{"id":69188,"date":"2017-07-09T06:00:00","date_gmt":"2017-07-09T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/69188\/camen-dee-leigh-sharpley-white\/"},"modified":"2017-07-12T11:27:38","modified_gmt":"2017-07-12T09:27:38","slug":"camen-dee-leigh-sharpley-white","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/07\/09\/camen-dee-leigh-sharpley-white\/","title":{"rendered":"Camen Dee? Leigh? Sharpley-White?"},"content":{"rendered":"<p>Is sy Carmen Leigh, of is dit nou Carmen White-Sharpley, Carmen Cant of Carien Dee?<\/p>\n<p>Wat die Observer wel weet is dat sy reageer het op die naam \u2018Carmen\u2019. Dat daar voor in \u2019n boek wat sy by een gastehuis vergeet is, di\u00e9 naam staan en dat voorskrifmedikasie wat in haar kamer was, uitgemaak is aan Carmen White-Sharpley.<\/p>\n<p>\u2019n Gastehuis-eienaar (wat anoniem wil bly) het Maandagoggend woedend by die koerant ingestap en ges\u00ea dat sy ander gastehuise wil waarsku teen die vrou, wat haar voorgedoen het as \u201cCarien Dee\u201d.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat die vrou gevra het vir verblyf vir \u2019n week, aangesien haar man in die Life Midmed Hospitaal opgeneem is.<\/p>\n<p>\u201cSy het ges\u00ea dat hulle van Nelspruit af kom en dat haar man die oorbetaling vir verblyf uit die hospitaal uit sal doen.\u201d<\/p>\n<p>Elke keer as daar gevra is wanneer sy gaan betaal, het sy ges\u00ea sy wag net dat haar man dit moet doen.<\/p>\n<p>Met haar terugkeer die aand, het sy \u2019n selfoonboodskap vir hulle gewys met \u2019n \u2018kamtige bank sms\u2019 dat die geld oorbetaal is.<\/p>\n<p>\u201cSy het die nag daar geslaap en vir haar \u2019n ete \u00e9n koeldrank bestel!\u201d<\/p>\n<p>Die gastehuis-eienaar s\u00ea sy het onraad vermoed toe die vrou met haar gesels en h\u00e1\u00e1r (eienaar) skielik \u201cCarien\u201d noem.<\/p>\n<p>Daar is vir haar ges\u00ea dat sy kan kyk op haar e-pos of daar nie \u2019n bewys van betaling deurgekom het nie, aangesien haar man \u2019n e-pos na die gastehuis gestuur het.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n mail gekry van \u2019n ene Flip Dee af, maar daar was g\u00e9\u00e9n aanhangsel nie. Sy het natuurlik daar buite gaan sit en dit sommer self van haar selfoon af gestuur!\u201d<\/p>\n<p>\u201cCarien\u201d het ges\u00ea sy gaan w\u00e9\u00e9r haar man besoek en uitvind wat gaan aan.<\/p>\n<p>Die gastehuis-eienaar het besef sy word ingeloop en het self die hospitaal gebel om te hoor of daar so \u2019n pasi\u00ebnt is. Die hospitaal het haar verseker daar is beslis nie so \u2019n persoon by hulle nie.<\/p>\n<p>Sy het \u201cCarien\u201d gebel en haar konfronteer oor haar leuens en vir haar ges\u00ea dat sy ander gaste moes wegwys omdat sy die kamer uitgehou het vir haar. \u201cCarien\u201d het egter nooit teruggekeer nie.<\/p>\n<p>\u201cBuiten die geld wat sy skuld vir die verblyf, is sy ook weg met die gastehuis se sleutel, die hek se afstandbeheer en die kluissleuteltjie!\u201d<\/p>\n<p>Die vrou glo dat daar \u201ciets groots in Carien, of wat haar naam ook al is, se lewe verkeerd geloop het dat sy so loop en jok!\u201d<\/p>\n<p>In die kamer waar \u201cCarien\u201d gebly het, het sy \u2019n boek gekry met die naam: \u201cDevil, Demons and Spiritual Warfare.\u201d<\/p>\n<p>Kort nadat sy uitgevang is oor haar leuens by di\u00e9 gastehuis het sy aangeklop by \u2019n ander gastehuis en ook vir \u2019n week bespreek.<\/p>\n<p>Die bespreking is gedoen deur Booking.com en sy het sommer 06:00 al opgedaag.<\/p>\n<p>Vir di\u00e9 gastehuis het sy ges\u00ea dat haar vriend, Jason, die vorige aand al die oorbetaling gedoen het.