{"id":71612,"date":"2017-08-31T13:40:39","date_gmt":"2017-08-31T11:40:39","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=71612"},"modified":"2017-09-01T14:45:14","modified_gmt":"2017-09-01T12:45:14","slug":"vuur-lok-boer-uit-huis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/08\/31\/vuur-lok-boer-uit-huis\/","title":{"rendered":"Vuur lok boer uit huis"},"content":{"rendered":"<p>Johan en Leonora Kruger boer langs die Wapadskloofpad naby Stoffberg. Hulle het Saterdagnag, net na 23:00 \u2019n vuur in die veld naby hul huis opgemerk. Die Kruger egpaar en van hul werkers het daarheen gehaas om dit te blus.<\/p>\n<p>\u201cDie wind het gaan l\u00ea en ons het die vuur maklik onder beheer gekry,\u201d s\u00ea mev. Kruger. Hulle was skaars \u2019n halfuur later terug by die huis. Hulle het twee jong Jack Russell hondjies en maak as gevolg daarvan die deur wat na die slaapkamers lei toe, sodat hulle nie daar verwoesting kan saai nie.<\/p>\n<p>Mev. Kruger s\u00ea dat hulle besig was om koffie te drink, toe hulle sien dat die vuur weer ontvlam het.<\/p>\n<p>Nadat dit vir die tweede keer geblus is, is die egpaar weer terug huistoe.<\/p>\n<p>\u201cDie twee hondjies het vreeslik tekere gegaan en by die deur wat toe was, gegrom en geblaf,\u201d s\u00ea mev. Kruger.<\/p>\n<p>Toe hulle die deur oopsluit het totale chaos hulle begroet.<\/p>\n<p>Mnr. Kruger het verbaas uitgeroep \u201cKyk hoe lyk die kamer!\u201d Boewe het al hul klere uit die kaste gegooi op soek na waardevolle items.<\/p>\n<p>Mev. Kruger vermoed dat hulle of saam met die inbrekers in die huis was of minute nadat hulle weg is, by die huis aangekom het.<\/p>\n<p>\u201cOns lewe! Dis die belangrikste. Dit kon soveel erger gewees het.\u201d<\/p>\n<p>Hulle vermoed nou dat die vuur vir \u2019n tweede keer aangesteek is, omdat hulle dalk te vinnig terug by die huis was.<\/p>\n<p>\u201cMoet onder geen omstandighede sommer net uit jou huis gaan so laat in die nag nie. Maak eers alarm. Bel die bure, wag dat hulle opdaag,\u201d waarsku mev. Kruger.<\/p>\n<p>Die polisie ondersoek \u2019n klag van huisbraak. Daar is tot op hede nog geen arrestasies gemaak nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Boer en sy vrou is oor die naweek kort voor middernag uit hul huis gelok toe iemand die veld elders op hul plaas aan die brand gesteek het.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":71613,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-71612","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71612","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=71612"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71612\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71613"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=71612"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=71612"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=71612"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}