{"id":72134,"date":"2017-09-08T09:17:33","date_gmt":"2017-09-08T07:17:33","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=72134"},"modified":"2017-09-08T12:24:52","modified_gmt":"2017-09-08T10:24:52","slug":"plaasmoorde-geen-prioriteit-vir-polisie-politici-regstelsel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/09\/08\/plaasmoorde-geen-prioriteit-vir-polisie-politici-regstelsel\/","title":{"rendered":"Plaasmoorde geen prioriteit vir polisie, politici of regstelsel"},"content":{"rendered":"<p>Sestien jaar gelede, op 27 Julie 2001, is me. Wilna la Grange se man, Johann, voor sy dogter Aniene op hul plaas in die eMalahleni omgewing vermoor.<\/p>\n<p>Hy is met een van sy kleinkinders se fietsies deur sy moordenaars oor die kop geslaan.<br \/>\nDie hou was so enorm dat hy in sy eie bloed versmoor het.<\/p>\n<p>Aniene wat vasgebind by haar pa by die agterdeur gel\u00ea het, het gepoog om hom met haar voete op sy sy te draai, maar is deur een van die agt moordenaars verhoed met die woorde \u201cek skiet jou vrek as jy aan hom raak\u201d.<\/p>\n<p>Terwyl Aniene moes aanskou hoe haar pa voor haar stref is haar ma deur die huis gesleep en met \u2019n strykyster en kookwater gemartel.<\/p>\n<p>\u2022 Op 23 Augustus dieselfde jaar, is die bekende plaaslike bloemiste Marita Hattingh se man, Pieter, nie ver van waar mnr. La Grange vermoor is nie, op hulle plaas met ysters doodgeslaan.<\/p>\n<p>Sy drie aanvallers het ook tydens die plaasaanval beurtelings op sy bors gespring.<\/p>\n<p>Me. Hattingh het besluit om op die plaas te bly, maar haar emosies het die oorhand gekry.<\/p>\n<p>Sy het tydens \u2019n onderhoud in 2015 aan\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0ges\u00ea dat Pieter se moord die grootste laagtepunt van haar bestaan is.<\/p>\n<p>Me. Hattingh vind egter \u2019n mate van berusting in blomme wat sy s\u00ea haar vertroue in God standvastig hou in hul prag.<\/p>\n<p>Dit is al sestien jaar nadat haar man vermoor is. Die drie moordenaars het soos in Johann la Grange se geval, nooit vir hul dade geboet nie. Een van die aanvallers is aangekeer maar het ontsnap en is nooit weer gearresteer nie.<\/p>\n<p>\u2022 In Januarie 2012 is Francois du Toit op die plaas Kwalata in die Roossenekal omgewing in sy slaapkamer geskiet. Hy het op sy bed aan sy wonde beswyk. Mnr. Du Toit se vrou Eunice en sy kinders Francois (toe 12) en Stephani (toe nege) is vasgebind en was magteloos om te keer dat mnr. Du Toit doodbloei.<\/p>\n<p>Sy dogtertjie, Stephani (9), kon een van die mans tussen 14 ander uitken tydens \u2019n uiters intimiderende uitkenningsparade in Groblersdal, waartydens sy in dieselfde vertrek en sonder enige versperring tussen haar en die mans moes rondloop.<\/p>\n<p>Twee ander is ook gearresteer en aangekla. Ten spyte van die kind se brawe konfrontasie met die man wat haar boetie vasgebind het, is Given en Andries Maredi asook Titus Motshweni in die hooggeregshof in Middelburg vrygespreek.<\/p>\n<p>\u2022 In 2015 alleen was daar 27 misdade op die plaas Oostenwal van die Stoffbergdistrik se bekende Du Toit boere aangemeld.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63794\/video-dullstroom-murder-tribute-sue-pouring-rain\/\" target=\"_blank\">Video \u2013 Dullstroom murder: Tribute to Sue in the pouring rain<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63591\/horror-farm-attack-dont-afraid-darling\/\" target=\"_blank\">(Update): \u201cDon\u2019t be afraid my darling\u2026\u201d \u2013 The horror of a farm attack<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/63675\/update-lone-survivor-farm-attack-speaks-horror-night\/\" target=\"_blank\">(Update): Lone survivor of farm attack speaks about horror night<\/a><\/p>\n<p>Gedurende di\u00e9 jaar is mnr. Japie en sy vrou Christina du Toit in hul slaapkamer oorval. \u2019n Verdagte is in Mamelodi met mnr. Du Toit se voertuig aangekeer.<\/p>\n<p>Een van die insittendes is positief met die aanval verbind, maar nie vervolg nie.<\/p>\n<p>Maande later het 11 mans weer op die plaas toegesak en op mnr. Du Toit se jongste, Hans Jurgens, losgebrand.<\/p>\n<p>Boere het opgeruk en talle aanvallers is gearresteer. \u2019n Aanvaller wat deur die boere gewond is is later ge\u00efdentifiseer as die eienaar van die taxi wat die aanvallers plaas toe aangery het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 voertuig is later aan die eienaar teruggegee en niemand is vervolg nie.<\/p>\n<p>\u2022 Die moordondersoek op me. Sue Howarth in Dullstroom vroe\u00ebr die jaar maak stadig vordering.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moordenaars kom na 16 jaar nog meer weg met hul dade as to\u00e9.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":72140,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-72134","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72134","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72134"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72134\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/72140"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72134"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72134"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72134"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}