{"id":70353,"date":"2017-08-05T06:00:00","date_gmt":"2017-08-05T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/70353\/27-misdade-moordenaars-loop-skotvry-rond\/"},"modified":"2017-08-05T06:03:18","modified_gmt":"2017-08-05T04:03:18","slug":"27-misdade-moordenaars-loop-skotvry-rond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/08\/05\/27-misdade-moordenaars-loop-skotvry-rond\/","title":{"rendered":"27 misdade &#8211; Moordenaars loop skotvry rond"},"content":{"rendered":"<p>Drie daarvan was gewapende rooftogte waarin inwoners op die plaas met wapens aangehou of in lewensgevaar was.<\/p>\n<p>In Maart 2015, word \u2019n jong man wat die Du Toit gesin se huis oppas, gemartel en met vuurwapens aangehou voor rowers met hul buit vlug.<\/p>\n<p>\u2022In Junie dieselfde jaar was dit Japie en Christina du Toit se beurt om met gewapende mans in hul slaapkamer wakker te word. Daar is later verdagtes in mnr. Du Toit se voertuig in Mamelodi vasgetrek. Mnr. Du Toit het later sy aanvallers positief uitgeken tydens \u2019n uitkenningsparade wat hy as een van die \u201caakligste ervarings\u201d in sy lewe beskryf.<\/p>\n<p>Hy het nooit weer van die polisie gehoor nie, tot hulle hom verlede jaar gebel het om hom in kennis te stel dat een man, die een wat agter die stuur van sy voertuig gevang is, \u2019n vyf jaar opgeskorte vonnis gekry het. Mnr. Du Toit is nooit tydens die hofsaak gevra om te gaan getuig nie.<\/p>\n<p>\u2022In Oktober 2015 kom daar 11 mans in \u2019n Toyota Corolla en \u2019n minibus taxi wat aan die Menlyn Taxi Vereniging behoort, op die plaas aangery.<\/p>\n<p>Twee mans klim uit en vra vir Hans Jurgens du Toit, mnr. Du Toit se jongste seun, om beeste te koop. Toe mnr. Du Toit s\u00ea hy verkoop nie vee van die plaas af nie, ruk hulle vuurwapens uit en begin op hom skiet.<\/p>\n<p>Mnr. Du Toit hou kop en vlug om sy huis. In die tuin het dit gewemel van die mans wat na hom soek. Hy draai terug en wag die twee gewapende mans, wat hom agterna gesit het om \u2019n hoek in en slaag daarin om een van hulle raak te skiet.<\/p>\n<p>Sy skote laat die res van die groep vlug. Boere in die omgewing is egter blitsvinnig op hulle. Hulle versper die grondpad naby die plaas en raak in \u2019n skietgeveg met die insittendes van die minibus taxi en die Corolla betrokke en skiet nog een van die aanvallers in die been raak.<\/p>\n<p>Soos wat die aanvallers die veld in gehardloop het, het hulle hul hemde uitgetrek en neergegooi. Daar is ook selfone en ander persoonlike items opgetel. \u2019n Samsung tablet, wat deur talle ooggetuies op die toneel gesien is en deur \u2019n polisieman in uniform opgetel is toe dit begin lui het, is nooit by die polisie se bewysestoor ingeboek nie.<\/p>\n<p>\u2019n Grootskaalse soektog is geloods met die hulp van helikopters. Die gewonde verdagte is later in die veld opgespoor, sonder sy hemp. Die Middelburg Observer stel later onafhanklik vas dat die minibus taxi aan hom behoort.<\/p>\n<p>Net minder as twee jaar later het daar niks van die saak gekom nie. Mnr. Du Toit word nooit geroep om iemand te probeer uitken nie of om te getuig nie.<\/p>\n<p>Die taxi, wat as bewysstuk by die Laersdrift Polisiestasie gestaan het, het later verdwyn. Toe mnr. Du Toit navraag doen, is hy ingelig dat dit aan die eienaar teruggegee is. Die man, waarvan die Middelburg Observer \u2019n foto het met \u2019n skietwond in sy been, kom skotvry weg. Dit blyk nou dat die polisie selfs nagelaat het om \u2019n mediese verslag te kry wat bevestig dat die verdagte se besering wel as gevolg van \u2019n skietwond was.<\/p>\n<p>Mnr. Du Toit s\u00ea dat hy onlangs gekontak is deur \u2019n nuwe speurder om \u2019n uitkenningsparade by te woon.<\/p>\n<p>\u201cMy pa het al die mans wat hom in sy huis aangehou het positief uitgeken. Daar het niks van gekom nie. Stephani het toe sy net nege jaar oud was \u2019n rower positief uitgeken. Daar het ook niks van gekom nie. Ek is nie bereid om myself daar deur te sit sommer net vir die sports nie,\u201d s\u00ea mnr. Du Toit.<\/p>\n<p>\u2019n Oud-polisieman wat by die ondersoek betrokke was, s\u00ea dat daar so baie inligting en bewyse was dat hy verstom is dat niemand aangekla is nie. Hy het ges\u00ea dat hy later uitgevind het dat die polisie nie eens moeite gedoen het om die res van die verdagtes, van wie daar DNS, selfone, beursies en ander bewyse was, op te spoor nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op die plaas Oostenwal, sowat 25 km, soos die kraai vlieg, van Kwalata, is daar al 27 misdade aangemeld by die polisie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":70354,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-70353","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70353","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70353"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70353\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70354"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70353"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70353"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70353"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}