{"id":68053,"date":"2017-06-10T08:43:23","date_gmt":"2017-06-10T06:43:23","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=68053"},"modified":"2017-06-12T12:46:09","modified_gmt":"2017-06-12T10:46:09","slug":"video-jaagtog-eindig-selle","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/06\/10\/video-jaagtog-eindig-selle\/","title":{"rendered":"Video: Jaagtog eindig in selle"},"content":{"rendered":"<p>Me. Melissa le Roux se voertuig het by haar vriend se woonstel gestaan. Di\u00e9 woonstel is een van vier wat aangrensend is by \u2019n huis in Groblersdal.<\/p>\n<p>Sy het Maandag om 13:00 \u2019n buurvrou gekontak nadat haar pa \u2019n oproep vanaf die polisie ontvang het.<\/p>\n<p>Die polisie het ges\u00ea dat Groblersdal Obaro se vulstasie \u2019n saak oopgemaak het dat \u2019n voertuig met \u2019n registrasienommer in sy naam brandstof ingegooi het en weggejaag het sonder om te betaal.<\/p>\n<p>Me. Le Roux het die buurvrou gevra om na die woonstelle te ry om te kyk of haar voertuig nog in die parkering staan, aangesien sy nie self kan gaan kyk omdat sy uitstedig was.<\/p>\n<p>Die huurder het haar gekontak en ges\u00ea dat haar voertuig nie meer in die perseel is nie en het opgemerk dat haar badkamervenster wawyd oop staan met die blinders wat opgetrek is.<\/p>\n<p>Daar was egter geen elektroniese toestelle uit die woonstel gesteel nie, net die voertuig se sleutel.<\/p>\n<p>Groblersdal se polisie, buurtwag, gemeenskapspolisieforum (GPF), Cartrack en sekruiteitsmaatskappye is dadelik in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir \u2019n gesteelde silwer Toyota Etios.<\/p>\n<p>Intussen het Obaro Groblersdal se vulstasie die beeldmateriaal, waarop die voertuig gesien kan word, aan me. Le Roux gestuur.<\/p>\n<p>Sy het dadelik bevestig dat dit haar voertuig is en die man op die beeldmateriaal herken.<\/p>\n<p>\u2019n Lid van die GPF het \u2019n foto van die man aan Obaro verskaf, waarna die petroljoggie dadelik die man in die foto herken het as dieselfde een wat in di\u00e9 beeldmateriaal verskyn en petrol ingegooi het sonder om te betaal.<\/p>\n<figure id=\"attachment_68055\" aria-describedby=\"caption-attachment-68055\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-68055 size-medium\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/06\/Divan-Visagie-520x400.jpg\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/06\/Divan-Visagie-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2017\/06\/Divan-Visagie-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-68055\" class=\"wp-caption-text\">Divan Visagie.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die voertuig se sein is enkele minute nadat Cartrack in kennis gestel is, in Burgersfort opgespoor, waar dit getoon het dat die voertuig afgeskakel is.<\/p>\n<p>\u2019n Polisiereservis is uitgestuur om die voertuig te volg en is die voertuig later tussen Burgersfort en Steelpoort opgemerk.<\/p>\n<p>Die reservis het die voertuig gevolg tot in Phalaborwa, van daar tot in Lydenburg, na Jane Furse, na Marble Hall en toe weer op die Bloempoortpad in die rigting van Dennilton.<\/p>\n<p>Die man het op die Bloempoortpad beheer oor die voertuig verloor en deur \u2019n boer se omheining gejaag.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/NCO2KSRgGuw' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Die voertuig is erg beskadig in die proses en het dit veroorsaak dat hy van die pad af moes trek.<\/p>\n<p>Hy het egter uit die voertuig gespring en vermoedelik skuiling gesoek in \u2019n nabye landery.<\/p>\n<p>Al die bogenoemde eenhede is uit na die toneel opsoek na die man.<\/p>\n<p>\u2019n Boer het minute later geskakel en ges\u00ea dat sy sekuriteitswag \u2019n verdagte man naby die pakkamer op sy plaas opgespoor het, maar dat hy dadelik weer die hasepad gekies het.<\/p>\n<p>Teen 23:30 het almal huiswaarts gekeer na \u2019n byna twee ure soektog.<\/p>\n<p>Me. Le Roux is in die vroe\u00eb oggendure in kennis gestel dat \u2019n verdagte om 01:00 deur Groblersdal polisie in hegtenis geneem is by die T-aansluiting, by die stalletjies op pad na Groblersdal op die Bloempoortpad.<\/p>\n<p>Die arrestasie het gevolg nadat die polisie inligting ontvang het dat hy opgemerk is in die omgewing.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Divan Visagie (18) het Woensdag in Groblersdal in die hof verksyn op \u2019n klag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die saak is uitgestel na 10 Julie vir verdere ondersoek. Hy is op waarskuwing vrygelaat.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Le Roux bedank Groblersdal Buurtwag, Ferdi Kraftt en Zack Saayman vir hul vinnige optrede en moeite.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Visagie is me. Le Rous se buurman.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Man het Maandag deur \u2019n woonstel se venster geklim om \u2019n voertuig se sleutel te vat en daarna met die voertuig weg te ry.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":68054,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"video","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-68053","post","type-post","status-publish","format-video","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","post_format-post-format-video"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68053","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68053"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68053\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/68054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}