{"id":68474,"date":"2017-06-20T09:05:55","date_gmt":"2017-06-20T07:05:55","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=68474"},"modified":"2017-06-22T08:01:52","modified_gmt":"2017-06-22T06:01:52","slug":"nul-nie-niks-nie-dis-koerante-vol","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/06\/20\/nul-nie-niks-nie-dis-koerante-vol\/","title":{"rendered":"Nul is nie niks nie, dis koerante vol"},"content":{"rendered":"<p>Die nuwe Afrikaanse flie, Nul is Nie Niks Nie, begin op 7 Julie in teaters te draai en die storielyn loop deur die <i>Middelburg Observer<\/i> koerant en Get It tydskrif.<\/p>\n<p>Nul is Nie Niks Nie is \u2019n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee gevind kan word. Dertienjarige Hoender (Martin) Retief is \u2019n hoenderboer wat uitblink in wiskunde.<\/p>\n<p>Hy woon in \u2019n dooie, plattelandse dorpie en verkoop sy hoenders se eiers as sakgeld.<\/p>\n<p>Tannie Hantie, die lewendigste lid van die gemeenskap, ondersteun lojaal Hoender se eier verkope en is ook \u2019n oor wat luister wanneer Hoender graag by iemand wil afpak. Hoender word onverwags vriende met die nuwe buurseun, Drikus Ferreira.<\/p>\n<p>Hy ly aan Hodgkins se siekte en sy laaste droom is om \u2019n zombiefliek te maak. Hoender, die rissiepit Chris (Hoender se droommeisie) en Drikus vorm vinnig \u2019n hegte band.<\/p>\n<p>Die filmspannetjie ontsnap saam van hulle daaglikse eentonige lewens en bekommer hulle nie meer oor skool boelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaar ma nie.<\/p>\n<p>Hoender moet diep delf \u2013 om seker te maak Drikus se film word wel voltooi moet hy opstaan vir dit wat reg is, gaan vir dit wat hy wil h\u00ea en nooit opgee in dit wat hy glo nie.<\/p>\n<p>Drikus se film red die dooie gemeenskap en blaas weer nuwe lewe in die eens stil en verlate strate. Hoender se familie besef ook dat hulle nie meer in die verlede kan lewe nie.<\/p>\n<p>Die tyd om te lewe is nou! \u201cNul is nie niks nie, dis die middel. Dis halfpad tussen die positiewe en negatiewe getalle. Nul\u2026 is nie niks nie.\u201d<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/hm154jrJg00' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>\u2022Die <i>Middelburg Observer <\/i>se bekroonde joernalis, Daleen Naude, het op Waterval Boven grootgeword waar Nul is Nie Niks Nie verfilm is.<\/p>\n<p>Die koerant se bestuurder, Roland Kolesky, het ook saam met sy ouers vir jare op Waterval Boven gebly en later daar begin werk.,<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nul is Nie Niks Nie &#8211; dit is die koerante vol, dit is tydskrifte vol.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":68476,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"video","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2704,2681,7,2],"tags":[],"class_list":["post-68474","post","type-post","status-publish","format-video","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment-news","category-lifestyle-news","category-local-news","category-news-headlines","post_format-post-format-video"],"category_labels":{"Category":"Lifestyle","SubCategory":"Entertainment"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68474","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68474"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68474\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/68476"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68474"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68474"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68474"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}