{"id":66682,"date":"2017-05-10T11:49:30","date_gmt":"2017-05-10T09:49:30","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=66682"},"modified":"2017-05-11T09:41:57","modified_gmt":"2017-05-11T07:41:57","slug":"reisende-muskiete-eis-waarskynlik-omroeper-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2017\/05\/10\/reisende-muskiete-eis-waarskynlik-omroeper-2\/","title":{"rendered":"Reisende muskiete eis waarskynlik omroeper"},"content":{"rendered":"<p>Die bekende omroeper van Radio Kragbron, Jo Smith, het aan malaria gesterf, terwyl hy nie in \u2019n malariagebied was nie.<\/p>\n<p>Twee inwoners van Pretoria is vroe\u00ebr die jaar dood aan malaria, alhoewel hulle nie in \u2019n malariagebied was nie.<\/p>\n<p>\u2019n Jong inwoner van Middelburg, Jo Hoogenboezem (20), word more op die dorp gedenk, nadat hy in die Life Midmed Hospitaal weens malaria gesterf het.<\/p>\n<p>Hy was wel op Tolwe waar hy waarskynlik malaria opgedoen het, maar sy ma, Eldi, s\u00ea dit is nie \u2019n rooi malariagebied nie.<\/p>\n<p>Nog \u2019n inwoner van die omgewing, Lizette Joubert, is na vyftien dae Saterdag uit die Pretoria Oos Hospitaal ontslaan, nadat sy malaria opgedoen het. Sy is \u2019n bekende fisioterapeut wat al die Blou Bulle ouderdomspanne, die Pumas en HTS Middelburg eerstespan bygestaan het.<\/p>\n<p>Sewe mense is die afgelope tyd in die Life Midmed Hospitaal vir malaria behandel.<\/p>\n<p>\u2019n Geneesheer van Middelburg, dr Christian Burger, het mense wat \u2019n malariagebied besoek, intussen gewaarsku om wel voorkomende medikasie te gebruik.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<figure id=\"attachment_66685\" aria-describedby=\"caption-attachment-66685\" style=\"width: 439px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66685\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2017\/05\/jo2_82115_tn-439x400.png\" alt=\"\" width=\"439\" height=\"400\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66685\" class=\"wp-caption-text\">Jo Hoogenboezem<\/figcaption><\/figure>\n<p><b>Wat is die simptome van malaria?<\/b><\/p>\n<p>Die eerste simptome van malaria verskil nie veel van \u2019n ligte verkoue nie. As jy nie dadelik (verkieslik binne 24 uur) behandel word nie, ontwikkel dit gou in \u2019n baie ernstige toestand wat jou lewe kan eis.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het van die hoogste malariasterftesyfers ter w\u00eareld.<\/p>\n<p>Die byt van \u2019n malariadraende muskiet is net soos enige ander muskiet. Jy sal nie meer jeuk nie. Al leidrade is jou simptome, wat na \u2019n week of twee na die byt kop uitsteek.<\/p>\n<p>As jy na 7-15 dae nadat jy die eerste keer in \u2019n malariagebied ingekom het die volgende simptome het, gaan dadelik dokter toe:<\/p>\n<p>\u2022 koors<\/p>\n<p>\u2022 kouekoors<\/p>\n<p>\u2022 hoofpyn<\/p>\n<p>\u2022 naarheid<\/p>\n<p>Verkouesimptome wat drie weke na jou laaste dag in \u2019n malariagebied begin, is waarskynlik te wyte aan doodgewone verkouekieme.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Kan jy malaria kry as jy jou medikasie gedrink het?<\/b><\/p>\n<p>Ja. Daar is weerstandige malaria, maar jou kanse is baie kleiner as jy op medikasie is. Die beste is om geen kanse te waag nie en dadelik dokter toe te gaan as jy verkouerig is na sewe tot vyftien dae in \u2019n malariagebied.<\/p>\n<p>\u2022Hoogenboezem se lewe gaan gevier word more (Donderdag) tydens \u2019n spesiale diens om 11:00 by Shielding Heights Ministries. Hy was besig met studies as pastoor in di\u00e9 gemeente tydens sy afsterwe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p> Die sogenaamde \u201crondreisende malaria muskiete\u201d het waarskynlik nog slagoffers ge\u00ebis. <\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":66680,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-66682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=66682"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66682\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/66680"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=66682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=66682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=66682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}