{"id":73542,"date":"2017-10-10T18:00:06","date_gmt":"2017-10-10T16:00:06","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=73542"},"modified":"2017-10-11T15:01:38","modified_gmt":"2017-10-11T13:01:38","slug":"man-bloed-bok-en-die-halwe-sker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/10\/10\/man-bloed-bok-en-die-halwe-sker\/","title":{"rendered":"Man, bloed, bok, en die halwe sk\u00ear"},"content":{"rendered":"<p>Johan, die sagte een. Wat haar kon wegvoer na \u2019n w\u00eareld van stories, gedigte, wat kon verdwaal in haar blou o\u00eb, wat sy konsertina kon laat huil en kerm.<\/p>\n<p>Wat in haar \u2019n hartseer -deernis vir die mooi, destyds net na \u2019n verskroeide aarde oorlog, kon wakker maak.<\/p>\n<p>Haar tye saam met hom \u2019n droomw\u00eareld.<\/p>\n<p>En dan Paul. Hy galop haar werf op sy swart hings binne. Jaag die veld in met haar agterop, haar arms om sy lyf geklem. Soen haar asem weg tussen groen gras en blou lug.<\/p>\n<p>Paul wat \u2019n blesbok op 200 tre\u00eb \u2019n nekskoot kan gee. Sy keel afsny. Hom op sy skouers huistoe dra. Man, bloed, aarde, bok.<\/p>\n<p>Tot die noodlot ingryp. Haar keuse wegvat.<\/p>\n<p>My huis is in Markstraat. Regoor die mark van vanmelewe. Waar die landdrosgebou nou staan, is 100 jaar gelede oor die prys van pampoene en osse geredekawel.<\/p>\n<p>My tuinman spit \u2019n sk\u00ear uit. \u2019n Halwe een. Dit sit my aan die dink, en soek na die storie agter die sk\u00ear. En ek kry hom.<\/p>\n<p>Johan en Paul, op die markplein, albei ryk boere, kry stry oor die prys van \u2019n os. Maar eintlik gaan dit baie dieper, oor die beeldskone Isabella.<\/p>\n<p>Woede, wellus, afguns, hebsug, vier van die sewe doodsondes laat Johan wasbleek sterwend. \u2019n Halwe sk\u00ear in sy hart. Daar waar hy Isabella gekoester het.<\/p>\n<p>&#8216;Paul besef dis vlug, of hang aan sy nek tot hy dood, dood, dood is. In sy vlug slinger hy die ander helfte van die sk\u00ear \u2019n erf in. Myne!<\/p>\n<p>Hy spring op \u2019n trein. Land in Lorenco Marques. Laai skepe. Slaap by prostitute. Kruip weg agter die naam Paulo Scizero.<\/p>\n<p>Tot hy, so s\u00ea hulle, soos alle oortreders terugkeer na die toneel van sy misdaad.<\/p>\n<p>Dis \u2019n soel lente Sondag. Die reuk van nat aarde meng met die van bloeisels. Hang swaar oor Middelburg. Maak beloftes van \u2019n geil vrugbare somer.<\/p>\n<p>Paulo waag hom die Witkerk in. Niemand gaan hom herken met sy woeste baard en hare nie.<\/p>\n<p>Maar daardie Sondag is dit nie Paul en Isabella wat doop nie. Dis Jakobus en Isabella. In Isabella se o\u00eb \u2019n teerheid as sy na haar seuntjie kyk. Maar ook \u2019n diep misterieuse verlange na iets wat verby is. Wat hierdie dag so anders kon gemaak het.<\/p>\n<p>Toe sy die paadjie terug verby Paul stap, is vir \u2019n vlietende oomblik die kerk en Jakobus, en die kind weg. Dis net die groen gras, die blou lug, die swart hings, Paul en sy. En \u2019n groot onuitgesproke verlange.<\/p>\n<p>Buite in die son is sy terug in die werklikheid, by haar kind, en Jakobus haar man, vir wie sy lief is.<\/p>\n<p>\u2022Die verhaal is denkbeeldig, behalwe vir die sk\u00ear.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Isabella Sophia Botha kon nie kies nie.\u00a0<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":73543,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Kobus Terblanche","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[6490,8053,8052,8050,8051],"class_list":["post-73542","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-fake-news","tag-landdroskantoor","tag-ou-stories","tag-spookstorie","tag-stories-van-middelburg"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Fake news","landdroskantoor","ou stories","spookstorie","stories van middelburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=73542"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/73542\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/73543"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=73542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=73542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=73542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}