{"id":69797,"date":"2017-07-28T08:00:00","date_gmt":"2017-07-28T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/69797\/ons-moenie-mekaar-se-harte-mors-nie\/"},"modified":"2017-07-28T08:02:29","modified_gmt":"2017-07-28T06:02:29","slug":"ons-moenie-mekaar-se-harte-mors-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/07\/28\/ons-moenie-mekaar-se-harte-mors-nie\/","title":{"rendered":"Ons moenie mekaar se harte mors nie"},"content":{"rendered":"<p>Boere is soos ons almal se ma en pa, hulle sorg vir ons. Al werk jy in die dorp, jou kos kom van die plaas af.<\/p>\n<p>Daar moet iets gedoen word. Waar gaan ons land heen as hulle die boere dood maak? Boere sal bymekaar moet kom en hulle eie plan maak om hulle self te beskerm.<\/p>\n<p>My hart is baie seer as ek hoor daar is \u2019n boer geskiet. Want ek weet, daai plaas gaan nou nie meer kos maak nie. Mense wat eet, weet nie altyd waar die kos vandaan kom nie.<\/p>\n<p>Daar is baie mense wat niks het om te doen nie. Hulle het nie tyd om te werk nie, maar hulle het genoeg tyd om jou dop te hou. Hulle sien wanneer jy ry en wanneer jy by die huis kom. In die winter steek hulle die veld aan die brand en dan hardloop ons almal om die vuur te gaan doodmaak. Dit is dan wat hulle in jou huis ingaan en jou goed vat of vir jou wag.<\/p>\n<p>Boere sal wakker moet wees. As jy by jou huis stop en jy sien jou honde is nie by die hek soos altyd nie, dink eers voordat jy by die bakkie uitklim. Roep eerder ander mense om jou te help. Ander boere kom vinniger as die polisie, roep hulle.<\/p>\n<p>Ek weet nie of hierdie ding gaan regkom nie, maar ons kan dit nie net so los nie.<\/p>\n<p>Boere moet mooi kyk vir bakkies wat hout op plase kom laai. Ek s\u00ea nie almal wat hout soek is skelm nie, maar daar is baie kansvatters. Hulle soek nie regtig hout nie, hulle kom kyk net rond op jou plaas. Baie boere huil oor hulle mielies wat so gesteel word. Maar as jy onder party van die bakkies gaan loer wat hout laai, gaan jy \u2019n paar sakke mielies tussen die hout kry. Die hout storie is net \u2019n skelm plan.<\/p>\n<p>Dan kry jy huise waar mense honderde sakke mielies stoor, maar hy werk in die dorp en hy het nie \u2019n land geploeg nie. Waar kom daai mielies vandaan?<\/p>\n<p>Ryk mense het hard en swaar gewerk om ryk te word. As jy wil ryk wees en jy wil lekker eet, werk hard sodat jy iets op die tafel kan sit. Dan kan jy jou kinders leer: my bakkie, my huis, my beeste, kom van my hande af. Ek het dit nie gesteel nie, ek het hard gewerk daarvoor.<\/p>\n<p>Dominees moet help. Hulle moet meer praat met die mense. Hulle moet die mense leer wat die Bybel s\u00ea. Die goed in iemand anders se huis, is nie joune om sommer net te vat nie. \u2019n Ander man het dit self bymekaar gemaak.<\/p>\n<p>Daar is niks so lekker om vir jou kind te kan vertel: \u201cSien jy daai fiets, ek het hard gewerk vir R100 en toe gaan koop ek daai fiets. Sorg daai fiets en dan sal hy jou sorg.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Ander ding wat moeilikheid maak is die ding met mense wat op die plaas bly. Witmense met probleme met mense op die plase, moenie sommer \u2019n trekker vat en hulle huise omstoot nie. Haal hulle op die regte manier uit. Dis van die verkeerde manier wat daar moeilikheid kom.<\/p>\n<p>Ons moet saamwerk om hierdie ding te kan wen. Mense wat nie op plase wil werk nie, moenie daar gaan skade maak nie, want hulle maak vir ons almal skade. Dan sien \u2019n boer \u2019n swartman aankom en hy dink \u2018Ek jaag jou sommer by die hek al weg\u2019.<\/p>\n<p>Ek is nie soos daai man wat jou hart gemors het nie. Ek is soos jy, ek is \u2019n boer, ek is \u2019n kerkman, ek hou nie van mense wat ander mense se goed vat nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Charlie Mashia: Ek lees weer van die boere wat op hulle plase doodgemaak is en ek dink, hulle het nou al weer \u2019n man dood gemaak wat vir mense gesorg het. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":11300,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[509,2889,7,2,2888],"tags":[],"class_list":["post-69797","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-note","category-letters","category-local-news","category-news-headlines","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69797","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=69797"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69797\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11300"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=69797"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=69797"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=69797"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}