{"id":68448,"date":"2017-06-19T11:01:03","date_gmt":"2017-06-19T09:01:03","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=68448"},"modified":"2017-06-20T09:08:50","modified_gmt":"2017-06-20T07:08:50","slug":"polisie-vat-boervrou-se-vuurwapen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/06\/19\/polisie-vat-boervrou-se-vuurwapen\/","title":{"rendered":"Polisie vat boervrou se vuurwapen"},"content":{"rendered":"<p>Estelle Oberholzer (74) is in <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/39669\/bejaarde-boervrou-gearresteer\/\" target=\"_blank\">Desember 2015 gearresteer<\/a>, drie dae nadat haar man, Jan, in &#8216;n onderonsie met hul huishulp se seun op die plaas was.<\/p>\n<p>Die seun, wat ook die klaer in die saak was, het destyds aangevoer dat mev. Oberholzer probeer het om hom dood te skiet. Hy het in sy verklaring ges\u00ea dat die koe\u00ebl sentimeters naby sy kop verby gevlieg het.<\/p>\n<p>Mev. Oberholzer het vertel dat die seun, wat toe minderjarig was en dus nie ge\u00efdentifiseer kan word nie, vakansies by hulle op die plaas gewerk het.<\/p>\n<p>Die egpaar het hom gehelp om &#8216;n skootrekenaar met &#8216;n internet konneksie te bekom om sy skoolwerk op te doen. Hy was glo ongelukkig omdat hulle nie wou pa staan toe hy om krediet wou aansoek doen om luidsprekers by &#8216;n meubelwinkel te koop nie.<\/p>\n<p>Volgens mev. Oberholzer het hy die Vrydag voor haar arrestasie op die plaas aangekom en aanhoudend geskree: &#8220;I want my money!&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Oberholzer het na die erf se hek gestap om met hom te praat. Mev. Oberholzer het vertel dat die seun baie dreigend was en op &#8216;n stadium op haar man afgestorm het met iets in sy hand. Sy het toe &#8216;n waarskuwingskoot afgevuur.<\/p>\n<p>Die daaropvolgende Maandag was daar twee speurders voor haar deur wat haar ingelig het dat sy vir poging tot moord gearresteer word. Mev. Oberholzer is bykans die hele dag by die speurtak aangehou en eers later die middag aangekla. Haar familie kon met &#8216;n groot gesukkel daarin slaag om haar dieselfde nag nog op borg vrygelaat te kry.<\/p>\n<p>Mnr. Oberholzer, wat terug plaas toe is om sy vrou se vuurwapenlisensie en identiteitsboekie te gaan haal, moes agterkom dat terwyl hulle in die dorp was, by die huis ingebreek is. Die dokumente waarna hy op soek was sowel as kontant is uit die huis gesteel.<\/p>\n<p>Mev. Oberholzer het na die voorval &#8216;n klag van diefstal geopen.<\/p>\n<p>Tydens haar arrestasie is daar op haar vuurwapen beslag gel\u00ea.<\/p>\n<p>Lees vorige stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/39669\/bejaarde-boervrou-gearresteer\/\" target=\"_blank\">Bejaarde boervrou gearresteer<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/43798\/saak-van-rol-geskrap\/\" target=\"_blank\">Opvolg: Saak van rol geskrap<\/a><\/p>\n<p>&#8220;Vrydag in die hof het hy toe sommer sy hele storie verander en ges\u00ea dat hy op die grond gel\u00ea het en dat my man hom met &#8216;n mes wou steek. Toe vra hulle vir hom maar wat het dan geword van die storie van die koe\u00ebl wat verby sy kop gefluit het,&#8221; s\u00ea mev. Oberholzer.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat dit nie vir haar nodig was om te getuig nie en dat sy na die klaer se getuienis, onskuldig bevind en ontslaan is.<\/p>\n<p>Mev. Oberholzer is egter steeds haar vuurwapen kwyt. Sy kon daarin slaag om &#8216;n duplikaat van haar vuurwapenlisensie te bekom. Daar het ook niks van die diefstalsaak wat sy geopen het geword nie.<br \/>\n&#8220;Ek het nooit weer iets gehoor nie, maar ek los dit eerder. Ek is net bly hierdie ding is agter my,&#8221; s\u00ea mev. Oberholzer.<\/p>\n<p>Die Oberholzer egpaar het sedert die voorval na hul kinders in Gauteng verhuis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Voormalige boervrou van die Elandslaagte omgewing, wat van poging tot moord aangekla is nadat sy &#8216;n waarskuwingskoot geskiet het, is onskuldig bevind.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":68449,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-68448","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68448"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68448\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/68449"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}