{"id":72395,"date":"2017-09-18T15:54:00","date_gmt":"2017-09-18T13:54:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/72395\/bokkaptein-se-baadjie-van-berugte-toer-gesteel\/"},"modified":"2017-09-22T08:26:58","modified_gmt":"2017-09-22T06:26:58","slug":"bokkaptein-se-baadjie-van-berugte-toer-gesteel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/09\/18\/bokkaptein-se-baadjie-van-berugte-toer-gesteel\/","title":{"rendered":"Bokkaptein se baadjie van berugte toer gesteel"},"content":{"rendered":"<p>Een van Suid-Afrika se bekendste rugbykapteins, Wynand Claassen, se Sprinbokbaadjie tel onder die waardevolle rugby-memorabilia wat die afgelope klompie jare uit klubhuise op die Ho\u00ebveld verdwyn het.<\/p>\n<p>Onvervangbare truie is uit Belfast en Middelburg se rugbyklubhuise gesteel. Veral Belfast het kwaai onder vandale deurgeloop en die legendariese All Black, Billy Bush, se trui het onder andere ook in die slag gebly.<\/p>\n<p>Claassen &#8211; \u2019n oud-leerling van Ho\u00ebrskool Middelburg &#8211; het sy baadjie van die berugte 1981 Nieu-Seelandse toer aan Middies geskenk.<\/p>\n<p>In \u2019n brief aan www.mobserver.co.za het Claassen sy misnoe\u00eb uitgespreek.<\/p>\n<p>Buiten sy Springbokbaadjie, het sy MHS eerstespantrui van 1968 ook uit Middies se klubhuis verdwyn, saam met Tommy du Plessis se Boktrui van 1980.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cAangesien Tommy en ek altwee oud-leerlinge van Middies is, het ons hierdie items spesiaal aan die skool geskenk en het die verdwyning daarvan ons nogal ontstel. Dit was onvervangbare items. Mens wonder steeds waarom die skuldiges noot aan die pen gery het nie, want hierdie tipe memorabilia kan net deur \u2019n groot versamelaar van rugby-items gehuisves word. Dit moet tog steeds iewers wees!\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>By Middelburg Rugbyklub het Francois Rossouw se SA Skole trui verdwyn en Schalk Breytenbach, sewes Bok Conrad Breytenbach se pa, se Suidoos-Transvaal baadjie is gesteel.<\/p>\n<p>Rossouw was die eerste skolespeler van die destydse Suidoos-Transvaal wat vir dei SA Skole gespeel het.<\/p>\n<p>Breytenbach het vir die Suidoos span uitgedraf wat die eerste internasionale wedstryd teen die Poemas op die Johan van Riebeeck stadion gespeel het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van Suid-Afrika se bekendste rugbykapteins, Wynand Claassen, se Sprinbokbaadjie tel onder die waardevolle rugby-memorabilia wat die afgelope klompie jare uit klubhuise op die Ho\u00ebveld verdwyn het. Onvervangbare truie is uit Belfast en Middelburg se rugbyklubhuise gesteel. Veral Belfast het kwaai onder vandale deurgeloop en die legendariese All Black, Billy Bush, se trui het onder &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":72396,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[7578,7579,7580,7576,1684,7577,5965,7575],"class_list":["post-72395","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines","tag-all-black","tag-billy-bush","tag-conrad-breytenbach","tag-francois-rossouw","tag-middelburg-rugbyklub","tag-springbok-captain","tag-suidoos-transvaal","tag-wynand-claassen"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"tag_labels":["All Black","Billy Bush","Conrad Breytenbach","Francois Rossouw","Middelburg Rugbyklub","Springbok captain","Suidoos-Transvaal","Wynand Claassen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72395","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72395"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72395\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/72396"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72395"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72395"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72395"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}