{"id":67219,"date":"2017-05-22T08:17:44","date_gmt":"2017-05-22T06:17:44","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=67219"},"modified":"2017-05-22T08:18:16","modified_gmt":"2017-05-22T06:18:16","slug":"innibos-2017-fees-die-oortreffende-trap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/05\/22\/innibos-2017-fees-die-oortreffende-trap\/","title":{"rendered":"Innibos 2017: Fees in die oortreffende trap"},"content":{"rendered":"<p>Innibos, wat weer eens as kykNet Fi\u00ebsta se gewildste fees aangewys is, is van Woensdag, 5<br \/>\nJulie, tot Saterdag, 8 Julie. Oudergewoonte word die gratis Loof Hom Innibos-konsert nog<br \/>\nSondagaand op die Standard Bank-hoofverhoog gehou as afsluiting.<\/p>\n<p>Ander vermaak op die feesterrein sluit in die Boma Kuierteater en onder meer die Bosm\u00f4l,<br \/>\nkosstalletjies, die kunspark, die Bosbioskoop en die kinderoppasdiens Apies in die Bos.<\/p>\n<p>Dit alles skop af met \u2019n Kuns-in-bewging-parade op die eerste feesdag waaraan meer as 800<br \/>\nmense deelneem.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Op die toneel<\/b><\/p>\n<p>Die debuuttoneelproduksies is die klassieke drama Nag van Legio uit die pen van P.G. du<br \/>\nPlessis en onder regie van Albert Maritz; Altaar met Christia Visser, Crystal-Donna Roberts,<br \/>\nCarla Smith, Andr\u00e9 Terblanch\u00e9, Oarabile Ditsele, Heinrich Franse en Sive Gubangxa in die<br \/>\nrolverdeling; Is die bar al oop? geskryf en geregisseer deur Nico Luwes, en die<br \/>\neenmanvertoning Rian met Rian deur radioman Rian van Heerden.<\/p>\n<p>Nog \u2019n eenmanvertoning is di\u00e9 van Neels van Jaarsveld in Op my eish! terwyl Fiela se kind<br \/>\nmet Shaleen Surtie-Richards as Fiela, Ko\u00f6perasiestories en So ry Miss Daisy (Sandra<br \/>\nPrinsloo en John Kani) ook groot aftrek sal kry.<\/p>\n<p>Sandra Prinsloo is ook op die verhoog in die woordryke solovertoning, Moedertaal, ? verhaal<br \/>\nvan deernis en liefde uit die pen van die veelbekroonde Fi\u00ebsta-wenner Nico Scheepers.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Musiekteater<\/b><\/p>\n<p>Een van die hoogtepunte is beslis Flennie die snare met onder andere Chris Chameleon,<br \/>\nAnna Davel, Daniella Deysel en Johny Klein waarin hulde gebring word aan Boerneef.<\/p>\n<p>Elvis Blue is te sien in sy produksie Kaal, Jak de Priester vier 15 jaar met klavier en kitaar,<br \/>\nJannie du Toit bring Bonjour, Monsieur Brel en Kiekies \u2013 Lucas se liedjies na die fees. Stef<br \/>\nBos is n\u00e1 vele jaar weer in die Laeveld met sy vertoning Bos innie Bos.<\/p>\n<p>In Ses snare \u2013 Tuisgemaak word hulde gebring aan Suid-Afrikaanse kunstenaars wat<br \/>\nplaaslik sowel as op die w\u00eareldverhoog sukses behaal het.<\/p>\n<p>Klassieke Kamers is vanjaar onder die leiding van radiopersoonlikheid Christelle Webb<br \/>\nJoubert en die Meridian Karino Innibos Koorfees met sy gekombineerde skoolkore is<br \/>\ntoenemend gewild onder feesgangers.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Goed, beter &#8230; Innibos se musiekkonserte<\/b><\/p>\n<p>Elke feesdag om 18:00 kry duisende Innibossers hul sit en staan voor die Standard Bankhoofverhoog<br \/>\nvir \u2019n musiekkonsert van die boonste rak. Di\u00e9 konserte is produksies in eie reg, en lankal nie sommerso nie \u2013 trouens, dit steek dalk so \u2019n bietjie na die kroon van ander grotes&#8230; Dit is behoorlik die wie\u2019s-wie op die plaaslike musiektoneel wat op die hoofverhoog te sien sal wees deur die loop van die week: van Adam tot Vanfokkingtasties!<\/p>\n<p>Vir die tweede jaar agtereenvolgend behoort Donderdagaand se Standard Bankhoofverhoog<br \/>\naan die rockers (o.a. Hemelbesem, Mathew Mole, Majozi) wanneer die wenner<br \/>\nvan die RockRumoer-kompetisie ook aangekondig sal word.