{"id":72224,"date":"2017-09-12T08:06:27","date_gmt":"2017-09-12T06:06:27","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=72224"},"modified":"2017-09-22T08:26:58","modified_gmt":"2017-09-22T06:26:58","slug":"die-ouma-en-die-kansvatter-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/09\/12\/die-ouma-en-die-kansvatter-2\/","title":{"rendered":"Die ouma en die kansvatter"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Familie (wat verkies om anoniem te bly) soek antwoorde nadat hulle uitgevind het dat hul bejaarde ma, wat ouer is as 80 jaar, deur &#8216;n 48-jarige man mislei word.<\/p>\n<p>Sy verkoop produkte vir &#8216;n ekstra inkomste en het nog altyd alles vir haarself gedoen, maar die laaste ruk gaan dit broekskeur.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>&#8220;Sy was skielik broke en toe ons haar daaroor uitvra, het sy net ges\u00ea dat sy &#8216;n bietjie te veel geld op haarself spandeer het.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Een van die kleinkinders het haar ouma se selfoon in die hande gekry en ingegaan op haar boodskappe.<\/p>\n<p>Sy het haar boeglam geskrik toe sy agterkom haar ouma gesels met die man (&#8216;n bekende op die dorp).<\/p>\n<p>Hy het haar troetelnaampies genoem en op &#8216;n baie onvleiende manier melding gemaak van sy eie vrou.<\/p>\n<p>Die man het onder andere ges\u00ea dat hy net by sy vrou bly &#8220;ter wille van die kinders.&#8221; Sy kinders is egter reeds uit die huis.<\/p>\n<p>Wat hulle die kwaadste maak, is dat hy in verskillende WhatsApp boodskappe bedrae genoem het wat hy kwansuis sou terugbetaal. Bedrae van tot R4 000 is genoem.<\/p>\n<p>Hy het gevra dat sy haar nuwe selfoon vir hom moet leen, want sy eie is stukkend.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>&#8220;Hy het op haar gevoel gespeel, want hy het tot haar vertel sy kar is stukkend.&#8221; Die boodskap het as volg gelui: &#8220;My kar is m&#8230;rtoe. Dis nie iets wat voorval nie. Krisis vir my. Niks met voorval te doen nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit was duidelik dat die ouma reeds die gelde oorbetaal het, aangesien sy nie meer enige fondse beskikbaar gehad het nie.<\/p>\n<p>Die familie het iemand gevra om die saak te ondersoek en ook die man te konfronteer.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>&#8220;Hy het begin huil toe hy gekonfronteer word, want hy wou nie h\u00ea sy vrou moes uitvind nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Op die vraag hoeveel geld hy al by die vrou &#8216;geleen&#8217; het, het hy erken dat dit meer as R20 000 was!<\/p>\n<p>Hy het ook gebieg dat hy &#8220;iets&#8221; gekoop het op haar apteekrekening, maar die bejaarde vrou het ni\u00e9 &#8216;n apteekrekening nie! Dit het hulle dadelik laat besef dat daar &#8216;n ander vrou in die prentjie is en dat hy dalk deurmekaar geraak het met die twee.<\/p>\n<p>Hy het onderneem om die geld terug te betaal, maar teen druktyd was daar nog geen oorbetalings gemaak nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/72177\/supervisor-murdered\/\" target=\"_blank\">Supervisor murdered<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/72201\/interpreter-kidnapped-murdered-2\/\" target=\"_blank\">Interpreter kidnapped, murdered<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/72204\/body-found-one-week-accident\/\" target=\"_blank\">Body found one week after accident<\/a><\/p>\n<p>\u2022 Die familie het gevra dat die koerant die storie moet publiseer met die hoop dat n\u00f3g vroue wat deur hom ingeloop het, na vore kom. &#8220;As hy dit so maklik kon regkry met \u00e9\u00e9n weerlose bejaarde vrou, hoekom nie met ander vroue ook nie?&#8221;<\/p>\n<p>\u2022Die Middelburg Observer het voorheen oor die man berig, wat inwoners duisende rande skuld vir huurgeld.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Getroude, 48-jarige man, het duisende rande by &#8216;n bejaarde vrou &#8220;geleen&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":49891,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-72224","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72224"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72224\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49891"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}