{"id":72928,"date":"2017-09-28T00:00:00","date_gmt":"2017-09-27T22:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/72928\/polisie-skiet-op-slagoffer\/"},"modified":"2017-10-02T12:49:43","modified_gmt":"2017-10-02T10:49:43","slug":"polisie-skiet-op-slagoffer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/09\/28\/polisie-skiet-op-slagoffer\/","title":{"rendered":"Polisie skiet op slagoffer &#8211; skokfeite oor motorfietssindikaat"},"content":{"rendered":"<p>Bykans daagliks word honde vergiftig en motorfietse in ons dorp gesteel.<\/p>\n<p>Rehana Pilodia, voorsitter Middelburg Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum het twee weke gelede op die WhatsApp groep, &#8220;Operation Poisoning&#8221; gemeld dat daar gedurende Augustusmaand net in Kanonkop en Dennesig alleen 17 honde vergiftig en sewe motorfietse gesteel is.<\/p>\n<p>Dit is egter nie net \u2019n krisis in Middelburg nie. Regdeur die land verdwyn motorfietse wat op strepe in Mosambiek en deesdae ook in Angola beland.<\/p>\n<h3>Skokfeite oor motorfietssindikaat<\/h3>\n<p>\u2022 Verlede week moes \u2019n privaatspeurder, wat in Mosambiek was om kli\u00ebnte se motorfietse te probeer opspoor, vir sy lewe vlug, nadat die sindikaat hom ge\u00efdentifiseer en hy gedreig is.<\/p>\n<p>Hy het aan <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\"><strong>www.mobserver.co.za<\/strong><\/a> ges\u00ea dat die sindikaat buiten in Mpumalanga, ook die hele Gauteng vol opereer. Volgens hom wyk hulle nou uit na die Vrystaat en slaan toe veral in Welkom, waar daar baie motorfietse is.<\/p>\n<p>\u2022 Via betroubare inligting wat deur informante verskaf is, is ges\u00ea dat die sindikaat \u2019n \u201c<em>secret muti<\/em>\u201d gebruik wat huismense en honde laat slaap.<\/p>\n<p>In die meeste gevalle gee hulle egter sommer <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/13276\/teelepel-vol-kan-renoster-doodmaak\/\" target=\"_blank\">vir die honde gif om hulle uit die pad te kry<\/a>.<\/p>\n<figure id=\"attachment_72931\" aria-describedby=\"caption-attachment-72931\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-72931\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/09\/17jj13-1_22707-520x390.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17jj13-1_22707-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17jj13-1_22707-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17jj13-1_22707-768x576.jpg 768w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17jj13-1_22707.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-72931\" class=\"wp-caption-text\">\u2019n Motorfiets wat onlangs in Matola (Maputo) opgespoor is Die motorfiets is in Boksburg Noord in Mei 2016 gesteel.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022 \u2019n Informant wat besig was met \u2019n ondersoek in Zimbabwe, omdat die Mosambiekse sindikaat wat motorfietse in Suid-Afrika steel nou uitwyk na Angola, is sowat drie weke gelede dood in \u2019n motorongeluk terwyl hy besig was om te bepaal watter roetes die sindikaat na Angola gebruik.<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Lid op \u2019n privaat WhatsApp groep (wat anoniem wil bly) het hierdie week ges\u00ea dat mense nie die omvang van hierdie probleem besef nie.<\/p>\n<p>Hy het gemeld dat daar drie motorfietse by hom in Gauteng gesteel is, waarop hy besluit het om self sy motorfietse te probeer opspoor.<\/p>\n<p>Die man s\u00ea dit het hom vier weke geneem om een van sy motorfietse op te spoor in Mosambiek.<\/p>\n<p>Hy het in kort verduidelik dat sy papierwerk in orde was, maar dat die Mosambiekse polisie selfs op hom geskiet het.<\/p>\n<p>\u201cDie polisie is aan hulle kant, want dit is hulle land. Ek besluit om my bike skelm terug te bring, maar ek is op die grens deur die polisie gearresteer en daar is vir my ges\u00ea dat ek in besit is van \u2019n gesteelde voertuig. Ek het al die dokumente gehad, maar hulle sou die motorfiets terugstuur Mosambiek toe!\u201d<\/p>\n<p>Hy het op die groep gemeld dat mense geduldig moet wees as privaatspeurders byvoorbeeld probeer om die motorfietse te gaan terugkry op \u2019n wetlike manier.<\/p>\n<p>\u201cAs julle al di\u00e9 bogenoemde wat my oorgekom het, beter kan hanteer, gaan haal jul eie <em>bikes<\/em> terug! Andersins, laat iemand wat weet wat hy doen, dit gaan doen.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_72930\" aria-describedby=\"caption-attachment-72930\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-72930\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/09\/17v6-2_87081-520x390.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17v6-2_87081-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17v6-2_87081-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17v6-2_87081-768x576.jpg 768w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17v6-2_87081.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-72930\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Jakes Joubert (van Middelburg) se motorfiets is in stukke in \u2019n bos op \u2019n plaas gevind. Die sindikaat haal dit blitsig uitmekaar, waarna die parte op sleepwaens tussen ander ware soos aartappels en ander gekoopte artikels versteek word. Dit is te veel werk vir die Mosambiekse polisie om die sleepwaens af te laai. Hierdie parte word binne minute aanmekaar gesit in Mosambiek.