<\/p>\n<p>\u201cJason is van Edenvale en is baie besig in vergaderings.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie gastehuis het sy vir twee dae aan \u2019n lyntjie gehou met betalings beloftes en het hulle met haar slimpraatjies selfs oortuig om met haar na die kitsbank te ry, waar die geld elke keer nie beskikbaar was nie.<\/p>\n<p>Hulle moes haar ook by die Hervormde Kerk, Noord gemeente aflaai.<\/p>\n<p>\u201cHaar pa is kwansuis \u2019n dominee van Sabie en sy het ges\u00ea hy in \u2019n vergadering by die kerk en dat sy daar vir hom sal wag.\u201d<\/p>\n<p>Ook aan hulle is \u2019n sms gewys van \u201cinbetalings\u201d, maar hulle het nooit hul geld gekry nie.<\/p>\n<p>By hierdie gastehuis het sy haar bankkaart gelos.<\/p>\n<p>Een van die gastehuis-eienaars het \u2019n ander gastehuis teen die vrou gewaarsku, wat haar vroeg hierdie week laat weet het dat sy wel by hulle aangeklop het vir verblyf, maar dat hulle haar weggewys het.<\/p>\n<p>\u2022 Die Observer het Carmen gebel vir kommentaar wat bevestig het dat sy by die gastehuise oorgeslaap het.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea dat sy die afgelope week in die Middelburg Hospitaal is en nie kans gekry het om die gastehuise te gaan betaal nie.<\/p>\n<p>Sy het sommer die joernalis gevra om die gastehuis-eienaars te kontak sodat hulle h\u00e1\u00e1r kan bel om \u2019n re\u00ebling te tref vir betaling.<\/p>\n<p>\u201cEk verstaan dat hulle kwaad is, want \u2019n mens kan nie net in Spar ingaan en goed vat sonder om te betaal nie. Ek sal op die laaste Vrydag hul geld vir hul gee.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 In 2015 het besighede die koerant genader nadat sy haar hare laat doen het vir R1 200 en nie betaal het nie. Daarna het R3 500 gevolg vir \u2019n bakkie se kollig en kabels, \u2019n sitkamerbank en selfs petrolgeld.<\/p>\n<p>In daardie tyd het sy ook twee ID-dokumente gebruik, Cant \u00e9n White-Sharpley.<\/p>\n<p>Allerlei hartseer stories is aan die koerant vertel dat sy onder andere in \u2019n hofgeding gewikkel is en dat die wanbetalings was omdat sy nie onderhoud kry nie en daar nie genoeg fondse in haar rekening was nie.<\/p>\n<p>Sy het dadelik nadat daar destyds op Facebook \u2019n storm om haar kop losgebars het, haar skuld vereffen.<\/p>\n<p>Haar woorde aan die joernalis was: \u201cEk weet dat ek deure agter my toemaak, en besef dat my familie ook nie veel langer vir my in die bresse gaan tree nie. Derhalwe poog ek nou om my lewe in orde te kry.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Carmen het tans twee Facebook profiele, Carmen Leigh en Carmen White-Sharpley.<\/p>\n<p>Haar laaste inskrywing op Facebook was: \u201c1 July&#8230;it\u2019s done!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Vrou wat twee keer verlede week by gastehuise oorgeslaap het sonder om te betaal, wou hierdie week h\u00ea die koerant moet haar uit di\u00e9 tameletjie help.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":69189,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-69188","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69188","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=69188"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69188\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/69189"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=69188"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=69188"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=69188"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}