{"id":70531,"date":"2017-08-08T14:55:53","date_gmt":"2017-08-08T12:55:53","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=70531"},"modified":"2017-08-09T07:51:21","modified_gmt":"2017-08-09T05:51:21","slug":"opvolg-seun-oor-plaasaanval-dit-kan-nie-met-gebeur-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/08\/08\/opvolg-seun-oor-plaasaanval-dit-kan-nie-met-gebeur-nie\/","title":{"rendered":"Opvolg: Seun oor plaasaanval: \u2018Dit kan nie met my gebeur nie\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Groblersdal se Landelike Veiligheidgroep bestaan skaars meer as \u2019n jaar en di\u00e9 vergadering is gehou vir alle lede van die gemeenskap, die Vallei se boere, sekuriteitsmaatskappye, asook die verskeie buurtwag-groepe.<\/p>\n<p>Die doel van die vergadering was om die die plaasaanval te bespreek en om aandag te gee aan die lesse wat geleer kan word.<\/p>\n<p>Bernard het vertel dat hul onverwags, helder oordag, om 11:00 Sondag op hul plaas aangeval is. Hy en sy pa het voer na die beeste geneem, waarna hul teruggekeer het na die plaashuis.<\/p>\n<figure id=\"attachment_70532\" aria-describedby=\"caption-attachment-70532\" style=\"width: 496px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-70532\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/08\/20622126_2013830315_06949_tn-496x400.jpg\" alt=\"\" width=\"496\" height=\"400\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-70532\" class=\"wp-caption-text\">Me. Meisie en mnr. Herman Botha.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cEk het my pa by die huis afgelaai, aangesien hy solank die vuurtjie vir \u2019n braai wou aansteek. Terwyl my pa die braaier uit die motorhuis gehaal het, het ek weer gery na een van die spilpunte. Wat ek egter nie geweet het nie, is dat daar reeds verdagtes in die motorhuis was,\u201d s\u00ea Bernard.<\/p>\n<p>Mnr. Botha is deur die aanvallers vasgekeer en hard oor die kop geslaan, waarna hul hom vasgebind het.<\/p>\n<p>\u201cEk het niks vreemd opgemerk nie, ek het verby die store gery en niks verdag gesien nie. Ek onthou toe ek by die huis gestop het, het een van die die honde nog rustig op die gras gel\u00ea. Kort na ek van die spilpunte afgekom het, het ek ingestap waar di\u00e9 mans my ingewag het. Almal was gewapen. Ek onthou ek het gedink: \u2018Dit kan nie met my gebeur nie\u201d .<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70423\/plaasaanval-boer-dood-voor-helikopter-hom-kan-oppik\/\" target=\"_blank\">Plaasaanval: Boer dood voor helikopter hom kan oppik<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/70466\/opvolg-boer-wat-vermoor-kolonel-kommando\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Boer wat vermoor is was kolonel in kommando<\/a><\/p>\n<p>Die gewapende mans het Bernard op die grond gegooi en vasgebind. Hulle het hom geslaan en geskop en hom rondgesleep.<\/p>\n<p>Die aanvallers het mnr. Botha se voertuig vol vuurwapens gelaai, waarna hul nog geskarrel het met voertuie se sleutels.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n voertuig gehoor en besef dat my ma, Meisie, my vrou, Benita, en kinders op pad terug is van die kerk af. Ek wou skree maar die mans het \u2019n boks in my mond gedruk.\u201d<\/p>\n<p>Hy vertel dat die kinders glad nie vasgebind is nie en dat die gewapende mans die kinders verbasend sag hanteer het, die vrouens is ook sagter hanteer.<\/p>\n<p>Die aanvallers het die vuurwapens vanuit mnr. Botha se voertuig oorgeskuif na die Toyota Etios waarmee die vrouens gery het en vanaf die toneel gevlug.<\/p>\n<p>Mnr. Botha het daarin geslaag om homself te bevry van die toue en draad wat gebruik was om hom vas te bind.<\/p>\n<p>\u201cMy pa was baie deurmekaar en hy het reeds baie bloed verloor, maar hy kon steeds daarin slaag om my en die vrouens los te maak, waarna hy die noodoproep gemaak het.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_70533\" aria-describedby=\"caption-attachment-70533\" style=\"width: 498px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-70533\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/08\/20707949_1021258038_10676_tn-498x400.jpg\" alt=\"\" width=\"498\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/20707949_1021258038_10676_tn-498x400.jpg 498w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/08\/20707949_1021258038_10676_tn-250x200.jpg 250w\" sizes=\"auto, (max-width: 498px) 100vw, 498px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-70533\" class=\"wp-caption-text\">Bernard en Benita Botha.