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2022 Daar is gister (Woensdag) op die privaat WhatsApp groep ges\u00ea dat daar pas beslag gel\u00ea is op twee motorfietse in Maputo en dat twee al terug is in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>\u2022 Verlede Donderdag is twee Mosambiekers met \u2019n gesteelde motorfiets in Brits gearresteer.<\/p>\n<p>\u2022 Einde Augustus is \u2019n Quantum bussie naby eMalahleni afgetrek nadat die polisie inligting ontvang het dat die bussie op pad is na Mosambiek met gesteelde motorfietse.<\/p>\n<p>Hordes motorfietsparte is in die bussie en op die sleepwa gekry. Nadat dit aanmekaar gesit is, was dit nege volledige motorfiese!<\/p>\n<p>\u2022 Kort daarna is daar in die Vaal twee kwads in \u2019n taxi gekry en \u2019n kwad en \u2019n Jetski naby Barage in \u2019n taxi gekry.<\/p>\n<p>\u2022 Net etlike weke voor die Quantum bussie in eMalahleni vasgetrek is, is \u2019n soortgelyke Quantum bussie in Middelburg opgemerk. Die voertuig se sitplekke is uitgehaal. Die voertuig is opgemerk nadat motorfietse gesteel is. Dit het egter weggejaag voordat die polisie die verdagtes kon vastrek.<\/p>\n<p>\u2022 In Augustusmaand is mnr. Sam Weller se twee gesteelde motorfietse binne etlike ure <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/71425\/video-14-motorfietse-al-bosse-versteek\/\" target=\"_blank\">opgespoor op \u2019n plaas langs Ho\u00ebrskool Middelburg<\/a> se plaas.<\/p>\n<p>Daar is aan <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\">www.mobserver.co.za<\/a> ges\u00ea dat spore aandui dat die diewe in \u2019n kort tydjie al 14 motorfietse daar versteek het. Elke keer as hulle daar gekom het, was die motorfietse deur die diewe verwyder.<\/p>\n<p>\u2022 In dieselfde omgewing is \u2019n motorfiets \u2019n paar maande gelede gevind waar dit heeltemal uitmekaar gehaal is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_71854\" aria-describedby=\"caption-attachment-71854\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-71854\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/09\/17ee5-2_83462-520x390.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17ee5-2_83462-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17ee5-2_83462-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17ee5-2_83462-768x576.jpg 768w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/09\/17ee5-2_83462.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-71854\" class=\"wp-caption-text\">Die twee motorfietse wat in Renosterstraat, Kanonkop, gesteel is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar is betroubaar aan <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\">www.mobserver.co.za<\/a> ges\u00ea dat motorfietse uitmekaar gehaal word en dan word die parte versteek op sleepwaens en in bussies (wat se stoele uitgehaal word) tussen komberse, matrasse, klere en aartappels. As hulle by die grenspos kom, is dit te veel werk vir die polisie om alles af te laai.<\/p>\n<p>\u2019n Ooggetuie het al gesien hoe die sindikaat \u2019n kwad wat in stukke in Mosambiek aangekom het, binne 12 minute aanmekaar sit en daarmee wegry.<\/p>\n<p>\u2022 Van die misdadigers wat al vasgetrek is, is in besit van twee tipes dagga gevind. Daar word ges\u00ea dat dit hulle op \u2019n \u201chigh\u201d sit om vinnig in te breek en die motorfietse te steel en selfs oor mure te tel.<\/p>\n<p>Die pers tipe dagga word op die swartmark \u201cPurple Haze\u201d genoem. Daar is ook \u2019n oranje tipe wat hulle klaarblyklik vir pyn gebruik.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is gemeld dat hierdie mense so gewoond is om hierdie motorfietse te steel, dat daar al op sekuriteitskameras gesien is hoe twee mans \u2019n gesteelde BMW GS oor \u2019n ses voet muur tel.<\/p>\n<p>\u2022 <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/\" target=\"_blank\">www.mobserver.co.za<\/a> het verneem dat \u2019n plaaslike slagoffer van \u2019n motorfietsdiefstal \u2019n paar maande gelede op \u2019n Mosambiekse advertensieblad, soortgelyk aan OLX, sy motorfiets gesien het waar dit slegs \u2019n dag nadat die motorfiets gesteel is, geadverteer word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Letterlik honderde boodskappe kom daagliks op \u2019n privaat WhatsApp groep deur van motorfietse wat gesteel word en opeindig in Mosambiek.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":72929,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2],"tags":[7753,1452,21966,1583,7752,3002,7750,7754,7755,7751,7756,2871,4618],"class_list":["post-72928","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-news-headlines","tag-angola","tag-bike","tag-middelburg","tag-mosambiek","tag-motorcycle","tag-motorfiets","tag-motorfietsdiefstal","tag-olx","tag-purple-haze","tag-sindikaat","tag-syndicate","tag-theft","tag-whatsapp"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["angola","bike","middelburg","Mosambiek","motorcycle","motorfiets","motorfietsdiefstal","OLX","Purple Haze","sindikaat","syndicate","Theft","whatsapp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72928","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72928"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72928\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/72929"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72928"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72928"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72928"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}