{"id":71952,"date":"2017-09-05T00:00:00","date_gmt":"2017-09-04T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/71952\/pasient-le-nag-op-vloer\/"},"modified":"2017-09-05T13:19:08","modified_gmt":"2017-09-05T11:19:08","slug":"pasient-le-nag-op-vloer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/09\/05\/pasient-le-nag-op-vloer\/","title":{"rendered":"Pasi\u00ebnt l\u00ea nag op vloer"},"content":{"rendered":"<p>Die VF Plus het ges\u00ea die skokkende wyse waarop \u2019n bejaarde ho\u00ebsorg-pasi\u00ebnt in die staatshospitaal op Belfast behandel is, is onaanvaarbaar. Die VF Plus gaan by di\u00e9 provinsie se minister van gesondheid op \u2019n antwoord aandring, s\u00ea mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Weber het mnr. Hennie de Beer (76) Vrydagaand uit sy bed geval en moes hy feitlik die hele nag op die vloer l\u00ea. Personeel het die saal (saal vyf) waarin hy gel\u00ea het, eers Saterdagoggend besoek en hom op die vloer aangetref.<\/p>\n<p>\u201cMnr. De Beer is na \u2019n ander kamer verskuif. Sy drip is egter nie teruggeplaas nie en daar was ook nie suurstof wat hy benodig nie. Die drip is eers die middag weer teruggeplaas.<\/p>\n<p>\u201cToe mnr. De Beer se seun, mnr. Hennie de Beer jnr. by die hospitaal navraag gedoen het oor die voorval, is hy hardhandig uit die hospitaal verwyder en daarvan beskuldig dat hy \u2019n rassis is.<\/p>\n<p>\u201cMnr. De Beer jnr. het aan die VF Plus vertel hoe geskok hy was oor die voorval, en het ontken dat hy rassisties opgetree het teenoor die personeel.<\/p>\n<p>\u201cHierdie voorval en optrede is totaal onaanvaarbaar. Wanneer mense met swak diens gekonfronteer word, raak dit toenemend ? maklike uitweg om die rassekaart te speel.<\/p>\n<p>\u201cDie VF Plus sal die saak nie daar laat nie. Wat met mnr. De Beer gebeur het, getuig van skokkende swak diens deur die personeel wat lewensgevaarlik is vir alle pasi\u00ebnte, wit en swart.<\/p>\n<p>\u201cDie matrone in beheer was nie bereid om met die VF Plus oor die aangeleentheid te praat nie, en het gister selfs versuim om haar foon te beantwoord. Die saak sal nie daar gelaat word nie, en die VF Plus sal by die provinsie se minister daarop aandring dat dit ondersoek word,\u201d s\u00ea mnr. Weber.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus het ges\u00ea die skokkende wyse waarop \u2019n bejaarde ho\u00ebsorg-pasi\u00ebnt in die staatshospitaal op Belfast behandel is, is onaanvaarbaar. Die VF Plus gaan by di\u00e9 provinsie se minister van gesondheid op \u2019n antwoord aandring, s\u00ea mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga. Volgens mnr. Weber het mnr. Hennie de Beer &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":71957,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"tobi","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1453,3847,7490,7491,7493,7492,7494],"class_list":["post-71952","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-belfast","tag-hospitaal","tag-middelburg-obserer","tag-nalatigheid","tag-vf-plus","tag-vryheidsfront","tag-werner-weber"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Belfast","hospitaal","middelburg obserer","nalatigheid","VF Plus","vryheidsfront","Werner Weber"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71952","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=71952"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71952\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71957"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=71952"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=71952"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=71952"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}