{"id":71616,"date":"2017-08-31T17:00:43","date_gmt":"2017-08-31T15:00:43","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=71616"},"modified":"2017-09-01T12:07:17","modified_gmt":"2017-09-01T10:07:17","slug":"opvolg-koue-skouer-vir-die-haat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/08\/31\/opvolg-koue-skouer-vir-die-haat\/","title":{"rendered":"Opvolg: Koue skouer vir di\u00e9 haat"},"content":{"rendered":"<p>Oosthuyzen en Jackson is skuldig bevind aan ontvoering, intimidasie, poging tot moord en twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.<\/p>\n<p>Jackson is ook skuldig bevind aan regsverydeling omdat hy die doodskis wat in die video gebruik is, verbrand het.<\/p>\n<p>Elsabe Juyn, deel van die twee se regspan, het ges\u00ea dat die uitspraak van regter Sheila Mphahlele hulle op sekere aspekte verstom het.<\/p>\n<p>\u201cAndre Maree van CarTrack was \u2019n onpartydige getuie. Een wat die staat voor die verhoor onderneem het om te dagvaar. Dit is toe net glad nie gedoen nie en ons moes dit op ons onkoste doen. Maree ken glad nie vir Theo of Willem nie, hy is heeltemal onpartydig,\u201d s\u00ea me. Juyn.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-71619\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-2-17_67792_tn-Copy-512x400.jpg\" alt=\"\" width=\"512\" height=\"400\" \/><\/p>\n<p>Die regter se interpretasie van die getuienis oor Jackson se voertuig se bewegings volgens \u2019n satelietopsporingsisteem, maak volgens haar nie sin nie. (Regter Mphahlele het bevind dat daar met die inligting gepeuter kon word nadat die staat \u2019n soortgelyke verslag waarop die aanklaer, adv. Robert Molokoane, se naam verskyn het, ingehandig het).<\/p>\n<p>\u201cMnr. Maree kon tog nie weet waar die papier vandaan kom of hoe dit verander is nie. Vir al sy verslae wat hy ingehandig het, het hy\u00a0<i>screenshots\u00a0<\/i>van die oorspronklike data op die rekenaar gemaak, sodat die regter kon sien dat dit dieselfde as die uitgedrukte verslag was,\u201d s\u00ea me. Juyn.<\/p>\n<p>Sy meen dat Oosthuyzen en Jackson hul dade erken het, maar nie die elemente wat teenwoordig moes wees as vereiste om skuldig bevind te word op sekere klagtes, nie.<\/p>\n<p>Oor die berg regskostes, is me. Juyn geheimsinnig. Sy s\u00ea hulle hoop op \u2019n wonderwerk.<\/p>\n<p>\u201cHulle was nie finansi\u00ebel instaat om \u2019n regspan vir twee weke in die hooggeregshof te kon h\u00ea nie, maar daar was ons, so wonderwerke gebeur steeds.\u201d<\/p>\n<p>Sy voel dat iemand vir die doodskistwee moet opstaan.<\/p>\n<p>Lees ook:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70129\/update-accused-call-witness-satellite-tracking-vehcles\/\" target=\"_blank\">Update: Accused to call witness on satellite tracking of vehicles <\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70124\/day-two-coffincase-trial-continues\/\" target=\"_blank\">Day two coffin case trial continues<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70112\/video-coffincase-inspection-location\/\" target=\"_blank\">Video: #Coffincase Inspection of location<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70111\/day-two-coffin-case-trial-start-middelburg\/\" target=\"_blank\">Day two of coffin case trial about to start in Middelburg<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70100\/second-day-coffin-case-trial-set-start\/\" target=\"_blank\">Second day of Coffin Case trial set to start<\/a><\/p>\n<p>\u201cIemand moet wal gooi. Mense dink dalk nie so nie, maar dit kan met enige iemand gebeur. Jy\u00a0<i>cover\u00a0<\/i>en keer nog en voor jy weer sien word jy van rassisme beskuldig.\u201d<\/p>\n<p>Me. Juyn s\u00ea dat sy op geen ander plek erger haat en rassisme ervaar het as van die betogers en die publieke banke af nie.