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy vertel dat hy na die voorval saam met een van die polisielede deur die huis gestap het, waar hul die plas bloed in die badkamer opgemerk het, waar hy aanneem sy pa vasgebind was. Hy s\u00ea dat daar selfs lappies gel\u00ea het waar sy pa moontlik probeer het om die bloed te stop.<\/p>\n<p>\u201cEk dink net mens is geneig om meer paraat in die nag te wees as helder oordag,\u201d het hy vir die boere ges\u00ea.<\/p>\n<p>Mnr. Willem Bouwer, voorsitter, het tydens die vergadering ges\u00ea dat niemand so \u2019n voorval kan systap nie, maak nie saak hoe paraat die persoon dink hul is nie. Hy het ges\u00ea dat dit vir hom hartseer is om di\u00e9 vergadering te open want hy weet dat mnr. Botha altyd teenwoordig was met vergaderings wat gehandel het oor die Vallei se veiligheid.<\/p>\n<p>\u201cOns is dankbaar wat hy vir ons as boere, gemeenskap en veiligheidsman beteken het,\u201d het mnr. Bouwer ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Botha is deur Swift Emergency Medical Services na Groblersdal se rugbyveld geneem, waar \u2019n helikopter mnr. Botha na Pretoria sou vlieg. Mnr. Botha is egter oorlede voor die helikopter in Groblersdal kon land.<\/p>\n<p>\u2022 Uitstekende samewerking vanaf gemeenskapslede, sekuriteitsmaatskappy, buurtwaglede en boere het verseker dat die Toyota Etios opgespoor is. Die voertuig is verlate naby die Loskopdam winkelsentrum gekry, met van die vuurwapens nog daarin. \u2019n Verdagte Toyota Fortuner is op die N11 gejaag maar verloor kort nadat dit op die Elandsdoornpad afgedraai het. Die voertuig is later verlate, sowat 20 km van die toneel af gekry.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Piet Groenewald (Wildlife Investigations and Protection Services) s\u00ea dat hy inligting ontvang het dat verdagtes deur \u2019n taxi afgelaai is en per voet op die plaas van mnr. Gideon Bresler is. Twee verdagtes is kort daarna deur boere, lede van buurtwag en sekuriteitsmaatskappye gearresteer, nadat hulle gesien loop is op die plaas. Daar is twee vuurwapens in hul besit gekry en daar is later vasgestel dat die vuurwapens in mnr. Botha se naam geregistreer was.<\/p>\n<p>\u2022 Lt. kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo polisiewoordvoerder, s\u00ea dat die polisie nog probeer vasstel aan wie die Fortuner behoort. Hy het in \u2019n persverklaring ges\u00ea dat die polisie \u2019n grootskaalse soektog na die oorblywende verdagtes geloods het. Enige iemand met inligting kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 bel.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Botha was die voorsitter van die Agri Loskop-veiligheidskomitee, \u2019n lid van die Agri Limpopo-veiligheidsraad, en \u2019n voormalige bevelvoerder van die Loskop-kommando-eenheid.<\/p>\n<p>\u2022Twee Zimbabwi\u00ebrs, Thomas Baloyi (23) en Thobias Moyo (44), het vanoggend in die landdroshof op Groblersdal verskyn. Klagtes van roof met verswarende omstandighede en moord word teen hulle ondersoek.<\/p>\n<p>Die saak is uitgestel na 17 Augustus vir regshulp en \u2019n borgaansoek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk onthou net ek het gedink, \u2018Dit kan nie met my gebeur nie,\u201d was die woorde van Bernard Botha gisteraand in \u2019n volgepakte Distrik Landbou Unie saal, net \u2019n dag nadat sy pa, Herman, in \u2019n plaasaanval gesterf het. <\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":70532,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"gallery","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[5247,5842,5810,1488,1049,1697,1992,6126,1088],"class_list":["post-70531","post","type-post","status-publish","format-gallery","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-aanval","tag-attack","tag-boer","tag-boere","tag-danger","tag-doodelik-gevaarlik","tag-gevaar","tag-plaasaanval","tag-warning","post_format-post-format-gallery"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["aanval","attack","Boer","boere","danger","Doodelik gevaarlik","gevaar","plaasaanval","warning"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70531","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70531"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70531\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70532"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70531"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70531"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70531"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}