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Kruip van die lag &#8230; en ander crawls<\/b><\/p>\n<p>Die Boeke-crawl na Kaapsehoop en die Kos-crawl is jare reeds trefferproduksies waarvan<br \/>\ndie kaartjies blitssnel verkoop, en vanjaar brei Innibos uit met bykomende crawls wat elk in<br \/>\n\u2019n wye verskeidenheid feesgangers se kraal behoort te val.<\/p>\n<p>\u2019n Hele storiedorp word by die ATKV-Boeke-oase gebou vir die Kinder Boeke-kr\u00f4l waar<br \/>\nkleingoed tussen sowat 2 tot 8 jaar oud kan kom boekwurm speel. Meer hardebaard is die<br \/>\nLekkerlag Komedie-crawl met Dowwe Dolla, Casper de Vries, Soli Philander en Schalk<br \/>\nBezuidenhout, terwyl ons na die buitewyke van Nelspruit gaan met die Innibos Townshipcrawl<br \/>\nen die ClemenGold-Boerderytoer.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>ATKV-Boeke-oase<\/b><\/p>\n<p>Vir die eerste keer is die gewilde boekgesprekke en die ATKV-Boekwinkel op een terrein, en<br \/>\nhoef leesgieriges nie die feesverkeer te trotseer om daar te kom nie.<\/p>\n<p>Die nuutgeboude kultuursentrum van die Nelspruit Ho\u00ebrskool is voortaan die boeketuiste, en<br \/>\ndaar is ook \u2019n gesellige koffiewinkel waar jy kan asem skep uit die gewoel.<\/p>\n<p>In die boekgesprekke val die fokus onderskeidelik op geskiedenis (Zelda Rowan en Friedel<br \/>\nHansen), digkuns (Bibi Slippers), aktuele sake (Frans Cronj\u00e8 en Theo Venter), romankuns<br \/>\n(Dolf van Niekerk) en reis (Erns Grundlingh).<\/p>\n<p>Innibossers is van die eerste lesers landwyd wat die lank verwagte boek van Hertzogpryswenner Etienne van Heerden, Die w\u00eareld van Charlie Oeng, se bekendstelling kan bywoon by Woorde Innituin.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>XXX (30) kunswerke wat jy moet sien voor jy doodgaan<\/b><\/p>\n<p>John Anthony Boerma, kunskurator van Innibos se visuele kunsteprogram, neem vanjaar<br \/>\nafskeid van di\u00e9 rol met \u2019n keuse van 30 kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy<br \/>\nin jou dag des lewens nie moet misloop om te sien nie as die hoofuitstalling.<\/p>\n<p>Die tema vir die randuitstalling is Uit die Bo(k)s en plaaslike kunstenaars van Mbombela toon<br \/>\nhul talent in hierdie eklektiese versameling werke in \u2019n wye reeks genres.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Toegangskaartjies<\/b><\/p>\n<p>Voorskoolse- en laerskoolkinders se toegang tot die feesterrein is gratis. \u2019n Weekkaartjie kos<br \/>\nR500 en pensionarisse betaal Woensdag, 5 Julie, slegs R50.<\/p>\n<p>Andersins is kaartjiepryse vir Woensdag, 5 Julie, R110 (goue sirkel is R80 bykomend); op<br \/>\nDonderdag, 6 Julie, is dit ook R110 (geen goue sirkel nie); Vrydag, 7 Julie, kos \u2019n kaartjie<br \/>\nR165 (R110 vir die goue sirkel) en op Saterdag, 8 Julie, is dit R195 (R240 ekstra vir \u2019n<br \/>\nsitplek in die goue sirkel).<\/p>\n<p>Toegang tot die ATKV-Boeke-oase by die Nelspruit Ho\u00ebrskool Kultuursentrum is gratis. RSG<br \/>\nsal ook elke feesdag \u2019n gedeelte van die nuusprogramme Monitor en Spektrum van daar<br \/>\nuitsaai, sowel as RSG-kuns en Skrywers en Boeke.<\/p>\n<p>Die volledige feesprogram is op<a href=\"http:\/\/www.innibos.co.za\"> www.innibos.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees in Nelspruit (Mbombela) neem vanjaar \u2019n stappie verder met meer as 300 kunstenaars wat op die feesterrein sal optree, vyf kuierverho\u00eb buiten die Standard Bank-hoofverhoog, verskeie debuuttoneelproduksies, en \u2019n uitgebreide crawl-program, uniek aan di\u00e9 fees.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":67220,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-67219","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/67219","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=67219"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/67219\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/67220"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=67219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=67219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=67219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}