ry. Hulle het die voertuig afgetrek en vertel wat gebeur het.<\/p>\n<h4>Nie die eerste slagoffers nie<\/h4>\n<p>Die blitspatrollielede het ges\u00ea dat hulle kort vantevore mense wat iets soortgelyks op die N12 oorgekom het, gehelp het.<\/p>\n<p>Die polisiemanne is saam met hulle na die voertuig, waar die polisielede wag gehou het, sodat die mans dit weer aan die gang kon kry.<\/p>\n<p>Die rowers is steeds op vrye voet.<\/p>\n<p>Mnr. Badenhorst s\u00ea hy weet ook nie wie die ander mense is wat op die N12 oorval is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Midde in \u2019n kapingsdrama Vrydagaand op die N12 tussen Ogies en eMalahleni, het \u2019n man wonderwerke sien gebeur terwyl hy gebid het. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":74065,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2],"tags":[8408,2996,8410,8407,8409,2722,8404,8403,8412,8405,8406,8411,4715,8088],"class_list":["post-73944","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-news-headlines","tag-crime-on-n12","tag-emalahleni","tag-hoe-veilig-is-n12","tag-kaping","tag-misdaad-op-snelweg","tag-n12","tag-ogies-moord","tag-ogies-murder","tag-roete","tag-six-murdered","tag-taxi-violence","tag-van-middelburg-na-johannesburg","tag-witbank","tag-witbank-news"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["crime on N12","emalahleni","hoe veilig is n12","kaping","misdaad op snelweg","N12","ogies moord","ogies murder","roete","six murdered","taxi violence","van middelburg na johannesburg","Witbank","witbank news"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73944","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=73944"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73944\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/74065"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=73944"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=73944"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=73944"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}