<\/p>\n<p>\u201cDie haat wat van die publiek uitgestraal het, was iets vreesliks om te ervaar. Hulle het dit nie eens probeer verdoesel nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy meen dat die staat se optrede teen Oosthuyzen en Jackson in skrille kontras is met owerhede wat \u2018ander kant toe gekyk het\u2019 terwyl betogers doodsdreigemente teenoor die beskuldigdes asook opsweping tot geweld gemaak het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-71620\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-3-17_67628_tn-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-3-17_67628_tn-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-3-17_67628_tn-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u201cOm buite die hof rond te dans met \u2019n kis met Theo en Willem se gesigte op, of om poppe met die bordjie \u2018Oosthuyzen children\u2019 op \u2019n kruis te hang en te dreig om hulle dood te maak as hulle uitkom, is eintlik presies dieselfde as waarvan Willem en Theo beskuldig is. Hulle het ges\u00ea hulle gaan iemand dood maak, hulle het ges\u00ea hulle gaan iemand brand, hulle staan self in die beskuldigde bank daarvoor.\u201d<\/p>\n<p>Me. Juyn s\u00ea dat die regspan klaar begin het met voorbereiding vir verskeie moontlike uitkomste op die dag van vonnisoplegging. Een daarvan is om solank \u2019n oorkonde van die verhoor te laat tik, al is dit eintlik die staat se verantwoordelikheid, indien daar om appel aansoek gedoen gaan word.<\/p>\n<p>Me. Juyn het tydens die verhoor soos \u2019n hoenderhen beskermend om haar kli\u00ebnte en hul families gekloek. Daar was talle interessante voorvalle soos toe Jackson buite die Delmashof geklap is deur \u2019n betoger, of toe hulle in die selle aangehou is.<\/p>\n<p>Sy vertel dat hulle tydens die borguitspraak, twee weke voor die aanvang van die verhoor, in die hof se selle toegesluit is \u2018vir hul eie veiligheid.\u2019<\/p>\n<p>Lees ook:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70200\/update-police-ordered-keep-order-coffincase-trial\/\" target=\"_blank\">Update: More police ordered to keep order during #Coffincase trial<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70173\/day-3-coffincase-cross-examination-sithole-completed\/\" target=\"_blank\">Day 3 #Coffincase: Cross examination of Sithole completed<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70154\/day-3-coffincase-trial-happens\/\" target=\"_blank\"> Update 11 \u2013 Day 3 #CoffinCase trial \u2013 as it happens<\/a><\/p>\n<p>\u201cEk het my man gebel en ges\u00ea dat daar nou iets verkeerd gegaan het, die beskuldigdes is uit op borg maar die regspan sit in die selle toegesluit.\u201d<\/p>\n<p>Hulle kon eers om 18:30 toe daar besluit is dat dit veilig genoeg is om die deur oop te sluit, terug Pretoria toe ry.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat sy glad nie angstig is as sy saam met haar kli\u00ebnte uit die hof stap nie, maar eerder vrees dat hulle uitgelok sal word.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-71621\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-4-17_67691_tn-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-4-17_67691_tn-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/BJAUG47-4-17_67691_tn-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u201cEk s\u00ea altyd vir hulle om agter my in te spring as iemand hulle aanval. Laat hulle die tannie klap, ek kan myself verdedig. Maar hulle kan nie \u2019n vinger teen iemand lig om hulself te beskerm nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Lees ook in die\u00a0<i>Middelburg Observer<\/i>\u00a0uitgawe hoe die twee beskuldigdes se vroue afgepers is en hulle der duisende rande verloor het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regter Sheila Mphahlele se uitspraak in die doodskisverhoor het Willem Oosthuyzen en Theo Jackson se regspan verstom.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":71618,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-71616","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=71616"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71616\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71618"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=71616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=71616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=71616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}